plek vir Paasnaweek

Jippie!!! Ek het huurders vir Erika gekry!

In my vorige blog het ek mos vertel van die kanselasie gister, nè. Wel, vanoggend vroeg kry ek ‘n telefoonoproep van ‘n vorige klient. Ja, Erika is bespreek vir die naweek. Ai, ek is regtig dankbaar. En ek is ook baie bly Toortsie-hulle kan weer eet!! Ja, sy het mos haar sleuteltjie weer opgespoor. Dit gaan goed hier in die Overberg!

Maar weet julle, Paasnaweek le om die draai, en ten spyte van baie navrae, het ek nog steeds 1 woonstel, Annie’s Flat, oop vir die paasnaweek.  Kyk asb na Annies’s flat hier deur hier te klik.

Annies is geskik vir maksimum 4 persone, maar is absoluut ideaal vir 2. Die prys vir die paasnaweek is R500per nag vir 2 persone , R550pn vir 3 persone en R600pn vir 4 persone. Let asb daarop dat Paasnaweek uit 4 nagte bestaan en dat u bespreking dus ten minste vir 4 nagte moet wees, indien enige van u nagte binne die Paasnaweek val.

Versprei tog asseblief die woord. Daar is altyd soveel mense wat plek soek vir Paasnaweek. Stuur hulle hierheen. Vir alle navrae, skakel 0845874228 of e-pos seegogga@gmail.com

En as julle dalk wonder of dit die moeite werd is, kyk en luister ‘n bietjie na die Struisbaai liedjie! Ek self kan nie wag vir my paar dagies vakansie daar nie.

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg, Seestories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to plek vir Paasnaweek

  1. Louwie sê:

    Ek gaan die een aanteken. Ons soek altyd blyplek as ons Kaap toe gaan. Soms is dit nie so maklik om lêplek daar te kry nie. Sal jou beslis vorentoe kontak.

  2. seegogga sê:

    Nouja, ook Annies is nou vol vir Paasnaweek, maar die jaar het nog ‘n klomp naweke en vakansies! Onthou my plekkies as julle lus is vir ‘n wegbrekie!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s