Ma se seksboek Brief 4: Hoe werk ‘n man se kop?

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Kom ons gaan ‘n bietjie terug na ‘n man se seksuele drange. Julle weet dat hulle liggaam spermpies produseer- duisende en duisende. Dit word naderhand te veel en daarvan moet ontslae geraak word.

Julle het seker al gehoor dat jong seun en mans “wet dreams” kry. Hulle droom op ‘n goeie nag ‘n sexy droom en ejakuleer in hulle slaap, of hulle masturbeer.

Hierdie opbou van sperms maak dat die ou ook baie sexy voel en ‘n sterk drang het om verder te gaan en by die einddoel uit te kom in sy fisiese verhouding met sy meisie. Lank rondrol en vry maak hulle baie sexy en selfs ongemaklik. Hulle praat van “lovers balls”. Dit kan blykbaar selfs pynlik wees – die spermpies moet uit, maar hulle word teruggehou!…………………………………(uittreksel)

Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.

Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.

imageom nog ‘n uitreksel te lees, klik hier.

Posted in Ma se seksboek | 7 Kommentaar

DAGBOEK

DIARY

A book-

messed up with writing and inkblots-

and all I have to talk to.

 

A book-

dirty, messy, falling apart-

and all I have.

Posted in die tale wat ons praat, English blogs, gedigte en rympies (seestrome van verlange) | 1 Kommentaar

Ma se seksboek. Brief 3: Superman en die trappies

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Behalwe dat ‘n man ‘n baie sterk seksdrang het, sterker as wat ons dalk vermoed, het hulle ook ‘n groot drang na prestasie. Hulle wil graag wen en hulle wil graag die einddoel bereik en hulle wil graag klaarkry- op alle gebiede. Daarom tree hulle soms oorhaastig op en besluit sommer vinnig oor ‘n ding en kom dalk later agter dat hulle verkeerd was.

So was Rupert, een van die deelnemers aan Survivor, so ernstig om hulle huis op die eiland gou klaar te bou, dat hy na niemand wou luister nie. Toe bou hy dit onder die grondoppervlak in plaas van hoer – met katastrofiese gevolge toe dit begin reen. Ons vroue sit weer ure en twyfel oor ‘n saak. Ons pluis elke ding in die fynste besonderhede uit en oordink alles haarfyn en nadat ons klaar ‘n besluit geneem het, twyfel ons dikwels nog steeds. Mans DOEN soms eers, dan dink hulle  en ons DINK ons eers lam voor ons doen!

Ek het eenkeer ‘n praatjie gehoor waar die (manlike)spreker gese het: Mans, luister tog na julle vrouens! Hulle het ‘n sesde sintuig en is waarskynlik reg!

Op seksuele gebied is die einddoel ejakulasie (saadstorting). In gewone taal se ons “kom”. Ek kry nog nie prentjies hier reg nie, dus moet julle gou iets teken. Teken gou ‘n klompie sig-sag trappies wat van links onder na regs bo loop. skryf onder die onderste trappie :VROU. Al langs daardie trappies trek jy nou ‘n reguit lyn wat ook van links onder na regs bo loop. Aan die bo-punt van die lyntjie teken jy ‘n pylpunt. Onder, by die begin van die reguit strepie van die pyl, skryf  jy :MAN. Heel onder die prentjie van die pyltjie het jy dus MAN en heel onder die prentjievan die trappies het jy VROU. Aan die bo-punt van albei prentjies skryf  jy die volgende woorde: seksuele vereniging. Julle sal sien dat die strepie van die man na die bo-punt baie korter is as die van die vrou, omdat hare ‘n klomp heen en weer strepies is soos jy die trappies geteken het.

Die man het ‘n drang om klaar te kry met die seksdaad en te ‘kom’,( hy wil dus soos superman sommer opvlieg) en vergeet partykeer van die baie trappies wat ‘n mens kan klim op pad daarheen.

In “Men are from Mars and women are from Venus” se John Gray dat mans aan die begin van ‘n verhouding stadig gaan omdat hy onseker voel hoe die dame gaan reageer op sy attensies. Soos die verhouding groei, wil hy egter vinniger by die einddoel kom, en hy weet nie dat dit juis die stadigheid is wat die vrou so onweerstaanbaar vind nie.

Die verhouding tussen ‘n ou en ‘n meisie moet egter wees soos ‘n babatjie wat eers sit, dan kruip en later loop en hardloop. Die kruipstadium is baie belangrik en as ‘n babatjie begin loop voordat hy behoorlik leer kruip het, het hy dikwels later probleme met koordinasie, of leerprobleme. Hy MOET  kruip en sommige kry selfs fisioterapie om hulle te leer kruip.

