Aller Abshied ist schwer.

Dit val my vannaand weer op dat baie van my blogs idiome as name het. Waar kom dit vandaan? Is dit die lang lys idiomatiese uitdrukkings dat ons altyd op skool moes leer?

Nou is dit so dat as iets op my hart lê, en dan skiet die idioom sommer in my kop in, en sit daar, voor in my gedagtes, en word sommer die opskrif van my skrywe.

Vanaand is dit een van die Duitse lysie; Alle afskeid is swaar. Ai, dit is so waar-veral vir die een wat agterbly. Vir hom is daar mos net herinneringe, want hy bly agter in sy gewone omgewing. Dis nie hy wat die wye wereld invaar en nuwe werelde verken nie.

So is dit vannand met my. Die kinders is weer weg, so ook ouma en oupa se tweelingetjie, wat nou 3 weke lank hier gekuier het. In die 3 weke het eers die enetjie alleen leer sit en toe die ander enetjie. Hulle het ook geleer dat hulle kan beweeg – nou nog nie kruip nie, maar met skuif en rol kom hulle waar hulle wil wees. Kruip is sommer een van die dae. Hulle het geleer dat die water spat as mens daarop klap. Hulle het geleer om goedjies aan  te gee en weer te vat. Hulle het geleer om die mooiste geselsgeluidjies te maak en dat mense dink hulle is baie oulik as hulle lag. Hulle het geleer dat dat daar ‘n verskil is tussen ‘n mamma en ouma en vreemde mense – en dat dit baie lekker is om oupa se snor te trek.

Maar nou is hulle eers weg, na die verre Holland toe, terug winter toe, en hierdie ouma is aan die agterbly -kant van die afskeid. En Aller Abshied ist schwer.

En aan almal wat ook so voel vannaand, Sondagaand, bluestyd; liefde , sterkte, en lekker slaap. More skyn die sonnetjie weer.

n Nuwe week lê voor.  Mag dit vir julle almal ‘n mooi week wees, en onthou:”God is in bevel en alles is wel”.

Nouja, ek wou Nat King Cole hier sit, maar youtube het dit verwyder. kom ons kyk of hierdie enetjie werk en jou laat “smile.”

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in idioomstories, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

6 Responses to Aller Abshied ist schwer.

  1. Kleintjies groei so vinnig. Ek neem aan dit is weer jou beurt om oor 3 maande te gaan kuier.

  2. seegogga sê:

    Ek slaan my oe op na die berge- waar sal die geld vandaan kom?

  3. seegogga sê:

    Ek het nou ‘n nuswe smile fliekie hier opgesit, as iemand wil kyk….

  4. toortsie sê:

    Ai ou Seegogga… so is dit met mammas en oumas…. altyd aan die “losmaak”. Dis so ONREGVERDIG!

  5. Kameel sê:

    Ai, ek het ‘n Hollandse vriendin gehad. Hulle het hulle hier in Suid Afrika kom vestig. Ek het altyd gewonder hoe hou die ouma en oupa dit om die drie kleinkinders (wat nog baie klein was) net elke paar jaar te sien.

  6. seegogga sê:

    Gelukkig is daar nou Skype- dis regtig wonderlik

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s