
Almal van ons ken die stories van Rooikappie en die wolf, Gouelokkies en die 3 beertjies;,Aspoestertjie, Doringrosie, Sneeuwitjie. In ‘n feeverhaal is daar die goeie en die bose. En altyd, maar altyd, wen die goeie en verloor die bose en die prins en prinses woon vir altyd en altyd gelukkig saam.
Die waarde van sprokies kan nooit oorskat word nie, sê die kenners. Nie alleen leer dit kinders dink en droom nie, dit skep ook ‘n fantasiewereld waar alles moontlik is. Dit vertel ook die lewe in ‘ n baie eenvoudige en wonderlike vorm. So kom jy gou agter wat goed is, en ook wat sleg is.
Met die jare het ek geleer dat alles in die lewe in die vorm van ‘n feeverhaal vertel kan word. Op een of ander manier is dit ‘n helende proses om die lewe in die vorm van ‘n feeverhaal te sien – werklikheid of verdigsel, goed of sleg. d=Dit help dus om die lewe in sy eenvoudigste en mooiste vorm te sien. En dit help jou weer om dit beter te verstaan – en die storie in jou hart te hou.
Ek het dit ook al gedoen : Die prins en die diensmeisie. As jy dalk hierdie storie lees, lees gerus ook almal se verskillende eindes. My eie einde is heel laaste. Ek het hierdie einde gekry nadat ek almal se eindes gelees het, en die storie mooi bestudeer het. So kon ek op die ou einde die regte einde kies, in die feeverhaal en ook in die werklike lewe. En dit was ook ‘n gelukkige einde met mooi herinneringe.
Dis vir my lekker om die feeverhaal in die lewe te soek. Nie almal het gelukkige eindes nie. Daar was ook die storie van Die eensame koning. ( en tog, selfs hy het ‘n gelukkige einde: besoek die mene dan nie van toe af altyd sy pragtige paleise nie en doen hulle dit nie steeds tot vandag toe nie? Ja, meestal het feeverhale gelukkige eindes. Lees gerus die storie van die gelukkige haai. en ook die storie Parrie kom huis toe.
Ietwat ander, maar ook in sotrievorm, is ‘n Dag in die lewe van ‘n seegogga
Soms moet ‘n mens net hard vir daardie gelukkige einde soek- soos ek moes doen met die prins en die diensmeisie hierbo.
Het jy ‘n feeverhaal? Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Hmmm ja-nee, ek sien weer groot stories hier tussen die bloggers uitspring. Dis nou sommer ‘n lekker onderwerp Seegogga. Moenie vergeet om jou skakel op InLinkz te gaan sit nie, hoor?
LikeLiked by 1 person
ek het sowaar vergeet, Hester. Het dit darem intussen reggestel
LikeLiked by 1 person
O en ekskuus dat ek sommer jou blog hiervoor annekseer – ons soek nog vrywilligers om op te tree as gasbloggers. Ons het nog niemand vir volgende week nie en ons soek nuwe bloed. Komaan, maak soos in die army en tree vorentoe alle bloggers wat nog nie as gasheer / gasvrou opgetree het nie. Ek gaan die chicken song sing vir die bangjanne!
LikeLiked by 2 people
nou toe. Waar is Olga,, Vlam, aj Vosse, en VirgoC ?
LikeLike
Positief, Frannie, Woestynkind, Christa
LikeLike
Heerlik sit jy my aan die dink…
LikeLike
ek ek sien uit noa jou feeverhaal!
LikeLiked by 1 person
Glad nie vir my maklik nie, hierdie uitdaging van jou!!!!!!!!!!! Ek staar nou al hoe lank na die skerm.
LikeLiked by 1 person
jy het fit to pragtig reggekry.
LikeLike
Sug Seegogga ek is nie goed met abstrakte stories nie
LikeLike
Jy moes weer. ‘n verhaal geskryf het sodat ons net einde kon skryf😮
LikeLiked by 1 person
Mmm ek sal dink…
LikeLike
Jy kan daai een doen wanneer jy gasheer is!
LikeLiked by 1 person
Ek kannie ‘n gasheer wees nie, ek eet nie boontjies nie
LikeLiked by 2 people
Abrie! Abrie!! Abrie!!! Ek is sonder woorde.
LikeLiked by 1 person
ja nee – en dan wil hy beweer hy kan nie ‘n feeverhaal uitdink nie.
LikeLiked by 1 person
Maar jy eet darem seker kool?
LikeLike
Ek eet groen boontjies maar is nie gasvry genoeg nie vir 3 bone slaai en ander variante waarin die bone voorkoms nie.
Dit is ongelukkig so dat die boom van kennis van goed en kwaad ‘n koolboom is en dus mag ek nie Kool eet nie…
LikeLike
Bone groei baie naby aan die Koolkennis boom en die kanse is goed dat die koolblare op die bone kan val en daarom eet ek dit vir veiligheid nie
LikeLike
liewe land, Abrie, ‘n man wat sulke goed kan uitdink kan mooi strories ook skryf.
LikeLike
Ai Abrie niks is abstrak nie. Die storie is eintlik net soos hy is!”Vertel bietjie die storie van die arm boer en die stukkie towerpapier- die een met die lottonommers op. En hoe dit toe gekom het dat die boer se slim kinders toe kon gaan leer. Waar het die arm boer die skat ontdek? En hoe?
LikeLike
Sien asb my antw hieronder, Abrie
LikeLike
Oulik! Jy dwing ons om buite ons gemaksone te dink.
Kameel, Kameel, kom bietjie hier. Kan dit wees dat jy NIE as gasvroublogger gaan optree nie? Ek wil dit nie glo nie.
LikeLiked by 1 person
Nee Toorts ek kuier so lekker met julle as gasvrouens…. en was glad nie van plan om myself uit te gee om gasvrou te speel nie. Wat doen ek toe netnou… bel Hester eerste keer in my lewe om net bietjie te gesels… en nou is ek volgende week se gasvrou. 😕
LikeLiked by 1 person
Ag, maar ek us vreealik trots op jou. Jy het nog altyd van ‘n uitdaging gehou. 😁
LikeLike
Ek hou van aan uitdagings deelneem… nie hulle uitdink nie. Maar nou moet ek eers hierdie feëverhaal van seegogga agter my rug kry… ons word omtrent tot die uiterste toe gestretch…. ai, ai!!
LikeLiked by 1 person
ons sien uit.
LikeLike
Ai jai….. voel asof ek weer matriek skryf 😕
LikeLiked by 1 person
ag nee. Jy skryf dan sulke mooi stories
LikeLiked by 1 person
dankie Toorts. Dis makliker as wat ‘n mens dink.
LikeLiked by 1 person
En Scrapy? Waar is sy en haar vuurpyl?
LikeLiked by 1 person
ja waaar is jy>
LikeLiked by 1 person
Ek.staar ook soos Una na die skerm….. waaaaaar moet ons al hierdie verbeeldingvlugte uitkrap? 😕
LikeLike
o Kameel, ek sien so uit na jjou sprokie /feeverhaal
LikeLiked by 1 person
Ek sal maar die naweek dink…. Of miskien kan ek net my vorige blog link? Cheatings…
Lekker naweek almal
LikeLiked by 1 person
Dis nou weer n storie van n ander kleur! My verhaal is soos n regte riller, gelukkig het dit darem n vreedsame einde. Ek is bly ek is nie n telefoonoproep naby aan Hester nie, sy sal my sommer soos kameel inspan vir n sessie! Nou sit ek lekker laatnag hier en grappies maak, plaas ek gaan slaap!
LikeLike
Ons sien uit omdaai riller in d vorm v n feeverhaal te lees. Gelukkig het jy klaar die gelukkige einde!
LikeLike
Ha ha, vandag is die dag dat ek sal moet sit en hom skryf anders verdwyn die woorde en die tyd in die niet.
LikeLiked by 1 person
nou toe. dis storietyd!
LikeLike
Het hom gepos!
LikeLiked by 1 person
Ek sal gaan lees!
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: Skryf-Safarie: ‘n Feëverhaal – I scrap 2
Terug pieng: Skryfsafari: Toortsie besoek die sneeuberge – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog
Terug pieng: Kameel – Layla se keuse – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog
Terug pieng: Die lewe is’n feeverhaal – Bondels Gedagtes
Terug pieng: Jou bed opmaak? Of nie? – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog
Terug pieng: Die feëprinsessie wat 'n gewone mensekind wou wees - Dis Ekke