Aandag alle gomvervaardigers, alle produkeienaars en vervaardigers en alle winkeliers wat nog pryse op produkte plak (die taal van frustrasie?)

Weet julle nou nog nie dat daardie konfyt, grondboontjiebotter, mayonaise en whatever se botteltjie weer gebruik gaan word nie? Het julle nog nooit gehoor van ‘recycling’ nie? Het julle nog nooit in ‘n tuisbedryf iets in so ‘n herwinne botteltjie gekoop nie? Of nog beter – het julle nog nooit in julle ma se kombuis  gaan kyk wat sy met haar slaphakskeentjies, ingelegde olywe en kerrieboontjies doen nie?

Die botteltjies word weer gebruik! Vir groenvyekonfyt, vir knope, ( of spelde), vir kinders se flitskaartjies, albasters, tuisgemaakte badsout, penne en potlode, blomme, vishoeke, skroefies en spykers of whatever, ja, selfs vir lourierblare, maar julle kan verseker wees: iemand gaan dit gebruik. En as iemand dit wil gebruik, wil hulle die ETIKET AF hê!!!

Wie wil nou sy pronk appelkooskonfyt in ‘n botteltjie sit waarop Mayonaise geskryf staan? En wie wil sy tuisgemaakte chutney in ‘n botteltjie sit met grondboontjiebotter op geskryf?  Of sy kersies in ‘n fishpaste botteltjie?

Kom by, word wakker, wees gebruikersvriendelik en have a heart! Gebruik ( en vervaardig) gom etikette wat weer maklik kan aftrek! Daar bestaan sulke etikette op die mark. Gaan kyk maar hoe lekker trek  die mooi Poncho bottel se etikette af. Geen lê in warm water nie, geen spiritus, terpentyn of harde geskrop en gekrap nie. Hy trek sommer maklik en skoon af, net so droog. Die vervaardigers het geweet almal gaan hulle mooi bottels weer wil gebruik.

So julle ander – gaan drink ‘n Poncho en word wys!!! (no pun intended)

Namens alle gefrustreerde huisvroue en recyclers wat probeer om julle mooi houers (waarvoor ons duur betaal het, né) weer vir iets nuttigs te gebruik, en ook namens myself wat ‘n ganse aand hier staan en skrop en nog bittermin uitgerig het.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener!, die tale wat ons praat, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

11 Responses to Aandag alle gomvervaardigers, alle produkeienaars en vervaardigers en alle winkeliers wat nog pryse op produkte plak (die taal van frustrasie?)

  1. Ek deel jou pyn – nie dat ek juis die bottels gebruik nie. Dit irriteer net die witwaks uit my uit as dit nie skoon aftrek nie.

  2. MaanKind sê:

    Sê hulle! En soek jy gom wat jou skoensool kan plak, hou NIKS!

  3. Toortsie sê:

    my marmitebotteltjies vol speserye wat ek by die Seegogga gekry het, het PRAGTIGE NUWE ETIKETTE…. seegogga etikette!! “:lol:

  4. Terug pieng: My dag « Herriemerrie

  5. Terug pieng: Hoe lyk my dag? | Toortsie en Kameel

  6. Kameel sê:

    Kan ook nie mooi botteltjies weggooi nie. So aan jou gedink vanoggend toe ek suiker in ‘n botteltjie wat taai bly wou gooi….. aandag alle gomveervaardiges!!! 😆

  7. Kameel sê:

    Oops, gomvervaardiges 🙂

  8. Kameel sê:

    Ek vertel gister my vriendin van jou “aandag alle gomvervaardiges…..” Hier is haar raad wat sy by ‘n professor gekry het, en volgens haar werk dit soos ‘n droom. Smeer bloekomolie aan die taaierigheid, was en vola!! die bottel is skoon.

  9. seegogga sê:

    Dankie vir die raad, Kameel, ek sal dit onthou vir die toekoms. Ek voel egter steeds dat die gom- ouens hulle produk moet verander. Dit behoort nie nodig te wees vir bloekom of enige ander olie nie.

  10. Hallo daar julle, Brasso help ook baie goed vir daai taaigeit op die botteltjies.

  11. seegogga sê:

    Hallo Elmarie, welkom hier by my bloggie! Dankie vir die goeie raad. Hier is nog ‘n klomp botteltjies waarop ek dit gaan probeer.Ek voel egter steeds die gomvervaardigers en produkeienaars moet hulle kouse optrek!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s