Aandag alle motorvervaardigers en ander uitvinders !!!!

Hiedie was een van my eerste skrywes, lank gelede, en nog een van my idees. Noudat ek ‘n Aandag kategorie begin het, het ek besluit om dit te reblog. Miskien eendag, word iemand anders ryk uit my idees uit! Mmm,miskien moet ek die kategorienaam verander na: idees hoe om ‘n miljoener te word……

“Ek het al lankal gewonder, en dit ook een aand breedvoerig met my man bespreek, hoekom hulle dan nie motorkarre maak soos die rubberducks nie.

Kyk, rondom die rubberduck is daar mos so’n breë, luggevulde rubber”tube”, lekker styf gepomp, en my verstand se vir my, hy kan maar stamp. Hy gaan miskien “puncture’ of selfs bars, maar daardie stukkie boot in die middel gaan mos niks oorkom nie.

Nou hoekom op die aarde het karre nie ook so ‘n beskermende “stamp- proof”‘ rubber tube rondom nie? Sal die mense binne- in nie veiliger wees nie? Die assuransie minder? Die hele vervanging van opgesmashde karre minder? Die geld in die sak meer? Die hele motor-ry sensasie minder stresvol? Die lewensvreugde meer?

Ek kan nie glo dat niemand behalwe ek nog daaraan gedink het nie.  Of probeer die motor- industrie net geld maak met ons arme drommels wat van vervoer afhanklik is?

Ek het eergister uit die parkeerterrein gery en die motor langs my skrams getref. Net skrams. ‘ n Rubberbumper sou op die aarde niks oorgekom het nie- nie een van die twee karre s’n nie. Maar nou’s die ding mos van blik……

En gister is ek solid in ‘n pilaar in met die kar se voorkant. Die rubberbumper sou my liggies teruggebons het. Maar nou het ek mos ‘n blikkasarm………..

En vanoggend moet ek met die einste stuk blik Kaap toe ry! Bid asb vir my!!!”

So, Motorvervaardigers, gee aandag! Julle sal motorry soveel lekkerder maak! Dit ou wat eerste dit doen, gaan die wêreld eerste laat regop sit! ( veilig in ‘n opgeblaaste motortjie!)

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener!. Bookmark the permalink.

8 Responses to Aandag alle motorvervaardigers en ander uitvinders !!!!

  1. toortsie sê:

    Ai Seegogga!! Gister was nie jou dag nie! Sterkte!! Kyk uit vir die karre in die Kaap!! 🙂

  2. toortsie sê:

    Ekself het gister ‘n paar keer amper in karre ingefoeter as ek agteruit gery het. Wonder wat was fout??? maar darem elke keer gemis!!

  3. Hehehe. Ek vermoed die manne wat die karre ontwerp, gaan dink dit lyk nie mooi met rubbers rondom nie – en voorkoms is mos alles. Maar jou ontwerpersbrein sal sekerlik iets kan uitdink waarmee die rubbers versier kan word, soos vars blomme, afdrukke van skilderye, ens.

    Mooi ry Kaap toe. En van karre skraap met pilare en goed wat voor mens inspring, kan ek jou ook baie vertel.

    • seegogga sê:

      Ek dink dit kan baie mooi lyk- moet net gewoond raak aan die idee -en AL die mans gaan dadelik vir hulle vroue sulke karre koop! Natuurlik is die kleur, patrone ens daarop baie belangrik. Ek glo ook aan bont karre-bv een met ‘n mooi tjekpatroon. blomme of strepe. ( maar my man wou my nog nooit toelaat om die ding te verf nie) As ek uit die winkel stap, wil ek sien: daaaar staan my motor. Tans is dit ‘n see van vaal grys of wit karre en moet ek na die nommerplate kyk om te sien waar myne dan nou is.

      • Ek dink ook dit sal mooi lyk. Jarre gelede, regtig lank gelede, het my seun, skoondogter en ek die idee gekry dat mens motors moet verf. Vir advertensiedoeleindes, maar ook net vir die mooigeit. Natuurlik het ons niks aan ons plan gedoen nie, en natuurlik maak die persone wat dit verder gevoer het nou sakke vol geld.:)

      • seegogga sê:

        Ek het mos ook so gedink, maar ander het altyd gedink ek is simpel. Miskien was julle julle tyd vooruit, soos ou Van Goch wat nou eers hoogmode is. In sy tyd het sy prente nie gewerk nie.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s