Hiedie was een van my eerste skrywes, lank gelede, en nog een van my idees. Noudat ek ‘n Aandag kategorie begin het, het ek besluit om dit te reblog. Miskien eendag, word iemand anders ryk uit my idees uit! Mmm,miskien moet ek die kategorienaam verander na: idees hoe om ‘n miljoener te word……
“Ek het al lankal gewonder, en dit ook een aand breedvoerig met my man bespreek, hoekom hulle dan nie motorkarre maak soos die rubberducks nie.
Kyk, rondom die rubberduck is daar mos so’n breë, luggevulde rubber”tube”, lekker styf gepomp, en my verstand se vir my, hy kan maar stamp. Hy gaan miskien “puncture’ of selfs bars, maar daardie stukkie boot in die middel gaan mos niks oorkom nie.
Nou hoekom op die aarde het karre nie ook so ‘n beskermende “stamp- proof”‘ rubber tube rondom nie? Sal die mense binne- in nie veiliger wees nie? Die assuransie…
View original post 167 more words
Dit gaan lyk asof ons met sulke out of space karretjies rondry 😆 Daardie verbeelding van jou!!!
Hallo Kameeltjie, ek dink jou Madeliefiestoride is wonderlik. En ek dink ons out of space karretjies gaan mooi lyk. Die volgende is natuurlik karretjies wat so laag oor die grond vlieg. ‘n mens gaan nie OM die kar as jy wil verby nie, jy gaan somme bo-oor, dan is daar nie meer kop-aan-kop-botsings nie.
As jy net weet hoeveel keer ek al vir my man gesê het, “kon ons maar net ‘n kar hê wat so bo-oor die ander karre kan vlieg!” Maar tipies man sien hy net hoe vlieg al die karre, en pleks van padongelukke, is dit lugongelukke 😯 Moet nooit ophou droom nie seegogga!!!
Ai, Kameel, hoe lyk dit my ons het dieselfde idees? Ons kan soms sommer kortpad vat oor die huise se dakke heen…..