Die juffrou. Deel 9

003 (Hierdie is die laaste deel van die vertelling. Om voor te begin, klik hier. ) Soos die geur van John vandag nog in haar herinneringe sluimer, so het die gedagtes aan hom altyd ook daar gebly, soet en minder soet, en die bekommernis oor sy toekoms.

Soms kan jy ‘n leeftyd weg wees van iemand, maar as julle weer ontmoet, is julle daar, bymekaar en weet die een wat die ander dink. Ongelooflik toe sy hom na 30 jaar op Skype ontdek en sy pragtige familie leer ken: John! Hulle kon nie ophou lag nie!

“Are you ok, John?” het sy gevra. Sy het uitgevind dat hy getroud is en baie gelukkig daarby, dat hulle nou in Frankryk woon, dat hy lieflike begaafde kinders het, dat hy suksesvol in sy beroep was, dit finansieel goed gaan met hom, dat hy wel soms prozac moes drink, maar dat skildklierprobleme gediagnoseer is, wat toe ook verligting gebring het.

Meer as ooit tevore, was daar weer die dun skeidslyn, die grens wat nie durf oorgesteek word nie. Maar die 30 jr het binne enkele oomblikke weggeval. John was weer John en sy was sy en hulle ken mekaar deur en deur. Haar hart het gesing. Al die gebede van al die jare was nie tevergeefs nie. Dit gaan baie goed met haar hartsvriend: John.

Hy het haar om verskoning gevra vir sy gedrag tydens sy  jeugdepressie. Dit was vir hom ‘n baie slegte tyd. “How was it for you, Willemien?” het hy besorgd gevra.

Dit het haar onkant gevang. Hoe was dit vir haar? Sy het haar ou dagboeke gaan uitgrawe en gelees- alles, vanaf die eerste dag dat sy begin skoolhou het, totdat sy getrou en kinders gekry het, en toe ophou skryf het.

Hoe was dit vir haar? Goed, sleg. Vreugde, pyn. Oneindige teerheid en omgee. Sy kon nie help om bevoorreg te voel  dat sy wel hierdie baie  besondere vriendskap /liefde kon beleef het nie. Sy het nou, meer as ooit tevore, die waarheid besef : It is better to have loved and lost than never to have loved at all.

Kan ‘n mens sy vrou kwalik neem dat sy nie verstaan het nie? Wie het ooit? En daarom het die juffrou en hy besluit om, hierdie keer doelbewus, geen kontak meer te he nie.

Toe sy kort daarna Europa toe gaan, ‘n hanetree van hom af, het dit haar hart gebreek, maar sy het hom nie gaan besoek nie.

En so, wil dit voorkom, gaan die storie eindig: die storie van die mees betekenisvolle verhouding van haar lewe, die storie van ‘n groot liefde wat eintlik toe nooit gebeur het nie- of het dit? Die storie van  John.

In sy laaste kort e-mail aan haar, na hulle besluit, was daar weereens die verskoning vir sy depressiegedrag jare terug en ook die woorde wat hy behoefte aan gehad het en gevoel het  hy moes sê:  “I want you to know that I did love you and still do. John.”

Waarskynlik slot, wie weet?

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels, Vertelling: Die Juffrou en John and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

18 Responses to Die juffrou. Deel 9

  1. Terug pieng: Die juffrou.Deel 8 | Seegogga se Bloggie

  2. Slakkelak sê:

    Ai Seegogga. Ai. Bring die uiteindelike liefdeswoorde n bietjie berusting?

  3. seegogga sê:

    Die juffrou het die mail gelees en nie geantwoord nie. Maar sy het ‘n sterretjie daarby gesit wat dit as baie belangrik gemerk het. ja, en sy het dit ‘n hele paar keer oorgelees! Sy het dit al die jare geweet, maar dit was tog vir haar goed om te sien dat sy haar nie verbeel het nie, dat John grootgeword het en met sy gevoelens vrede gemaak het. Die twyfel in haar hart is weg, nie oor sy woorde nie, maar omdat sy nou weet dat dit met hom goed gaan, dat hy gesond geword het. En dit gee haar oneindig berusting.

  4. Kameel sê:

    Dit is ‘n mooi liefdesverhaal. Ek is so bly dit gaan goed met John!!!! Het ek nou ‘n boek gelees, en op die einde het die twee nie bymekaar uitgekom nie, was ek nou skoon die hoenders in.

  5. Flenters sê:

    Eersteliefdes het ‘n onvoorspelbare houtyd.

  6. Terug pieng: My uitsig by die wasgoeddraad | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  7. pragtig….. iets teer het geen modder gelos nie!!!!!

    ek het so tydjie terug op litnet geblog oor presies dit……… liefde op liefde

    wie kan klippe gooi? ek het al soveel keer oor en oor gewonder oor die liedjie van “two places at the same time”….. ken nie die ware titel van liedjie nie, maar daardie woorde glo ek eggo in soveel mense se lewens, dit is net wat jy daarmee doen wat saakmaak, en smaak my die juffrou het reg gehandel (miskien is dit juis die diepte van daardie ware liefde)

    • seegogga sê:

      Ware liefde: As jy weet dat niks dit ooit sal verander nie? As jy ander se geluk bo jou eie stel? As dit vir jou genoeg is om te weet dat die vir wie jy lief is, gelukkig is? Selfloos? Ek sal graag jou blog by litnet wil gaan lees. Hoekom sit jy dit nie oor hier by WordPress nie?

  8. Het nou toevallig hierdie verhaal begin lees en kon net nie ophou nie. Nou is ek sommer skoon hartseer – en tog, op ‘n manier, gelukkig…

  9. Sjoe, Seegogga wat ń aangrypende verhaal.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s