So in hierdie koue tyd koms daar tog soms onverwags ‘n verrassing.
In die slegte week waarin my 14 jarige dierbare ou hond vir die eerste keer in sy lewe deur ‘n nare mismaaksel van ‘n psigopatiese hond byna doodgebyt is, ek my bakkie opgefrommel het teen ‘n ander voertuig, en my huurders kennis gegee het, so in hierdie nare tyd, kom daar toe twee plesietjies.
Die eerste is: ‘My kort vir jou sop‘ ‘n bundel kort-kort ( en ook minder kort-) verhale wat deur ‘n verskeidenheid skrywers geskryf is vir liefdadigheid. Daar is van Suid Afrika se beroemdste en gewildste skrywers se werk in, maar ook my eie beskeie poging. Ek het hierdie week my eie kopie in die pos ontvang en lees sedertdien baie lekker -en voel tog te trots om my eie storietjie daar tussen die blaaie raak te loop. Dankie Trisa Hugo vir ‘n wonderlike oorspronklike manier om die sopkombuis van Kleinmond te ondersteun, asook die Keinmond leesgroep. Ja, alle winste en tantieme van hierdie boek gaan netso vir Kleinmond se sopkombuis en leesgroep .
My kort vir jou sop het ‘n groot verskeidenheid verhale ( ‘n volle 102 verhale van 73 skrywers!) , is baie bekostigbaar, en dien ‘n goeie doel. Die e-boek weergawe is beskikbaar in Kindle,( klik net hier ) en ePub formaat, ( Klik net hier ) en die gedrukte weergawe kan bestel word by Boekemakranka, Tweede Straat 11, Kleinmond, 7195. Of klik sommer hier en skryf jou bestelling. Julle kan hom maar koop -lekker om snoesig indie bed te lê en lees op hierdie koue wintersaande. Lees gerus ‘n leser se goeie resensie daar op Amazon as julle my nie glo nie. En as julle sukkel, kontak my en ek help julle die boek kry!
Die tweede plesiertjie is my gelukkige haai storie. Ek kry toe mos so ‘n jaar gelede ‘n e-pos van Adinda Vemaak, iemand van wie ek nog nooit gehoor het nie. Maar Adinda is toe altyd ‘n formidabele vrou in die onderrig van Afrikaans. Sy is ook die samesteller van ‘n leesboek vir Graad 7’s : Maskew Miller se Platinum Afrikaans reeks, en sy vra of sy my gelukkige haai-storie in die leesboek kan gebruik. Sy het dit hier op my bloggie opgespoor! Nouja, dis nou byna ‘n jaar gelede, maar vandag het ek ‘n e-pos van Maskew Miller af gekry. Die boek gaan nou gedruk word, ( met my storie in! ) en ek kry sowaar nog ‘n skrywerskopie ook. Lekker.
Somtyds so in die middel van die koue en die teespoede, kry ‘n mens nuus wat jou ‘n bietjie opkikker!
baie geluk met die twee verhale in twee boeke! en hopelik binnekort nog een, ek bedoel plesiertjie – laas donderdag gepos 😉
Ag, Karen, ek sien baie uit na so ‘n plesiertjie! Baie dankie by voorbaat.
Geluk met jou ander storie!
Dankie Maankindjie. Ek hoop ek het al die verwysings en links reg weergegee en dat daar nog bestellings sal instroom.
Geluk seegogga….. vertrou dit was net die beginstappies van groot dinge!!!
Hoop die dinge verloop nou rustiger daar by jou.
Hallo Kameel, dankie ! EK sal maar sien wat volgend gebeur! Die lewe is ‘n avontuur.
Veels geluk man. Geniet dit.
Dankie Olga, ek doen!
Terug pieng: boekwurm | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
Terug pieng: Coroli | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie