Ma se seksboek Brief 4: Hoe werk ‘n man se kop?

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Kom ons gaan ‘n bietjie terug na ‘n man se seksuele drange. Julle weet dat hulle liggaam spermpies produseer- duisende en duisende. Dit word naderhand te veel en daarvan moet ontslae geraak word.

Julle het seker al gehoor dat jong seun en mans “wet dreams” kry. Hulle droom op ‘n goeie nag ‘n sexy droom en ejakuleer in hulle slaap, of hulle masturbeer.

Hierdie opbou van sperms maak dat die ou ook baie sexy voel en ‘n sterk drang het om verder te gaan en by die einddoel uit te kom in sy fisiese verhouding met sy meisie. Lank rondrol en vry maak hulle baie sexy en selfs ongemaklik. Hulle praat van “lovers balls”. Dit kan blykbaar selfs pynlik wees – die spermpies moet uit, maar hulle word teruggehou!…………………………………(uittreksel)

Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.

Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.

imageom nog ‘n uitreksel te lees, klik hier.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

7 Responses to Ma se seksboek Brief 4: Hoe werk ‘n man se kop?

  1. Olga sê:

    Sjoe! Dis regtig saggies gesê.

  2. corina sê:

    Ek het pas al vier briewe gelees… en ek kan nie wag vir die res nie! Ek hou van die eerlike en reguit, maar mooi manier waarop jy hierdie onderwerp benader.

  3. Krokodil sê:

    Mens moet baie waak daarteen dat goedbedoelde en ja, broodnodige, moederlike raad nie onbewustelik veralgemeen oor ouens (mans) en dalk onbedoelde stereotipes in jong dames se bewussyn vestig nie. Net soos ons vrouens, ten spyte van ons genetiese programmering, nie almal dieselfde neigings het nie, is die manne ook wyd uiteenlopend in hoe hulle op hulle impulse reageer.

    ‘n Mens hoef net ‘n vinnige draai deur onder andere Litnet se blogs te gooi, of kyk na sommige van die lysie-tipe e-mails wat onder vriendinne aan mekaar geforward word, om te sien wat die effek is van stereotipering wat waarskynlik sonder dat dit die intensie was, in vroue se persepsies gevestig is. In meeste langtermyn verhoudings kom daar periodes van moeilikhede en dan kan sulke persepsies baie skadelik wees en lei tot gevolge wat vermy kon gewees het as die vrou haar man as mens met ‘n unieke geaardheid (foute en goeie punte) beskou eerder as wat sy hom sien as lid van ‘n geslag aan wie bepaalde gemeenskaplike “neigings” toegeskryf word.

  4. Terug pieng: Ma se seksboek. Brief 3: Superman en die trappies | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s