Die verhouding tussen ‘n ou en ‘n meisie of ‘n man en ‘n vrou het baie, baie trappies. Elkeen moet opgeklim word en ‘n rukkie by stilgestaan word om dit te geniet, anders gaan die wonder daarvan ongesiens verby en kan jy dit ook nooit weer terugkry nie. Jy kan te vinnig klim en dan is dit nie lekker nie of jy is spyt dat jy ‘n trappie gemis het. ‘n Paar voorbeelde van sulke trappies is:

Kyk vir mekaar en sien mekaar raak. Die Engelse se :”They are giving each other the eye”.

Ligte aanraking, bv skouers skuur. Ouens is lief daarvoor om  hulle vingers in die meisie se ribbekas e steek, konsuis om te kielie, of aan haar te stamp,bv by swembad, of so-iets.

Hande vashou.

Omhels.

Soen.

‘French kiss” – ondersoek met die tong. Daar is baie vorme van soen en hier kan lank stilgestaan word. ‘n Mens kan ure lank staan, sit of le en soen!

Soen op ore, nek en hals

Hande op die sitvlak.

Vasdruk van pubiese areas teen mekaar.

Bene in mekaar gestrengel.

Streel oor borste, tussen bene, eers met arms, bene dan met hande.

Ontklee.

Saam bad.

Streel van die hele liggaam met hande, die mond , tong en uiteindelik seks.

Hierdie trappies is vir ‘n vrou of meisie baie belangrik. Dit word ook ‘voorspel’ genoem. Die man geniet dit ook en dis vir hom lekker om te sien hoe sy vrou/meisie seksueel opgewonde raak.  ( VERVOLG……)image

Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.

Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.

Om nog te lees, klik hier

Posted in Ma se seksboek | 9 Kommentaar

Ma se seksboek. Brief 2: Wat is aantreklik?

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Ja, die aantrekkingskrag tussen man en vrou is iets onbeskryflik wonderlik en ook onverstaanbaar.

Salomo se in Spreuke 30:18 en 19: ” Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is, wat ek nie verstaan nie: Hoe ‘n aasvoel in die lug bly, hoe ‘n slang teen ‘n rots opseil, hoe ‘n skip op die diepsee vaar en hoe die liefde tussen ‘n man en ‘n meisie werk.”

Daar is al baie oor geskryf, gedigte en liedjies en wetenskaplike proefnemings gemaak, maar niemand kan dit nog verklaar nie. Die man kyk blykbaar uit vir gesigstrekke en ander eienskappe van sy eie ma en andersom, maar dit bly onverklaarbaar hoe sekere persone mekaar aantrek en ander nie. Die sogenaamde chemiese reaksie is net soms daar, en soms baie sterk ook, terwyl party ander, maak nie saak hoe aantreklik of oulik nie, jou net koud laat.

Nou is dit so dat hierdie aantrekkingskrag by ‘n man of seun baie meer van fisiese aard is as by ‘n vrou of meisie.  Ons vrouens is baie meer emosioneel aangetrokke tot ‘n persoon. So kan ‘n lid van die manlike geslag dalk erg fisies aangetrokke voel tot ‘n sekere persoon, in so ‘n mate dat hy by haar sal aanle en selfs by haar sal slaap, al voel hy niks vir haar emosioneel nie, en hou hy dalk nie eers van haar nie. Die aantrekkingskrag, se pappa, is egter van korte duur.

Daarenteen sal ons vroue gewoonlik nie slegs fisies aangetrokke tot ‘n persoon voel nie. Nee, ons moet van hom hou, van sy persoonlikheid, sy manier van doen en eers dan raak ons ook fisies aangetrokke.

Dit is, veral as mens jonk is, soms moeilik om te onderskei of die ou nou regtig van jou hou en of hy net fisies aangetrokke tot jou voel. En glo my, ouens voel maklik fisies aangetrokke tot baie meisies. Ek dink nie ons vertaan hierdie deel van die manlike geslag so goed nie, omdat ons nie so is nie. Hulle sal bv. slegs vir ‘n meisie kyk (selfs een wat hulle dalk nie ken nie, en ja, selfs ‘n foto in ‘n boek), en kan dan onmiddellik verskriklik opgewonde raak( ereksie kry). As dit iemand is op wie hulle verlief is, nog meer. Ons sal ‘n mooi ou sien en oor hom “swoon” en selfs wonder hoe hy sal soen, maar nie “sexy” voel nie.

