Oor prente en feeverhale

Wat? Is dit sowaar al weer Sondagaand? Ek kan dit nie glo nie- dat die week so onder my uitgevlieg het nie.

Dis nie dat ek nie wou blog nie, nee, ek het! Of altans ek het probeer! Eenkeer het ek aan die slaap geraak voor die rekenaar en alles afgevee, en die volgende keer het ek iets verkeerd gedoen- en weereens alles afgevee.

Die probleem was dat ek nie ‘n nuwe blog wou skryf nie( dan sou dit onder drafts gesave gewees het), maar dat ek ‘n einde vir my feeverhaal wou geskryf het. Dit doen mens mos onder”comments” en lyk my die rekenaar save nie comments wat nog nie gepost is nie ( o ,taal, my taal, my soetste taal).

Die rede is die lap wat elk hierdie week moes verf- ‘n straatjie in Parys, 4m hoog, 6m breed, vir die komende troue. Met my 60 jarige lyf  het ek op en af gekniel gekruip en gebuk om die stuk lap op die vloer te verf. Toe het ek Vrydagaand tot 4vm in ons Jacks-klub rondgehang om te wag tot alles klaar is, (my man en kind was darem ook daar, en sy het besluit dat sy moet dans dat dit klap, want dis die laaste keer wat sy dit as ongetroude kan doen), 5vm gaan slaap, 6.30vm opgestaan ( dws na 1 en ‘n halwe uur) om my man op te help om na sy aanstaande skoonseun se ramnaweek in Saldanna te gaan, en 10 vm self in die pad geval Worcester toe na my dogter se kombuistee. ( en ek moes al die pad jok, jok, jok om haar te mislei, sodat sy nie agterkom waarom ons nou eintlik regtig Worcester toe is nie.)  Saterdagaand weer wakker tot 3vm……Alles baie lekker en besig, maar nie aan te beveel as verjongingskuur nie.

Ek het egter die afgelope 2 weke iets geleer. Mense, maak nie saak watter ouderdom nie, hou van verhale- feeverhale.  Van al my bloginskrywings, is my feeverhaal die meeste gelees, en dit binne 2 weke. Elke dag is daar nog ‘n paar nuwe lesers by.

Ek het geleer die hele lewe kan vertel word in die vorm van ‘n feeverhaal. Feeverhale is ‘n belangrike manier om perspektief op die lewe te kry. Ek dink dis dalk hoekom feeverhale so belangrik vir ‘n kind se ontwikkeling is. ‘n Mens dink dalk dis ver verwyder van die werklikheid,maar eintlik IS dit die werklikheid, baie vereenvouding sodat ‘n mens mooi die goeie en die slegte daarin kan herken.

Ek het ook geleer: ons Bloggers KAN ‘n storie vertel. En hulle HET ‘n GROOT verbeelding. Hier het die mooiste eindes uitgekom! Baie dankie aan almal wat deelgeneem het! Sommige van julle het selfs TWEE verskillende eindes geskryf, albei mooi.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en soveel verskillende moontlikhede ontgin het. Ek het ook intussen ‘n einde uitgedink, wat ek graag wil aanheg ( en al tweekeer probeer het, ne) , maar die tyd ontbreek en hopelik doen ek dit hierdie week. Intussen is almal natuurlik steeds welkom om die verbeelding te laat loop.

Nou kom Toortsie weer met haar feeverhaal karakterspeletjie, en ek is seker ons gaan almal net so lekker daar saamspeel.

Maar die Sondagaand, bluestyd is verby( daar was nie tyd vir blues nie), en ek dink …dis SLAAPTYD!!!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

5 Responses to Oor prente en feeverhale

  1. toortsie sê:

    My ou verstand hou ook nie by nie. Soos ek jou stuk lees, dink ek aan iets wat ek wil skryf, maar dan is daar al weer iets anders en het ek die eerste deel vergeet.
    O.K. die gejok jok jok oor rampartytjies!!! Mens!! Het ek darem Saterdagoggend jokke uitgehaal soos ek nie geweet het ek kan nie! Meisiekind het net amper my “game” weggegee, want dié help niks!! Nee, sy giggel net! Plaas dat sy ook ‘n paar jokke uitdink!!
    Toemaar, een van die dae is die troue en dan kan jy weer vir ‘n klein rukkie slaap tot die tweeling hulle opwagting maak. Of is die 2ling eerste en dan die troue??
    Ons mis jou as jy so stil is.
    Ons is MAL oor jou feeverhaal-idee. Ek hoop jy het ‘n hele boks vol van hulle wat jy nog hier kan uitpak! 🙂

  2. seegogga sê:

    Sjoe, as daar een ding is wat jou kind se troue jou leer, is dit om te jok!!! Ek moes net heeltyd iets daar buite deur die venster bestudeer, want my mondhoeke wou nie saamspeel nie – die wou mos toe aanmekaar glimlag, pleks van verveeld en effens issigrimmig lyk! Maar ek het geslaag- sy was aangenaam verras. En ou matie, nie dat ek weet of dit nou iets is om op trots te wees nie, maar nou kan ek ook uiteindelik jok!

  3. thysleroux sê:

    Sacre Couer! 🙂 mal daaroor!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s