Hoe, hoe, hoe???????

Dis nou al geruime tyd dat ek voel dat my bloggie bietjie uitrafel.

Die doel het bietjie vervaag, die moed en die lus en veral ook die tyd. Ek sit nie meer aand na aand alleen tot 2 vm in die huis nie, ek kry nie meer kos van die restourant af nie, en ek het nie meer ‘n Magdalene wat aan die kant maak en skottelgoed was nie.

Tog het ek darem nog idees. En die idee wat ek nou het, is om ‘n bloggie te hê wat my vakansieakkommodasieplekkeen my boekies adverteer, maar wat ook die besienswaardighede  hier bespreek. Miskien een waar ander ook hulle stuiwer in die armbeurs kan gooi en ook goed skryf wat hulle hier interessant vind. Of selfs waar ander hulle akkommodasieplekke en restourante kan laat noem.

Maar ai, die tegnologie, darem! Hoe doen ek dit? Toe ek ‘n nuwe blog wou begin, soos WordPress my elke nou en dan uitnooi om te doen, vra hulle sulke goed soos username, name of blog en allerhande goeters. En as ek nou dink ek tik die regte ding, dan sê hulle ek is verkeerd! En as ek my e-mail intik, sê hulle hy word reeds gebruik. Natuurlik word hy reeds gebruik! Ek gebruik hom mos en ek is mos nog steeds ek( hoop ek).

Toe dag ek , ek kan soos Maankind haar boeke se prentjies so mooi langsaan sit, my boekies en my vakansiehuisies ook so langsaan sit. Moenie glo nie. Ek weet nie eers waar om te begin nie.

Sooo, TOOOORTSIE! XEEEEEEEENA! MAAAAAANKIIIIND! BLOOOOOGGERS! HEEEELP!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

12 Responses to Hoe, hoe, hoe???????

  1. cathome36 sê:

    gogga catti is saterdag van 11 tot 4 by Mozart’s in bd ek kan kyk of ek jou kan help m d blog… ek nie ekspert maar sal probeer.

  2. Krappie, eers sorg jy dat jy ingelog is. Heel links bo is daar ‘n WordPress Icon. Kliek daarop. Jy gaan ‘n menulys kry. Kies My Blogs. Dit gaan jou na ‘n bladsy vat waar al jou blogs gelys is. Onder jou laaste (of enigste) blog, is daar ‘n “Create a new blog”. Kies dit en volg die instruksies. Skree maar as jy nog hulp kort.

    • seegogga sê:

      Xwna, ek WAS daar. Dan se hulle gee jou blogadres. Ek kan tik wat hulle wil dan se hulle net lowercase, al was ek net lower case, en of ek een woord tik of baie, dit bly verkeerd! Hoe maak ek ‘n blogadres? hoe weet ek wat die blogadres moet wees? duidelik is dit niedieselfde as die eposadres nie

  3. Kameel sê:

    Ek kannie help nie, maar dankie tog daar is nog ‘n rigtingbeduiwelde siel in kuberwêreld…. nou voel ek nie so alleen nie ‘)

  4. seegogga sê:

    Kameel, dankie tog ek is ook nie meer so alleen nie!

  5. karen sê:

    Seegogga, het jy reggekom? Ek het Xena se aanwysings gevolg en sommer tjop-tjop ‘n nuwe blog gemaak. Kan ek jou stap vir stap daardeur help? En ja, die blogadres is nie dieselfde as ‘n e-pos adres nie. Dis wat mense intik as hulle jou blog wil lees, of as iemand bv. seegogga in google intik, dan sal jou blog se adres (die blogadres) verskyn.

    • seegogga sê:

      Dankie Karen, na baie gesukkel en probeer en tref, het ek toe uiteindelik reggekom – so reg dat ek nou perongeluk 2 nuwe blogs het met dieselfde naam maar veskillende “looks”. Nou probeer ek weer een uitgevee kry…..

  6. Toortsie sê:

    Dit werk soos Xena verduidelik het. ‘n Ander opsie is natuurlik ‘n facebookblad. En daarmee is die Cat wat Saterdag by Mozarts is en nie by my nie, die regte een om te help. Sy het al ‘n verskeidenheid sulke blaaie.

  7. seegogga sê:

    Dankie Kattie, ek is rustig! As jy weer gesond is wil ek graag kom kyk waar jy bly en dan sit ons die suidpunt op die web! Nou is dit bed en soutwater vir jou. Word gou gesond!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s