Sondagaand blues

Dis Sondagaand. Dit reen al heeldag so triestig-triestig. Nou, noudat die boere oes. Gaan dit hulle benadeel? Is dit sleg of nie? Ons het die water so nodig- maar nou?

In elk geval: Hier sit ek koud en triestig en het die Sondagmiddag depro. Kry julle dit ook, daardie lam velange na jy weet nie wat nie, en lang sugte en vae drome van dinge lank verby en dinge wat buite bereik is en sommer net so ‘n”sad” gevoel ” in general”?

Dis dan wanneer ek die telefoon optel en my ma bel ( maar sy leef nie meer nie). Of die hond gryp en om die blok stap ( maar dit reen), of blog (sonder dat ek eintlik iets konstruktiefs het om te se……) .

 Kry jy ook die blues? En wat maak jy dan?

 Ek het nou net ‘n idee gekry: Ek gaan pannekoek bak!( maar daar is nie eiers nie….)

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

7 Responses to Sondagaand blues

  1. toortsie sê:

    Raai wat? Ek is die EERSTE om hierop te reageer!!! En raai wat nog? Ons het ook pannekoek gebak…. gaan kry gou eiers by die Midnight kafee, of hou hulle nie eiers aan nie??
    Ons het met hierdie oes al soveel verrassings gekry… en die wereld IS droog! So, ons het redelik gemengde gevoelens oor die reen. Tog dink ek die BLYWEES is op hierdie oomblik BAIE meer as die BANGWEES…. juis omdat God Homself al so oortref het met die oes!!! Dankie vir jou bekommerd wees… dit doen ons harte goed!
    Ek kry ook soms maar sondagblues. Maar ek slaap so lekker op ‘n sondagmiddag.. en dan moet ek my koshuiskind se goed regkry, dat dit van korte duur is. Lekker slaap

  2. Hier in die dorre Gauteng wag ons nog vir die groot reën!

    Ek kan NIE pannekoek bak om my lewe te red nie. Ek moes in matriek huishoudkunde prakties eindeksamen pannekoek bak … my vriendin het my gehelp elke keer wanneer die juffrou weg gekyk het. Wonder hoekom sukkel ek so daarmee? 🙄

  3. Selfs ek kan pannekoek bak. Nie rocket science nie.

    Ek sukkel nie met Sondag blues nie. My kop hak altyd Sondag aande uit.

  4. seegogga sê:

    Klink gevaarlik, daardie uithak vd kop! is daar dalk te veel idees wat wil uit?

  5. toortsie sê:

    Die reen was goed, maar ons sal nou bly wees vir sonskyn. Dis nie dat ons ondankbaar is nie, maar ons wil maar graag ons oes van die land af kry voordat dit dalk uitloop of muf.
    Pannekoek = gebruik die resep in Kook in geniet. Die pan moet GOED warm wees voor jy die deeg ingooi.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s