Liewe Kinders
“Die taal van die liefde”
Ai, ons pluis noe die saak mooi uit, maar om goeie fisies pasmaats te wees kom nie altyd so natuurlik soos ‘n mens sou dink nie. Ervaring speel nogal ‘n rol, en veral konsiderasie. Ons weet mos nie altyd wat ‘n ou “trigger” nie en hulle ken weer nie vir ons nie. Hy dink dalk hy doen die regte ding, maar eintlik het hy nie ‘n “clue” nie – en hy wil so graag dien wat vir jou lekker is. Help hom deur bv jou lyf reg of weg te draai, sy hand te neem en op die regte plek te sit en ook deur vir hom te se as iets vir jou lekker is.
Moenie skaam wees om daaroor te gesels nie. ‘n Konsidererende liefdesmaat wil graag sy maat plesier en dit is vir hom ‘n prestasie as dit wat hy doen, vir haar lekker is. ‘n Mens kry natuurlik ook die ander, selfsugtige tipe wat net om sy eie bevrediging gepla is. Leer hom gou reg of los hom uit!
Let ook op wat vir hom lekker is. Hieroor kan ek baie verte, maar dis net vir Leanie se ore.
Wat sy kop ( die een met die taalsentrum in!) en gesig aanbetref, is ‘n man se nek en ore baie gevoelig en normaalweg hou hulle daarvan op daar gestreel en gesoen te word. Natuurlik hulle hele lyf ook! Vergelyk hulle biettjie met Rusky of enige ander hondjie. Streel hom ‘n bietjie en hy dop om, kry so ‘n glaserige uitdrukking in sy oe en le bene in die lug en geniet die streling sonder enige inhibisies. Partykeer dink ek mans is net so. Hulle geniet dit om so gepamperlang te word en is glad nie skaam vir hulle lyf nie!
Ons is mos vol allerhande “hang-ups” en inhibisies. Miskien is dit goed so. Dit beskerm ons. Maar as ons eers getroud is, moet ons al hierdie inhibisies agterlaat. Jou man sal dink jou HELE lyf is pragtig. Glo hom en wees so vry soos hy.
Lekker slaap en liefde.
Ma
Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.
Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.
Om verdere hoofstukke te sien, klik hier.
Ek is baie impressed dat jy iets uitgegee het!
Sal so met die tyd die briewe lees en “opvang” 🙂
Hi Thys, dit sal goed wees om ‘n man se insette te kry!
Terug pieng: Ma se seksboek Brief 5: Die ridder en die prinses | Seegogga se Bloggie