paasnaweek en stilte

Dis Sondagaand. Dit reën, Die kinders is al weg, die vriende is ook, my man slaap en ek sit hier in die stil skemer voor die rekenaar en luister na die ongelooflike klank van die reën wat soms sag, soms harder die aarde deurdrenk. Soos strome van seën. Net op die regte tyd, want is dit nie saaityd na die paasnaweek nie?

Daar is iets aan hierdie reën. Dis asof dit die wêreld skoonwas, die somer finaal wegwas, en ook my gedagtes skoonwas, soos Jesus se bloed ons skoongewas het. Juis vandag het ons ds Stan so mooi gepreek oor die wonderlike dag waarop ons vrygekoop is.

En terwyl ek nog so sit en luister na die skoon water wat so afstroom, hoor ek meteens Santa Hofmeyer op viool op die radio in die kombuis. Ave Maria. Die musiek is asof dit deel is van die reën. Dit stroom die vertrek binne en vloei om my heen, hier waar ek sit, en ek wens julle kon dit ook so hoor. Hier is dit dan, nie deur Santa Hofmeyer nie,want ek kon haar nie kry nie,  maar deur Joshua Bell.

Ek hoop dit sal vir julle ook rustig en hemels klink soos vir my. Geniet die res van die Paassondag, en die Paasnaweek, en as julle erens heen moet ry, mag God met julle wees.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

2 Responses to paasnaweek en stilte

  1. Toortsie sê:

    Ai Seegogga, dit reën so lekker. Ek wou pannekoek bak, maar die koekmeel was te min. Ek was op pad huis toe toe Zanta die Ave Maria gespeel het. Dit was PRAGTIG, saam met orrelbegeleiding.

  2. seegogga sê:

    Ek stem musiek uit die hemel uit. Maar dit was ongelukkig nie op youtube beskkbaar nie. mooi aand vir julle

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s