Die rooi kolletjies

Ek sien al lankal die mooi wereldkaartjies by party blogs en ek dag: Ek wil ook so ‘n plat aardbolletjie he! Na vele probeerslae gee ek effens moed op, want daardie heel laaste stukkie as jy dit doen, kry ek nie reg nie- tot Toortsie al weer vir my ‘n persoonlike les kom gee.

Nou pryk hy daar en dis vir my te mooi. My rooi kolletjies is maar min, maat laat my nogtans verstom: Suid Afrika 35, Ysland 9. VSA 4, Engeland 4, Nederland 2, Australie 1 en Taiwan 1

Liewe land- Ysland! Dis mos die plek waar die stories soms gebeur, en is dit nie ook daar waar vader Krismis woon nie? Verstaan julle in Ysland dan Afrikaans? Of is julle Suid Afrikaners wat die koue trotseer? Ek sou so graag wou weet wie julle is en wat julle doen. Wil julle nie maar antwoord nie?

Dan is daar  Taiwan. Is dit jy, Boer in Ballingskap? Australie- dalk my Elsabe vriendin? Maar hoe weet sy van my blog? Verder is daar  Engeland en die VSA. Ek weet daar is sommer baie Suid- Afrikaners daar. Dankie dat julle lees! En my Britse vriende van Barnard Castle? Kan dit wees dat julle ook hier rondloer?

Die Nederlandertjies ken ek, dink ek, maar ai, dis wonderlik om julle rooi kolletjies te sien.

Dus se ek dankie. Dankie dat julle darem hier inklok en lees. Hoe lyk dit: wil julle nie ‘n bietjie van julleself vertel nie? Ek sal dit baie waardeer.

Ek is mal oor my mooi rooi kolletjies!

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

20 Responses to Die rooi kolletjies

  1. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Ek is NET SO NUUSKIERIG!!! Ek wonder ook die heel tyd oor die mense van ver af!! Geniet jou rooi kolletjies…

    Like

  2. meermin's avatar meermin sê:

    Ekke het ook al die rooi kolletjies ding probeer, sonder enige sukses, maar nou ja, ekke het toe maar heeltemal handdoek ingegooi, kry dit eenvoudig nie reg nie!!! My bloggie pryk maar sonder die rooi kolletjies ding!!! 🙂

    Like

    • seegogga's avatar seegogga sê:

      As jy gaan op jou instrumentpaneel na widgets, is daar ‘n klomp goed aan die linkerkant wat jy moet drag na die regterkant om op jou blog te verskyn, Drag “text” ook na die regterkant. Nou gaan jy in by daardie aardbolletjie op iemand se blog. Jy registreer en alles is baie maklik, doen net soos hulle se, tot by die deel waar hulle grieks skryf en vir jou se jy moet daardie deel in jou blog paste. Nou highlight jy daardie deel, right click om te copy, gaan na jou blog se instrumentdeel( widgets) en paste dit in die text blokkie wat jy vooraf mos na die regterkant gedrag het.

      Kyk nou net- ek kan al sefs iemand raad gee oor blogging. Ek vorder…..

      Like

  3. Daardie rooi kolletjies is nie absoluut 100 % reg nie.

    Like

  4. pikkepensie's avatar pikkepensie sê:

    ek weet nie veel van die blog storie af nie, is maar nuut. weet nie of die rooikolletjies my op vang nie, maar weet net, hier in Wellington, waar dit so warm is jy paas sommer uit, lees hier ook iemand die bloggie 🙂

    Like

  5. seegogga's avatar seegogga sê:

    Wow! Korea en Switserland by!!!

    Like

  6. olga's avatar olga sê:

    ek ken nie van plat aardbolle nie, maar in elk geval, baie dankie vir my pakkie in die pos. Dit lees asof ek dit nog nie voorheen gelees het nie.

    Like

  7. Toortsie's avatar toortsie sê:

    Jy weet darem nou van iemand in Wellington!!! En jy is REGTIG oulik. Jy was nie verniet ‘n JUFFROU op jou dae nie!! 🙂

    Like

  8. seegogga's avatar seegogga sê:

    Ag dankie, mense! Net jammer ek was nie ‘n motorbestuur juffrou nie – sien volgende blog…..

    Like

  9. Vlam's avatar Vlam sê:

    As die kolletjies jou laat wonder, moet tog nie Live Feedjit kry nie! Dit maak my sommer mal! Moet my nie vra hoekom nie, maar die dag as die ou wat van Plano, Texas laat weet wie hy/sy is, maak ek flikflakke in die land af! 😆

    Like

  10. Gogga's avatar Gogga sê:

    Ek weet die kolletjies is nie altyd akuraat met syfers nie maar die plek is redelik goed.
    Ek is altyd opgewonde as ek ‘n nuwe flaggie bykry.

    Like

  11. PlaasJuppie's avatar PlaasJuppie sê:

    Die rooi kollietjies identifiseer die oorsprong van die internet bediener waardeur die leser by jou blog uitkom. As ek byvoorbeeld by Vlam gaan kuier registreer haar kaart ‘n gas van Kaapstad af terwyl ek eintlik in Pretoria sit, want die bediener (server) waaraan my internet toegang gekoppel is is daar.
    So as iemand vir ‘n internasionale maatskappy werk met ‘n bediener oorsee kan hy in Bredasdorp sit en sy kuiertjie sal byvoorbeeld as Ysland of die VSA op jou kaart aangedui word.

    Like

    • seegogga's avatar seegogga sê:

      Ag, nee, serias??? Wil jy nou vir my se al daardie Yslanders sit hier in Suid-Afrika?? En die Amerikaners ook???Ens? Ek weet darem die Hollanders sit in Holland.

      Komaan, Amerika, Taiwan, Korea, Ysland en Switserland: se net JA julle is regtig daar!!

      Like

  12. seegogga's avatar seegogga sê:

    Wow, Belgie by! En Amerika het oornag sommer baie meer geword!

    Like

  13. seegogga's avatar seegogga sê:

    Namibie ook by! Jippie! Maar waar is die liewe Frankryk?

    Like

  14. seegogga's avatar seegogga sê:

    Kan jy glo, vadag sit ek hier in Holland en sien- daar is sowaar nou ‘n kolletjie in Frankryk!!! Welkom, hier, wie jy ookal mag wees!!!

    Like

Lewer kommentaar op meermin Kanselleer antwoord