Boekbespreking; ‘n Hart vol hoop

20190404_212228.jpg

Dit is altyd vir my interessant hoe ‘n goeie skrywer kan lewe gee aan ‘n Bybelkarakter van wie ons eintlik so min weet. Tessa Afshar het goeie navorsing gedoen oor die lewe in Fillipi in Paulus se tyd, die werklike gebeurtenisse in daardie tyd uitgebou en aangevul deur geloofwaardige fiksie, sodat Lydia uitstaan as ‘n volronde karakter.

Sy was die dogter van ‘n baie goeiekleurmeester, wat die pragtigste purpermateriaal kon kleur. Omstandighede het gemaak dat sy van jong onskuldige meisie tot ‘n rype ouderdom gegroei het in lewenservaring en wysheid.  In plaas daarvan om te gronde te gaan van swaarkry, het Lydia gegroei tot sakevrou in eie reg. Hoe het sy dit reggekry?

Terwyl ek haar storie gelees het, het Salomo se skrywe oor die deugsame vrou in my kop gespring.’n Mens kan nie help om haar te bewonder dat sy te spyte van baie teenslae tog kop bo water kon hou nie.

is ‘n lekkerlees boek oor ‘n besondere vrou in die nuwe testment was benewens ‘n goeie, spannende storie, ook ‘n paar lewenslesse het. Ek het ook daarvan gehou dat elke hoofstuk toegelig word deur ‘n Bybelteks bo-aan. Ek beveel hierdie boek sterk aan vir enigiemand wat lief is vir ‘n lekker storie, gegrond op die waarheid.

‘n Hart vol hoop is geskryf deur Tessa Afshar en uitgegee deur Cum boeke.

 

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Boeke en flieks, Los opdrifsels and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Boekbespreking; ‘n Hart vol hoop

  1. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Dankie Seegogga, ek wil ook graag die boek kees. Ek weet ek salbaie daarvan hou.

    Liked by 1 person

  2. Klink vir my ook na ‘n boek wat ek wil lees, dankie Scrapy

    Like

  3. pennydroptrainingsolution's avatar pennydroptrainingsolution sê:

    Hi Anna-Marie

    Baie dankie – ek sal die boek graag lees!

    Sue

    Like