
Agter hierdie bome is daar ‘n rolbalbaan! Die swaaitou van my kinders hang nog daar aan ‘n tak en die tuintafel het ons nou die dag daar gesit vir ‘n lekker buite-ete- en nog nie weer onder die afdak gebere waar hy hoort nie
Ek kan dit byna nie glo nie: dat ek op Sondagaand, bluestyd, oor my wasgoedlyne gaan skryf nie! Maar Toortsie het gevra, so hier is dit dan: my wasgoedlyne.
Ek voel mos soos ‘n wassery. Met 4 selfsorgeenhede sowel as my eie huis se wasgoed, is daar massas lakens kussingslope en handdoeke. Hierdie naweek was daar 12 mense, wat eintlik min is, want daar is beddens vir 23. So
werk maar uit. Tuimeldroog gaan ure vat. Dis vir my makliker om die goed op te
hang en daarvan te vergeet tot dit droog is.
Die groot verandering in my lewe het gekom toe ek op ‘n dag sover gekom het om onderdaklyne onder ons afdak te span. Dit het my lewe verander! Geen sukkel om wasgoed droog te kry nie, geen dou, reën , voëlmis of ander onheilighede nie, maar wel lekker vars lug, beskerming van die skerp son en ons Kaapse windjie wat alles lekker droog waai. Dis ook vir my lekker om saans te was en op te hang. Dikwels is dit sommer vroeg die volgende oggend al droog.
Van my wasgoedlyn af kyk ek uit op die rolbalbaan,
of liewer, die vyeboom, palm, en al die ander plante.
Vroeër jare was die vye-en jakarandaboom kleiner en die muurtjie en draad van die

ons leertjie na die hekkie van die rolbalbaan toe. Die bure het ook so ‘n hekkie. Di kom saam met die huis: die tannie wat destyds die grond vir die rolbalbaan bewillig het, het en wie se huise dit eers was, het dit so bepaal.
rolbalbaan was woes, leeg en oop. Toe ons hier intrek, was almal by die rolbalbaan baie nuuskierig oor die nuwe intrekkers. Party omies het selfs met elmboë op die draadheining se pyp geleun om nou lekker gemaklik te staan en kyk wat in ons erf aangaan.
“Jy kan nie met daardie klere gaan wasgoed ophang nie!” het my liewe moeder gemaan toe dit my eerste wasdag in die nuwe huis is. “Jy moet glamorous lyk as jy gaan wasgoed ophang!”
Genadiglik het die plante gegroei, die omies het (waarskynlik teleurgesteld) belangstelling verloor en ek kan wasgoed gaan ophang soos ek wil.
Maar daar is nog ‘n storie. Jare gelede , voor die
plante en die onderdak lyne, het ek dou voor dag een
oggend besef dat ek iets van die draad moet gaan afhaal. Dit het net-net begin lig word , maar met ons huis aan die een kant , ons garage aan die ander kant, die bure se garage aan die 3de kant en die verlate rolbalbaan aan die laaste kant, was dit mos heeltemal veilig om vinnig kaalvoet met my see-through nagrokkie (en sonder ondergoedjies, as julle nou weet wat ek bedoel – ek was mos nog jonk) uit te glip.
Ek steek my hand vol vertroue uit na die wasgoedpennetjie, maar: “More!” skok ‘n
growwe mansstem my tot stilstand. Dis twee omies wat juis daardie oggend besluit het om ‘n mol op die rolbalbaan te kom jag! Nouja, miskien het ek hulle dag gemaak…..
Maar ek het nog wasgoedlyne, al gebruik ek hulle min. Kyk tog net die uitsig van Rus ‘n Bietjie, ons ou huisie op Agulhas se wasgoedlyne af! Die wasgoedlyntjies is
maar kokaai, maar wie gee om?
kindvanafrika kan gerus vir ons ook haar uitsig wys.
Dit is darem bevoorregte wasgoedlyntjies… die mooie uitsig !! Baie geniet .
Dankie Dirkie!
Ai, daai omies kon hulle geluk nie glo nie!!!! Het seker vir die volgende 3 weke loop en smile! 🙂
Ek glo hulle het! Maar ai, ek het nie!
Jy werk harder as ek! Maar verskoon my, ek het bietjie wasgoed. Ek gaan eersdaag by jou bespreek. Vat jy one-nighters as ek ‘n dag of twee voor die tyd vra?
Ek vat one-nighters! Maar hulle betaal bietjie duurder. Behalwe as hulle nou blog….
Dit was nou lekker om jou plekkie ook te sien. ‘n Rolbalbaan het vir my groot betekenis. My en Ken se gekskeerdery op ‘n rolbalbaan het van vriendskap na ander dinge gelei….. Ek sou definitief by die rolbalklub aangesluit het was hy teen my agterplaas 🙂
mmm, nie eens EEN van die bure van die rolbalbaan (5 huise) speel rolbal nie! Die rolbalmense het ons almal , veral vroeer jare, baie die josie ingemaak, oor verskillende goeters – te lank te noem. Maar ek kan dink dat dit lekker kan wees om te speel.
Glamorous lyk as jy gaan wasgoed ophang? :))) Ek wens ek het die foto van myself gehou in pyjamas, kamerjas, pantoffels by die wasgoedlyn in Kommetjie (Kaapstad). Al wat ontbreek het, is die krullers en die sigaret!!
ai, dan sou jy nou lekker gelag het!