Na aanleiding van Leon se jakarandafoto

Nostalgie

Waar is die jare van pers

jakarandablare

wat tapyt op die sypaadjies

van die systraatjies

saans? En die soet jasmyntrossies

-vir my ook ‘n bossie?-

Van saamswot by die Dal

tot die skemerlig val

en ons hand aan hand swaai,

van geluk tiekiedraai?

Die lewe het ons ingesluk.
 
 
 

 

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in gedigte en rympies (seestrome van verlange), Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

7 Responses to Na aanleiding van Leon se jakarandafoto

  1. olga's avatar olga sê:

    dit laat my nou wonder sgog, het die stad of die lewe ons ingesluk?

    Like

  2. mooi geskryf – ek kan dit sien en ruik

    Like

Lewer kommentaar