Wat ‘n ou sien, is dus baie belangrik. Daarom is kleredrag ook baie belangrik. Ons weet nie altyd hoe uitlokkend sekere klere vir die manlike geslag is nie. Die ou mense het nie verniet vrouens van kop tot toon in lae en lae lap toegemaak nie! Die moslem vroue word nou nog so bedek, selfs met sluier en al. En die nonne!

Mooi kuite en bene is vir sommige mans die sexieste, vir ander die naeltjie, ens. So ‘n onverwagse glimpsie is vir ‘n man baie aantreklik. So byvoorbeeld is ‘n rok met ‘n spleet wat nou en dan ‘n stukkie been wys, nogal baie sexier as wat ons sou vermoed.

‘n Ou sal dink dat ‘n meisie wat baie uitlokkend aangetrek is, baie sexy lyk. Kyk bv. na die uitlokkende drag van meisies is motoradvertensies, sekere almanakke en manstydskrifte. Dit is egter nie te se dat hy daarvan hou dat sy meisie of vrou so moet lyk nie. Inteendeel, hulle hou meestal nie daarvan dat sy haarself so ten toonstel dat die ander ouens haar so kan sien nie, Is dit dalk omdat hy weet wat hulle dink? Die gemiddelde ou verkies ‘n meisie wat oulik aangetrek is, maar nie te wild nie.

Lekker slaap en liefde.

Ma

Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.

Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.imageOm deel 3 te lees, klik hier

Posted in Ma se seksboek | 8 Kommentaar

en ja, die liefdestaal

 WEEKLAAG

Was ek maar ‘n Breyten ( hoe sweet die arme ysterkoei  nie)

of Eugene Marais (were you but here, were you but here)

of Antjie Krog ( en het jy my toegelaat om met my skurwe hakskene op jou knie te sit, in jou hart te kruip)

dan kon ek met slim, mooi woorde jou alles vertel.

Maar nou is ek ek

met die knop in my keel

met my stomme oe

en goedkoop sentiment

en my dom, dom woorde:

Ek het jou lief, ek het jou lief , ek het jou lief, ek het jou lief, ek het jou lief, ek…

Posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange) | 4 Kommentaar

Ma, ek is verlief!(oftewel:Ma se seksboek) Brief 1: die oerdrang

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Ek het nou (soos Annika se-effens te laat) besluit om vir julle briefies te skryf om te vertel hoe werk ‘n man se kop- of altans hoe ek dit verstaan.

Ek dink nie ons vroumense sal ooit presies weet hoe ‘n man se kop werk nie en hulle verstaan mos glad nie hoe ons werk nie.

Baie goeters weet julle al en kan julle eendag vir julle kinders vertel, maar daar is tog dingetjies, dink ek, wat julle nog moet uitvind. Ek wou en het ook nogal destyds met jou, Leanie, gesels oor waar babatjies vandaankom ens, maar jy, Annika, wou net nooit weet nie, en jy , Lienkie, dink alewig ek wil vir jou preek of is negatief. Intussen is dit eintlik vir ons almal ‘n fasinerende onderwerp.

Nou goed. Kom ons begin by die begin ( en waar is dit-by die hoender of die eier?)

Gelukkig het julle al drie Biologie gehad. Dus weet julle hopelik dat feitlik elke dier en plant begin deur die samesmelting van twee selle, die manlike en vroulike selle, om een nuwe wese te vorm.

In soogdiere praat ons van die ovum (die vroulike geslagsel) en die sperm (die manlike geslagsel). Elkeen van hierdie selle bevat die helfte van die normale aantal chromosome sodat hulle, as hulle saamgesmelt het, die volle aantal chromosome het wat die selle van daardie soogdier moet he. So het die nuwe wese wat geskep is, eienskappe van albei ouers. Dit noem ons voortplanting.

Die drang om voort te plant is seker een van die sterkste drange in die natuur en dit voorkom dat spesies uitsterf. Ook by die mens is dit die geval.

Dit is belangrik om te onthou dat God ons so gemaak het. Ons is dus aangetrokke tot die teenoorgestelde geslag en wil graag by mekaar wees en op die ou end wil ons graag saamslaap. Dit is die oeroue drang van voortplanting.

