Die Bruid en die Beatles

Troue hou is tog so lekker! Veral as jy redelik gerus voel oor die nuwe skoonseun, nè!Omdat die troue nie hier op ons tuisdorp is nie, maar by Nuy vallei, voel my hand so ‘n bietjie afgekap. Daar is net mooi niks spesiaals wat ek kan doen nie. Die caterers , die decormense, die rok, die koek, alles is gereël en georganize.

Maar toe bel Ousus uit Holland uit. Sy onthou hoe sy en haar sussie eendag na “Love Actually” gekyk het en hoe haar sussie die “wedding scene” geniet het. Daar sing ‘n koortjie, kompleet met musiekinstrumente, “All you need is love” van die Beatles, en die toekomstige bruid is ‘n groot Beatles fan. My kind in Holland voel dat sy graag so ‘n verrassing vir haar sussie wil reël en ek moet soek na ‘n orkessie wat dit kan doen.

Die soektog begin. Eers vra ek Canticum Novum, haar ou universiteitskoor, maar vind uit dat die studente dan vakansie het(blogtyd of so-iets). Toe kleiner individuele kore en orkeste- al Stellenbosch se studente is buite aksie, die ander het almal reeds ander afsprake, sommige groepe op die internet antwoord nie eers my boodskappe nie en oral kom ek voor toe deure.

Dit raak tyd om 3 weke lank Holland toe te gaan, en nog niks is gereël nie! In Holland is dit babas en babadoeke, maar tussendeur soek ons steeds sangers en orkeste, sonder enige sukses.

Dis net mooi 2 weke voor die troue en ons is op die punt om op te gee, toe ek die wilde idee kry: Ons moet karton instrumente maak, die DJ vra om die regte Beatle liedjie te speel, en dan moet haar maats op die regte plekke opstaan en SPEEL!

Ons kou aan die idee, vra ‘n paar Suid Afrikaners in Holland wat hulle dink, gesels met die derde sussie, en almal is positief. Die bruid self mag net heeltemal van niks weet nie.

Terug in SA saam met ousus, word daar geknip en geverf vir ‘n vale. Moet dit swart wees, silwer of dalk pienk? Ousus stel die orkes bymekaar, die woorde en musiek word gestuur en almal moet weet waar hulle moet opstaan en speel. Die talentvolle Stephen van Eeden, ons pragtige trourok modeontwerper en vriend, stem in om John Lennon te wees – met my niggie se pruik en brilletjies.  Hy moet sommer sing met die speelgoedmikrofoon wat die bruid as 5jarige gekry het en jare lank mee “perform” het. Die DJ moet ingelig word, en so ook die dominee, op die laaste oomblik.Vlaggies word gemaak vir elke persoon op die troue sodat hulle deel kan wees en saamswaai op die einde, want sy het ‘n vlaggie tema. Aan elke vlaggie word ‘n briefie gesit dat dit tog nie voor die tyd opgelig mag word nie, die bruid en bruidegom mag nie voor die tyd weet nie!

Die bruid vra haar sussies om asseblief vlaggies te maak vir haar troukoek – “want julle doen mos niks vir my troue nie”. Ons giggel agteraf soos tieners wat ‘n midnightparty beplan.

Wat kan ek sê? Net na die troue vra die ds dat die paartjie moet omdraai sodat die gaste hulle mooi kan sien. Die musiek begin speel. My kind is geskok want sy het beplan om op die einste liedjie die saal in te stap na die fotosessie. Toe sien sy John Lennon ingestap kom: Die viole staan op, die saxofone, die trompette…..  en die gaste het almal saam gelag en vlaggies geswaai. Dit was ‘n wonderlike verrassing vir almal. Dit was ‘n heerlike en gelukkige troue. My kind het pragtig en gelukkig gelyk. Die kos was lekker. Die dominee het so ‘n mooi boodskap vir hulle gegee, alles het reg gewerk, selfs ons orkes ook.

Dankie Heer vir hierdie mooi dag. Mag u seën op hulle rus.

Dankie aan almal wat so lekker saamgewerk het.

Dankie Yvonne vir my trouklere en hulp en dankie vir my twee dogters, die strooimeisies, vir al julle harde werk.

Dankie Stephen vir die pragtige trourok. Die van julle wat ‘n spesiale geleentheid beplan, kan gerus vir die talentvolle jong modeontwerper kontak. Sy eposadres is: stephen_van_eeden@live.co.za

Dankie Wil Punt vir die mooi foto’s wat jy geneem het. Kyk maar hier as julle ook wil sien:

http://peartree.co.za/blog/2012/05/klein-karoo-wedding-celebration/

En hiermee, weereens :back to reality….

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels, troustories. Bookmark the permalink.

10 Responses to Die Bruid en die Beatles

  1. Kameel sê:

    Baie geluk met jou kind se troue…. mag “Johovah Nissi – The Lord my banner of victory,” hoog gehou word oor hul huwelik. Die idee was puik 😉

  2. Baie geluk.

    Pragtige foto’s.

  3. Toortsie sê:

    Kreatiewe mense maak die lewe so interressant!! Geluk!!

  4. Toortsie sê:

    Ek het na die foto’s gaan kyk. Dis FANTASTIES!! die instrumente het ook UITSTEKEND uitgekom. Baie baie geluk!

  5. seegogga sê:

    Dankie Toortsie, ‘n oulap se rooi maak toe mooi, ne!

  6. Amara sê:

    Dis stunning pics! Ek LOVE daai shoes!

  7. seegogga sê:

    Ja, Amara, dis my kindjie daardie – altyd ietsie anders. Ek weet nie hoe sy die kar, die skoene en die strooimeisierokke almal gepas gekry het nie, maar sy het – en let tog op, die trourok het ook kolletjies in die net-gedeelte.

  8. Kreatiewe, oulike familie.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s