Liewe Leanie, Annika en Lienkie
Julle pa het my stukkie oor verhoudings en verstand gelees. Hy het my op ‘n belangrike puntjie gewys. ‘n Jakkels verander van haar, maar nie van streke nie. Anders gestel: ‘n Voel verander van veer, maar nie van kleur nie! As ‘n persoon bv. ‘n drinker is, gaan hy nie ophou nie, as hy eenmaal sy meisie kul, gaan hy nie nou ‘n soet seuntjie word nie. ‘n Ou wat eenkeer sy meisie hardhandig behandel, gaan dit weer doen.
Moet nooit, ooit dink dat jy ‘n man gaan verander nie. Hy sal om verrgiffenis vra, hy sal sy goeie voetjie voorsit om jou te kry ,hy sal wonderlike beloftes maak, maar op die ou end keer hy terug na sy eie ware karakter. En die persoon wat die seerste kry is jy.
Daarmee impliseer ek nie dat jy nie iemand moet vergewe nie, natuurlike moet jy, maar julle is jonk en ongetroud. Dit is nie nodig dat jy iemand wat jou baie teleurgestel het, nog ‘n kans hoef te gee nie.
Dit is miskien nou hartseer om afskeid te neem, maar eerder nou as later, wanneer jy getroud is. Dan is die hartseer baie erger en die drama( om te skei) baie, baie groter.
Daar is baie visse in die see. Waarom jouself blootstel aan nog seerkry? Al se jou hart ook wat, gebruik jou verstand en se nee.
Lekker slaap en liefde.
Ma
Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.