Sondagaand….blues? Of nie?

Vannaand is dit weer Sondagaand. Die kombuisvloer is toe onder berge wasgoed ( 3 strandplekke s’n sowel as ons eie huis s’n) en die wasmasjien grom-grom reelmatig- hy is reeds besig met sy tweede bondel.

En tog is die blues vannaand weg. Sien, gister en vandag was ons by Rus ‘n Bietjie( sien vorige skrywes).Heel onbeplan en onverwags het die gier ons Saterdagmiddag gepak, Rus ‘n Bietjie was vir ‘n verandering nie verhuur nie, en toe ry ons sommer- seker die eerste keer in meer as ‘n jaar wat ons weer ‘n Rus ‘n Bietjie self gaan bly het. En was dit nou lekker! 

Die see was blou, die branders groot, die weer ongelooflik. Ons het tot laatnag buite op die stoep gesit, en vanoggend sommer daar gebrekfis ook. Gisteraand het ek vir die eerste keer aan Parrie, die pylstert, gevat-sag soos fluweel voel hy- ‘n belewenis. Volgende keer gaan ek ‘n pakkie pilchards kry en vir hom gee, sowaar.

Vanoggend vroeg het ek en manlief ‘n lang ent langs die see gaan stap- (en Toortsie se vuurtoring weereens afgeneem) skielik het ons genoeg tyd om dit te doen. Dis my jongste en haar verloofde se laaste naweek by ons voordat hulle op 2 April man en vrou word, en dit was haar idee dat ons sommer uitry en by die see gaan braai- toe word dit sommer ‘n naweek!  Vanmiddag vars geelstert op die kole, en le en droom in die hangmat….idillies.

Ons was ver weg verwyder van die werklikheid, en soms is dit nodig om sommer net ‘n bietjie anderland toe te gaan.

Maar nou is ons terug, met harte vol dankbaarheid oor al ons seeninge. Ons sit die televisie aan- en sien die ongelooflike verwoesting in Japan.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Seestories. Bookmark the permalink.

5 Responses to Sondagaand….blues? Of nie?

  1. toortsie sê:

    Idillies is dit beslis!

  2. Anna F sê:

    See-gogga, ek geniet jou stories! Dink ek gaan gereeld by jou aandoen..

  3. toortsie sê:

    Seegogga, as jy klaar langnaweek gehou het en daar opgestaan het van daai lekker bankie by die see, moet jy gaan kyk. Jy het huiswerk!!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s