Ek sien al lankal die mooi wereldkaartjies by party blogs en ek dag: Ek wil ook so ‘n plat aardbolletjie he! Na vele probeerslae gee ek effens moed op, want daardie heel laaste stukkie as jy dit doen, kry ek nie reg nie- tot Toortsie al weer vir my ‘n persoonlike les kom gee.
Nou pryk hy daar en dis vir my te mooi. My rooi kolletjies is maar min, maat laat my nogtans verstom: Suid Afrika 35, Ysland 9. VSA 4, Engeland 4, Nederland 2, Australie 1 en Taiwan 1
Liewe land- Ysland! Dis mos die plek waar die stories soms gebeur, en is dit nie ook daar waar vader Krismis woon nie? Verstaan julle in Ysland dan Afrikaans? Of is julle Suid Afrikaners wat die koue trotseer? Ek sou so graag wou weet wie julle is en wat julle doen. Wil julle nie maar antwoord nie?
Dan is daar Taiwan. Is dit jy, Boer in Ballingskap? Australie- dalk my Elsabe vriendin? Maar hoe weet sy van my blog? Verder is daar Engeland en die VSA. Ek weet daar is sommer baie Suid- Afrikaners daar. Dankie dat julle lees! En my Britse vriende van Barnard Castle? Kan dit wees dat julle ook hier rondloer?
Die Nederlandertjies ken ek, dink ek, maar ai, dis wonderlik om julle rooi kolletjies te sien.
Dus se ek dankie. Dankie dat julle darem hier inklok en lees. Hoe lyk dit: wil julle nie ‘n bietjie van julleself vertel nie? Ek sal dit baie waardeer.
Ek is mal oor my mooi rooi kolletjies!
Ek is NET SO NUUSKIERIG!!! Ek wonder ook die heel tyd oor die mense van ver af!! Geniet jou rooi kolletjies…
Ekke het ook al die rooi kolletjies ding probeer, sonder enige sukses, maar nou ja, ekke het toe maar heeltemal handdoek ingegooi, kry dit eenvoudig nie reg nie!!! My bloggie pryk maar sonder die rooi kolletjies ding!!! 🙂
As jy gaan op jou instrumentpaneel na widgets, is daar ‘n klomp goed aan die linkerkant wat jy moet drag na die regterkant om op jou blog te verskyn, Drag “text” ook na die regterkant. Nou gaan jy in by daardie aardbolletjie op iemand se blog. Jy registreer en alles is baie maklik, doen net soos hulle se, tot by die deel waar hulle grieks skryf en vir jou se jy moet daardie deel in jou blog paste. Nou highlight jy daardie deel, right click om te copy, gaan na jou blog se instrumentdeel( widgets) en paste dit in die text blokkie wat jy vooraf mos na die regterkant gedrag het.
Kyk nou net- ek kan al sefs iemand raad gee oor blogging. Ek vorder…..
Daardie rooi kolletjies is nie absoluut 100 % reg nie.
Ag, nee Xena, ek het gedink dis te goed om waar te wees, maar ek wil liewer glo dat daar iewers in Ysland iemand is wat Afrikaans verstaan!
ek weet nie veel van die blog storie af nie, is maar nuut. weet nie of die rooikolletjies my op vang nie, maar weet net, hier in Wellington, waar dit so warm is jy paas sommer uit, lees hier ook iemand die bloggie 🙂
Hallo, Pikkepensie. Welkom op my bloggie! Ek is darem bly jy lees ook hier!
Wow! Korea en Switserland by!!!
ek ken nie van plat aardbolle nie, maar in elk geval, baie dankie vir my pakkie in die pos. Dit lees asof ek dit nog nie voorheen gelees het nie.
Hallo Olga, verskoon asb paar rekenaar foutjies. Ek gaan vadag tweede lot wat ek gedruk het, in Kaap haalen hulle is veronderrstel om foutloos te wees.
Jy weet darem nou van iemand in Wellington!!! En jy is REGTIG oulik. Jy was nie verniet ‘n JUFFROU op jou dae nie!! 🙂
Ag dankie, mense! Net jammer ek was nie ‘n motorbestuur juffrou nie – sien volgende blog…..
As die kolletjies jou laat wonder, moet tog nie Live Feedjit kry nie! Dit maak my sommer mal! Moet my nie vra hoekom nie, maar die dag as die ou wat van Plano, Texas laat weet wie hy/sy is, maak ek flikflakke in die land af! 😆
Hallo Vlam, ek hou saam met jou duimvas dat die ou in Texas van hom/haar sal laat hoor!
Ek weet die kolletjies is nie altyd akuraat met syfers nie maar die plek is redelik goed.
Ek is altyd opgewonde as ek ‘n nuwe flaggie bykry.
Die rooi kollietjies identifiseer die oorsprong van die internet bediener waardeur die leser by jou blog uitkom. As ek byvoorbeeld by Vlam gaan kuier registreer haar kaart ‘n gas van Kaapstad af terwyl ek eintlik in Pretoria sit, want die bediener (server) waaraan my internet toegang gekoppel is is daar.
So as iemand vir ‘n internasionale maatskappy werk met ‘n bediener oorsee kan hy in Bredasdorp sit en sy kuiertjie sal byvoorbeeld as Ysland of die VSA op jou kaart aangedui word.
Ag, nee, serias??? Wil jy nou vir my se al daardie Yslanders sit hier in Suid-Afrika?? En die Amerikaners ook???Ens? Ek weet darem die Hollanders sit in Holland.
Komaan, Amerika, Taiwan, Korea, Ysland en Switserland: se net JA julle is regtig daar!!
Wow, Belgie by! En Amerika het oornag sommer baie meer geword!
Namibie ook by! Jippie! Maar waar is die liewe Frankryk?
Kan jy glo, vadag sit ek hier in Holland en sien- daar is sowaar nou ‘n kolletjie in Frankryk!!! Welkom, hier, wie jy ookal mag wees!!!