Die juffrou: Deel een

Elke ding wat gebeur, stuur jou  lewe in ‘n koers, ‘n rigting wat die res van jou lewe beïnvloed en verander, soms so gering dat jy dit nie agterkom nie, soms soveel dat dit jou jou lewe lank bybly.

Hierdie jaar, 40 jaar gelede, was die jaar waarin sy vir die eerste keer  begin werk het, haar kindwees sou begin afskud en die volwasse lewe as werkende jongmens sou betree.

As pas gegradueerde het sy ingeskryf vir haar HOD diploma, en moes dus 2 weke lank gaan ‘proef’ voor die universiteit begin. Díe het sy sommer op haar tuisdorp by haar ou skool gedoen, en omdat ou Aardmannetjie, die Aardrykskunde- en Voorligtingonnie siek geword het, moes sy waarneem.

Toe die skoolhoof haar vra hoe dit gaan, sê sy impulsief: “Meneer, dis heerlik hier! Is daar nie vir my ‘n werk nie?” Sommerso, sonder om te dink en sonder om enige positiewe antwoord terug te verwag.

Sy antwoord klap haar heeltemal om. “Ja, ons benodig ‘n onderwyser om vir die immigrante te leer Afrikaans praat. Sien jy kans?”

Net daar verander haar lewe, onherroeplik en dramaties. Sy het daardie middag huis toe gegaan en vir haar ouers vertel dat sy nie teruggaan universiteit toe nie. Haar onderwysdiploma sou sy na-uurs op Potch gaan doen. Daar is 2 onderwysers wat dit ook doen, en  hulle kon saamry.

Die volgende oggend het sy begin werk as onderwyser en haar leerlinge stelselmatig ontmoet.  Daar was oa. 5 kinders van Skotland af, 7 van Engeland, 2 van Amerika en 1 dogtertjie van België. Een van hulle is vooraf deur mev Brits, haar wonderlike mentor, beskryf as ” the answer to a teacher’s dream”.

So het sy die korterige half-Britse, half-Turkse st 8 seuntjie met sy borselkop en skokkende turkoois oë ontmoet, sonder om te weet dat haar lewe vir ‘n tweede keer in twee dae se tyd onherroeplik en dramaties verander het – ‘n verandering wat haar haar lewe sou bybly: John .

Klik hier vir vervolg.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, skoolstories, Vertelling: Die Juffrou en John and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Die juffrou: Deel een

  1. Kameel sê:

    Die prentjie is pragtig…. teken jy dit self? Ek wag ook om John te ontmoet!! 😉

  2. seegogga sê:

    Dankie Kameel. Ek hou daarvan om sulke 5 minute prentjies te teken. Hierdie een is eintlik lank gelede gemaak by my blog: Wat?Rule the world? Ek was bietjie lui, sien.

  3. Toortsie sê:

    Keuses keuses keuses….. 🙂

  4. Kameel sê:

    Ek wag om verder to hoor van John 😦 Wil graag hoor hoe die storie ontvou 😉

  5. Terug pieng: Tweede briefie aan ‘n bloggie | Seegogga se Bloggie

  6. Terug pieng: Die juffrou: Deel 9 | Seegogga se Bloggie

  7. Terug pieng: Languages of the heart | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s