idioomspeletjie

Hoe lyk dit? is dit nie al lankal tyd vir ‘n speletjie nie? Ek kom mos gister agter dat baie van my bloggies idiome of uitdrukkings as opskrifte het, bv  ‘n oulap se rooi maak mooi,  Daar’s’n skroef los, Voor in die wapad brand ‘n lig,  the show must go on, hoogmoed kom tot ‘n val ens.

Toe dag ek nou so: Ek gee ‘n idioom of slagspreuk en tag iemand en hy skryf dan daaroor, tag iemand anders, gee ‘n idioom en daardie persoon skryf, tag ens.  Sommer die eerste ding wat in jou kop kom, dit hoef nie lank te wees nie-en as dit nog snaaks ook kan wees, soveel te beter, maar sommige idiome soek iets hartseer, ne!

Goed! Wat van….. ”’n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie.” Aangesien Xena die enigste een is wat gereageer het op my vorige blog, kies ek sommer vir haar.En dan vra ek sommer een of twee ander ook: mmmm , ja! Toortsie en  Maankind!. Jy het mos laas ‘n mooi feeverhaal-einde ook geskryf, as ek nou reg onthou!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories. Bookmark the permalink.

20 Responses to idioomspeletjie

  1. Terug pieng: Sewe skandes… | Toortsie en Kameel

  2. Terug pieng: Daar’s ‘n slang in die gras! | Seegogga se Bloggie

  3. Terug pieng: Deurmekaar gedagtes | Toortsie en Kameel

  4. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Ek dink jy het ‘n wonder gedoen met hierdie idioomspeletjie. Die mooiste stukke oor idiome word orals gesien. Geluk!

    Like

  5. Kameel's avatar Kameel sê:

    Het sowaar tog die speletjie geniet. Miskien kan jy solank aan ‘n ander “touch” speletjie dink. 😆

    Like

  6. Terug pieng: Wisselende “headings” | Toortsie en Kameel

  7. seegogga's avatar seegogga sê:

    Dankie Toortsie en kameel vir die saamspeel!( ha! dit rym!!!)

    Like

  8. Terug pieng: ‘n Voël verander… | Toortsie en Kameel

  9. seegogga's avatar seegogga sê:

    ek is verras. ‘n Pragtige kameel, en’n liggie wat mekaar aflos!

    Like

  10. Toortsie's avatar Toortsie sê:

    Gits! Wanneer is EK getag??? Sal bietjie dink oor die saak…. 😉
    Maar sal so maak!
    Jy moet kyk wat het met jou foto gebeur. ‘n Arabier het gehoor ons het ‘n kameel-nood hier aan die Suidpunt…. Hoop nie jy gee om nie!

    Like

  11. Terug pieng: ’n Voël verander van veer, maar nie van kleur nie « Herriemerrie

  12. seegogga's avatar seegogga sê:

    Reg so- ons sien uit!

    Like

  13. O heng!!
    As jy ‘n storie daarvan soek het ek eers tyd nodig om te dink. Sal wel saamspeel.

    Like

  14. seegogga's avatar seegogga sê:

    sal nie weet nie. Maar ek hewt al ure geneem om, kommentaar te tik op die sel, en as ek weer sien, is dit WEG. nou probeer ek nie eers nie=- wag maar toto ek hier op die laptoppie is.

    Like

  15. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Dis interessant dat ek by sekere mense kan reageer as ek op my selfoon lees maar by ander nie. Ek wonder of dit elkeen se “settings” is wat dit doen?

    Like

  16. seegogga's avatar seegogga sê:

    Toemaar, ek weet presies- ek lees deesdae ook baie op my blackberry, maar om daarop kommentaar te lewer, is ‘n nagmerrie. Ek hoop jy wil saamspeel!

    Like

  17. MaanKind's avatar MaanKind sê:

    Seegogga (en ek hoop die ander lees ook hier) ek is mos gesubscribe op jou blog, dan lees ek dit op my foon. baie dae dink ek, ek moet onthou om te kom kommentaar lewer. Jy weet mos.

    Like

Laat 'n boodskap