Daar is egter meer as net die fisiese drang. Ook op emosionele gebied het ons die aangetrokkenheid en gehegtheid aan mekaar. Ook dit het God geskep, sodat ons in ons onvolledigheid vervul kan word deur iemand met eienskappe waaraan ons behoefte het. So kry ‘n mens dikwels dat teenoorgesteldes mekaar aantrek- introverte en ekstroverte, kunssinniges en logiese denkers, malletjies en ernstiges.

Wanneer albei partye op albei maniere tot mekaar aangetrokke voel, is dit wonderlik. Nouja, tot sover vir vandag. Lekker slaap en liefde. Ma

Nota: Hierdie is die eerste deel van ‘n reeks briewe wat nou saamgevat is in ‘n boek.

Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.

Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.

image

Om deel 2 te lees, klik hier.

Posted in Ma se seksboek | 8 Kommentaar

Oh! My word! Computertaal!

Blogs, gravatars , avatars, accounts, URL’s, links, hyperlinks, shortlink, pingbacks, trackbacks, buttons, cookies, tools, upgrades, uploads, downloads, drafts, usernames, passwords, tags, tabs, import, burn, rip, sync, widgets, settings, html, malware, software, default, skype, bytes, gigs, profiles. log on, restart, reboot, hybernate…..

Nee kyk, ek’t gedog ek kan Engels praat, maar nouja, ons weet almal wat gedog gemaak het, ne. Ek voel illiterate, alienated , en rekenaar gestrem.

Nou is hierdie BLOG  WEBBLAD(?) in Afrikaans en Engels om alles verder te konfoes, of is dit nou konvoes? Ek doen net soos Toortsie en almal se , en het al klomp keer my GRAVATAR gekies en ge-UPLOAD en wat ookal, maar langs my naam staan steeds ‘n groen blokkie ipv my rooi krappie, en by COMMENTS is ‘n snaakse prentjie wat ek beslis nooit gekies het nie. Om te BLOG issie vir sissies ni!

Maar wag, netnou raak my GIGS op , ek dink ek moet nou liewer af-LOG. Netnou kry ek dalk ‘n VIRUS. Of ‘n WURM! Kry juis deesdae pal ‘n ERROR MESSAGE en my MUIS willie meer reg werk nie… ( Ekskuus? Wat het ek nou gesê?)

Gaan nou maar in my bed HYBERNATE…..

Posted in die tale wat ons praat | 10 Kommentaar

Lui telefoontjie, lui!

Mmm! Die vreugde van kommunikasie! Wat sou ons tog wees sonder daardie lieflike kontak met ons medemens? En die heerlike geselsies van ‘n geliefde?

Hierdie skrywe kom uit die outyd, lank voor selfone, in die tyd toe ek ‘n deeltelefoon in Johannesburg gehad het.  Daar was mos nie genoeg telefoonlyne in ou Johies nie. Dus kon mens aansoek doen om ‘n deeltelefoon. Elke persoon het dan sy eie telefoonnommer gehad, maar terwyl die een op die telefoon praat, was dit beset vir die ander, en kon hy nie bel nie. As die lyn dan wel beskikbaar is, moes jy ‘n knoppie druk om dit jou telefoonlyn te maak, en kon jy bel- dis nou te se as die ander persoon nie voor jou besluit het om ook te bel nie. Ja, sowaar, in die groot moderne stad, Johannesburg, so 30 jaar gelede.

DIT GAAN SO GOED MET MY

Die telefoon (my telefoon) lui

en ek hoop, wens, bid dat dit jy mag wees

met jou growwerige stem wat vir my so mooi is

en jou oe daar aan die anderkant-

Ag, dat dit jy mag wees!

Maar dis Louis wat vra of daar pos is vir hom.

Dis Elfreda wat weer vergeet het om vleis uit haar vrieskas te haal. Sal ek?

Dis Cathy wat kla dat sy nie kan maer word nie en haar nek is so seer.

En dan lui hy weer-

dis jy!

Hoe gaan dit met my?

So ‘n paar jaar later, nadat ek ‘n jaar weg was, konnekteer die poskantoor toe mos my lyn verkeerdom. Al die telefoonoproepe vir die 2 jong manne wat onder my ingetrek het, lui bo in my woonstel en al my oproepe gaan deur na hulle telefoon toe.  Elke keer as die foon lui, moes ek hard op die vloer  spring, sodat hulle kon weet dat hulle moes optel. Hulle moes op hulle beurt weer die besemstok byderhand hou, sodat hulle teen  hul plafon kon  stamp as die foon by hulle lui, want dit was mos dan eintlik MY oproep wat op MY foon moes lui. En soos dit met telefone in Johannesburg gegaan het, het dit ‘n hele paar weke geduur voordat die poskantoor aandag aan die probleem kon gee.

