Ek is baie lief vir julle. Ek sal so graag elkeen wil beskerm teen hartseer en graag wil he julle moet altyd so gelukkig wees met julle kerels soos julle nou is. Ek kan maar net bid.
Maar waar daar liefde en geluk is, is daar gewoonlik ook pyn. So is die lewe maar. En as daar dalk pyn oor julle pad kom, huil gerus en treur, maar onthou altyd dat die lewe aangaan en dat daar weer nuwe geluk in die toekoms wag. Moet nooit dink die einde van ‘n verhouding is die einde van geluk nie. God is goed. En tyd heel wonde. Maar wat praat ek alles. Julle het nou al 3 sulke gawe ouens. Geniet hulle.
Lekker slaap en baie liefde.
Ma
HHHHHAAAAA! Dis die MOOISTE kiekie!
Dis nogal ‘n tuwwe lewensles, want wanneer jy graag jou seer wil vashou en koester, vlieg die lewe net verby … Dit is een ding van tyd … Dit gaan aan.
Danki vir my kiekiekommentaar. Ek het dit self geneem en daar is niks eers gemodify nie! Dit was net so!
Dit gaan aan en op ‘n dag – skyn die sonweer. Dan haal mens die pakkie seer steeds uit, maar met deernis en liefde en minder rou pyn.