soveel dae, soveel dinge: the spices of life

Ek weet ek moenie hier sit en rondlees nie, ek moet werk! Blogtyd is eintlik verby vir my, ek wat soveel dinge het om te doen. Maar ai, dis half twaalf. (give me a break!)

Ons restourant is verkoop( jippieee!), en bokse en bokse oortollige souse, speserye en whatnot, staan skielik my huis vol ( Ai tog , gee my krag!). Dis nou behalwe die hele boks goed wat net mooi by die voordeur besluit het om te breek en te val( donner!)

Skielik lê daar op die voortrappies ‘n hoop heel peperkorrels, ‘n halfsakkie meel,  hele houers( lees 1 liter houers!) se pietersielie, sout, vlapoeier,  oreganum, meat tenderiser, borrie, kerrie, braaivleisspeserye, bruinsuiker en watnog. Ek dog eers ek kan iets red, maar besef toe dat dit nie sal werk nie.  Ek tuinslang die goed af, maar dit is soveel dat dit ‘n hele “modderdam” by die voorhekkie maak, voor dit uiteindelik af straat toe. Maar nou nog, drie dae later, kry jy die lieflikste geur as jy die tuinpaadjie opstap en as jy mooi kyk, sien jy peperkorreltjies aan die kant van die paadjie lê.

Alles is egter nie verlore nie! Behalwe die souse wat ek nog nie gebêre het nie ( waar moet ek plek vind?), is hier in my kas: 2kg gemaalde swart peper, 2 kg broodkrummels, 5 liter rys,  en 12 ( TWAALF sê ek jou!) literhouers vol….lourierblare! Dan is hier verskillende soorte braaispeserye in literhouers te kus en te keur, souse wat skrik vir niks , 5 liter olyfolie , ten minte 5 liter slaaisous, tartaresous, mayonaise, asyn ens ens ens. Ek het nou alles wat ek nodig het om kos mee te maak  –  behalwe die kos self.

Ek moet lag, ek wat so min  speserye gebruik, in ‘n gesin wat nie groot ryseters is nie, en  wat feitlik nooit slaaisous gebruik nie. Maar ek het ‘n plan! (If life throws you lemons, make lemonade!)

Soos die verskeidenheid geure en kleure van al hierdie kruie en speserye,  so is die lewe ook – vol geure en kleure! Soms val iets, en raak weg, soms het mens oorvloed, al is dit dalk nie dit waarvan jy wou gehad het nie. Hoofsaak is: Die lewe is ‘n avontuur. Beskou hom so en jy sal nooit verveeld wees nie!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories. Bookmark the permalink.

4 Responses to soveel dae, soveel dinge: the spices of life

  1. karen sê:

    so, wat is jou plan? ‘n eksperimentele ete en jou vriende die proefkonyne?

  2. Kameel sê:

    Saai die oorvloed in ander se lewens… wie weet wat kom weer jou kant toe 😉

  3. Toortsie sê:

    wel wel wel…. ek het mos my naam opgesit toe Seegogga wou geskenkies uitdeel…. en WAS EK GELUKKIG!! ‘n Hele groot boodskapboek, wat gaan maak dat ek 700 minder papiertjies gaan hê wat rondlê, en botteltjies en botteltjies vol speserye, ewe sulke lekker swart boepens botteltjies met ‘n “seegogga”- etiket op!! I am so happy!!! 😆

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s