Maar ek is baie dank aan Telkom verskuldig. So het ek toe mos my man ontmoet, ne! Hy was een van die latte wat in die woonstel onder my gewoon het en die dak met die besemstok moes bykom….

Posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange) | Tagged , | 9 Kommentaar

NUWE WERELDTAAL ?

Ek lees so oor almal se taalwroeginge en die gedurige geredekawel oor die voortbestaan van Afrikaans. Die van ons wat in die sestigerjare in die Vrystaat op skool was, sal die geskiedenis van die Eerste en Tweede Afrikaanse Taalbeweging  terdeë onthou. Ons moes mos daaroor eksamen skryf.Woorde van gister, tydens tweede taalbeweging, is vandag weer waar. Dis nou die derde taalbeweging

Een outjie wat beslis nie geleer het nie,( maar 10 uit 10 kan kry vir gorrel) kry toe ‘n vraag oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans.

Hy gorrel toe min of meer so:” Die Bybel was baie moeilik om in Afrikaans te vertaal , want in daardie dae het die mens mos nog nie penne gehad nie- hulle moes met vere skryf. Verder het hulle ook nie ligte gehad nie,net kerse. Dit was baie donker snags daar op die plaas, maar SJ du Toit het besluit hy sal die Bybel vertaal, kom wat wil. Een aand vat hy toe die Bybel en vertaal dit. En dis hoe dit gekom het dat die Bybel in Afrikaans vertaal is.”

Nouja, hoe die arme SJ du Toit dit reggekry het om in een nag die Bybel te vertaal (en nogal met ‘n veerpen!), weet ek nie , maar wat ek wel weet, en dis ‘n feit soos ‘n koei, verbied net iets, dan maak jy die mens vuur en vlam om dit te kry. Kyk nou maar na dagga as voorbeeld.  Net so met Afrikaans. Toe die Ingelse die taaltjie wil doodsmoor, kom die boere se koppige streek uit en die Taalbewegings ontstaan.

Ek dink ons is nou in die Derde Afrikaanse Taalbeweging. Het julle al agtergekom dat die tieners en jongmense deesdae meestal uitsluitlik Afrikaanse musiek luister? En het julle al nagegaan by hoeveel oorsese universiteite en kolleges Afrikaans studeer word? Tot in Pole is ‘n Afrikaanse fakulteit by ‘n universiteit. Ons kan gerus ‘n lysie maak van al die plekke waar Afrikaans doseer word.

Met al die Suid-Afrikaners oorsee en in feitlik elke land, is Afrikaans deesdae dus ‘n wereldtaal!  Word dus wakker, Stellenbosch en die regering,  julle raak agter!

Posted in die tale wat ons praat | Tagged , , , , | 8 Kommentaar

Om te blog-of nie

Om te blog of nie- that is the question. Het ek iets te se? Ek lees Toortsie se inspirerende blogs en ek wonder wat ek hier doen. Jaaaa! Ek wil mos skryf! Maar wat? Waarom het ons so ‘n behoefte om vir die wereld te skryf? Is ek ‘n uiterste ekstrovert? Of is dit die woordkuns? Wat is die verskil tussen ‘n dagboek en blog? Skilder ‘n mens vir jouself of vir ander? Of albei? Het ander bloggers ook die wroeginge?  Het julle? Vertel asb!

Ek herinner my aan die outjie wat aan die pop idols kompetisie gaan deelneem het. Hy sing toe- so alles op een noot  en sonder enige ritme of enige gesigsuitdrukking- “you are always on my mind you are always on my mind” en se “actually I’m more into acting.” Well, miskien is ek actually more into painting?

Wees dus asb geduldig met my nederige pogings. Ek sluit af met ‘n gediggie, jare gelede geskryf, toe ek na ‘n wonderlike jaar op Stellenbosch, weer in Johannesburg moes gaan skoolhou.

Stellenbosch

Na die warrel deur gejaagde verkeersligte

en remme wat Johannesburg skree 

sit ek in die stowwerige skoolsaal 

in die personeelvergadering. 

En terwyl hulle reel oor bruinpapier en penne 

en die komende skoolkonsert, 

ruik ek die meisies in Victoriastraat 

hoor ek die klap van akkers in die stil Laan  

proe ek die soet laatoes op die Lanzerac stoep

voel ek die blou van die berglug in Jonkershoek…

Ek velang na jou!

 

 

Posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange) | 8 Kommentaar