Peter Pan, Heidi en ander

Ek grawe my ou kinderboeke uit, my aller-gunsteling boeke, in opdrag van Toortsie.

Vir my is daar nie mooier boeke as kinderboeke nie.

Vandag gesels ek met Heidi en ek wil haar in my arms toevou. Arme Heidi. Sy was net so ongelukkig soos my prinsie in my feeverhaal. Maar sy het ‘n wonderlike oupa gehad wat haar verstaan het!

” Liewe Heidi, kan ek maar vandag saam met jou en jou oupa kaas braai? Kan ek? Sowaar? En kan ek saam met jou en Peter op die berg gaan hardloop en blommetjies pluk? Dankie kindjie, jy is so gaaf.

“En Heidi, kan ek maar vir Peter Pan saambring? Jy weet hy soek mos ‘n mamma om vir hom te sorg daar in die Neverland. Rerig? Ek weet hy sal vir Tinkerbell saambring en miskien, net miskien gooi hy vir ons ‘n bietjie feetjiestof oor en dan kan ons ook vlieg- na die land van ons drome toe, daar waar alles is wat ons graag wil he en waar ons net gelukkig is. Ek sal daar op Black Beauty ry en die wind sal deur my hare waai, Peter sal kraai van geluk en ons red as die seerowers ons wil vang( ag ek is mos mal oor Peter, en juis daarom hou Tinkerbel glad niks van my nie. Sy laat my nogal dink aan my prinsie se kwaai prinses). Fraulein Rottenmeier sal dalkies selfs deur die krokodil ingesluk word!

“As ons koud kry, sal ons onder Tanya se ouma se lappieskombers inkruip en vir mekaar stories vertel- mooi feeverhale van prinse en prinsesse waar die goeie altyd seevier en die slegte altyd verloor; of miskien die storie van die verlore seun, wat vir jou so mooi is.

Hoe lyk dit Heidi? Soos ek jou ken, sal jy glad nie omgee nie. Ek weet net nie wat jou Peter gaan se nie. Hy sal bepaald dink ons is net simpel meisiekinders. En ek kan jou wed, hy gaan niks van Peter Pan hou nie- sommer net. Seuns is mos so.”

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Boeke en flieks, feeverhale en ander stories, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

7 Responses to Peter Pan, Heidi en ander

  1. Kinderstories is wat my laat begin boeke versamel het.

    • seegogga sê:

      Ja, Leon, miskien moet ons eendag ‘n kinderboekblog begin. Daar is die mooiste goed- regte juwele. Hoeveel kos jou boek? My geld is min ( kind trou, ander kind in Holland verwg 2ling en ouma en oupa gaan), maar ek wil graag een he.

  2. toortsie sê:

    Oe, seegogga, jy KAN!!! Dis SO mooi! Ek is seker Heidi sal nie omgee nie. Maar weet jy wat, ek wonder of die twee Pieters nie dalk ook mekaar se geselskap sal geniet nie?

    • seegogga sê:

      Peter dink Heidi is syne, en Peter Pan wil altyd die baas wees, so ek weet nie. Nadat Peter onderlangs gegrom het, en Peter Pan dalk wys hy gee nie om oor Heidi nie( maar ek weet hy sal van Heidi hou en haar wilsaamneem Neverland toe) kan hulle dalkies vriende word. Ek dink egter die manlike ego’s is hier bietjie sterk. Miskien, as Peter nou bietjie feetjiestof kry en voel hoe lekker dit is om te vlieg, sal hy ook wil gaan Indiane jag of seerowers beveg, en dan sal hulle GROOT vriende word! Kom ons hoop Peter gooi hom vol feetjiestof!

  3. toortsie sê:

    O ja, en dankie vir die saamspeel!! 🙂

  4. thysleroux sê:

    Interessant die verskillende style mbt die kunswerke.

    Ek kan net dink aan die werk wat in die laaste een moes ingegaan het!
    Sjoe!

    • seegogga sê:

      Al 4 hierdie boeke het besonder mooi illustrasies, hoewel totaal verskillend. Die pragtige kleure van Heidi se prente bly my nou nog by- ek dink dis dalk ‘n kombinasie van pastel, waterverf en pen of potlood. Die perdeprente in Black Beauty is ongelooflik. Hierdie kunstenaar ken perde deur en deur en moet baie lief vir hulle wees. Peter Pan is slegs pen en ink sketse, slegs swart en wit, maar met ongelooflike charm. Die lappieskombers is met gedempte kleure, subtiel, nes die storie self. Ek sien jy is self ‘n kunstenaar!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s