Ek lees nou so van Malomi safari lodge se probleme met geitjies in die huise. Ek het ook daardie probleem hier by die see.
My dogter vertel my toe van haar vriendin se ma, wat vakansie-akkommodasie in Natal het en die dame het ook las van geitjies.
Op ‘n dag kry sy Duitse toeriste. Toe sy vir die gaste hulle huis gee, vertel sy vir hulle dat hier soms sulke klein “geitjies” in die huis kom, maar dat hulle nie moet skrik nie, hulle is skadeloos, en dat ‘n mens hulle maar net moet los. Hulle sal self weer uitgaan.
‘n Bietjie later daardie middag kry sy ‘n oproep. ” Ze geitje, ze geitje, he’s in ze house!” sê ‘n benoude stem.
” Don’t worry, he is harmless, just leave him alone, he will go away soon,” kalmeer sy die Duitser.
Net ‘n rukkie later kry sy weer ‘n oproep, hierdie keer nog meer benoud: ” Ze geitje, ze geitje, he’s climbing up ze curtain!”
“You really don’t have to worry” sê die tannie so gerusstellend as moontlik. ” If he really bothers you, you can take a broom, and gently brush him down and out of the door, without hurting him”.
Oomblikke later kry sy weer ‘n baie benoude oproep: ” Ze geitje, ze geitje, he took ze broom!”
Die dame besluit dat sy maar moet gaan kyk wat aangaan en die Duitsers gerusstel.
Toe sy daar kom sou sy sien, dit is al die tyd ‘n yslike likkewaan!
so in die helfte het ekgedink hierie is ‘n likkedis … lol
ai jou slim kjind!
Nou het ek so lekker gelag 😆 Weet nie wat is die verskil tussen ‘n geitjie en ‘n akkedis nie; maar hier in ons pandokkie bly ‘n “akkedis,” (volgens my man.) Hy stap manhaftig hier rond en vang die goggas vir my. Ons het hom nou die pragtige naam Octavius gegee… en as dit so stil raak soos nou, is ek baie bly Octavius se asempie is ook hier.
sjoe, dis omtrent ‘n mooi naam! gelukkige octavius! Akkedis is mos lank en plat, en ‘n geitjie is soos daardie goedjies in die woestyn. ‘n (“gecko” ( od dis wat ek dink…)
Ek hoop nie die tannie moes hulle klere was nie. 😉 Ek het ‘n bobbejaanspinnekop. Ek waarsku ou Bettie altyd om my stiefkind uit te los.
genade! Waar woon hy?
Hy het nie sy adres gegee nie. 😆 Maar kom dikwels uit en sit teen die muur in die kombuis. Hulle word heel mak hoor.
tot hy een aand besluit om saam met jou bed toe te gaan! My vriendin se seun is nou in hosp. Hy is 4 keer op sy arm gebyt deur ‘n sak- of vioolspinnekop.
Viool spinnekop is regtig ‘n vuilgoed. Waar hulle gebyt het, val daar gat in. Homer was sowat twee jaar gelede deur ene gebyt. Gelukkig het hy dr toe gegaan omdat dit gebrand het. Maar bobbejaan spinnekop kan jy amper soos ‘n hond of kat leer.
Miskien moet jy vir ons ‘n foto opsit dat ons kan sien. Ek weet hy lyk amper soos ons reenspinnekoppe, maar ek dink tog die nie dieselfde ding met 2 name nie. Sal moet gaan oplees! Terloops, my ma is destyd deur ‘nbobbejaanspinnekop gebyt. Het niks oorgekom nie, was net vrek seer. Die bytmerk was in die vorm van 3 klein kolletjies of gaatjies.
oulike goedjies
mmm? die spinnekoppe of die geitjies? Ek het eenkeer ‘n piepklein geitjie in my woonstel se venster in Johannesburg gehad. Hy het saam met die Proteas vanaf die Kaap gekom en het in my telepeltjie gepas. Elke dag het ek vir hom luisies van die proteas afgeskep, en dan ‘n telepeltjie water gegee, waarvan hy lekker gedrink het. Maar toe raak die luisies op. Ek het hom in die tuintjie van die woonstelblok gaan sit , maar selfs die langbeenspinnekoppies was groter as hy. Ek wonder altyd of hy oorleef het. En waar sou hy ‘n maatjie kry?
Testing Testing
Whoop, Whoop!!! Lyk my ek is terug.
😉 Gelukkig het hulle nie ‘n krokodil as ‘n geitjie aangesien nie. 😆
ja, ne! altyd iets om voor dankbaar te wees!
By my see-huis is ook baie likkewane…
ag ek bedoel geitjies! Maar die Bybel sê hulle kom in konings se huise voor… so, as ek glo wat daar staan…..
IS EK MOS ‘N KONING!! 🙂
of dalk ‘n koningin Koningin Toortsie!