Liewe Leanie, Annika en Lienkie
Ja, die aantrekkingskrag tussen man en vrou is iets onbeskryflik wonderlik en ook onverstaanbaar.
Salomo se in Spreuke 30:18 en 19: ” Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is, wat ek nie verstaan nie: Hoe ‘n aasvoel in die lug bly, hoe ‘n slang teen ‘n rots opseil, hoe ‘n skip op die diepsee vaar en hoe die liefde tussen ‘n man en ‘n meisie werk.”
Daar is al baie oor geskryf, gedigte en liedjies en wetenskaplike proefnemings gemaak, maar niemand kan dit nog verklaar nie. Die man kyk blykbaar uit vir gesigstrekke en ander eienskappe van sy eie ma en andersom, maar dit bly onverklaarbaar hoe sekere persone mekaar aantrek en ander nie. Die sogenaamde chemiese reaksie is net soms daar, en soms baie sterk ook, terwyl party ander, maak nie saak hoe aantreklik of oulik nie, jou net koud laat.
Nou is dit so dat hierdie aantrekkingskrag by ‘n man of seun baie meer van fisiese aard is as by ‘n vrou of meisie. Ons vrouens is baie meer emosioneel aangetrokke tot ‘n persoon. So kan ‘n lid van die manlike geslag dalk erg fisies aangetrokke voel tot ‘n sekere persoon, in so ‘n mate dat hy by haar sal aanle en selfs by haar sal slaap, al voel hy niks vir haar emosioneel nie, en hou hy dalk nie eers van haar nie. Die aantrekkingskrag, se pappa, is egter van korte duur.
Daarenteen sal ons vroue gewoonlik nie slegs fisies aangetrokke tot ‘n persoon voel nie. Nee, ons moet van hom hou, van sy persoonlikheid, sy manier van doen en eers dan raak ons ook fisies aangetrokke.
Dit is, veral as mens jonk is, soms moeilik om te onderskei of die ou nou regtig van jou hou en of hy net fisies aangetrokke tot jou voel. En glo my, ouens voel maklik fisies aangetrokke tot baie meisies. Ek dink nie ons vertaan hierdie deel van die manlike geslag so goed nie, omdat ons nie so is nie. Hulle sal bv. slegs vir ‘n meisie kyk (selfs een wat hulle dalk nie ken nie, en ja, selfs ‘n foto in ‘n boek), en kan dan onmiddellik verskriklik opgewonde raak( ereksie kry). As dit iemand is op wie hulle verlief is, nog meer. Ons sal ‘n mooi ou sien en oor hom “swoon” en selfs wonder hoe hy sal soen, maar nie “sexy” voel nie.
Wat ‘n ou sien, is dus baie belangrik. Daarom is kleredrag ook baie belangrik. Ons weet nie altyd hoe uitlokkend sekere klere vir die manlike geslag is nie. Die ou mense het nie verniet vrouens van kop tot toon in lae en lae lap toegemaak nie! Die moslem vroue word nou nog so bedek, selfs met sluier en al. En die nonne!
Mooi kuite en bene is vir sommige mans die sexieste, vir ander die naeltjie, ens. So ‘n onverwagse glimpsie is vir ‘n man baie aantreklik. So byvoorbeeld is ‘n rok met ‘n spleet wat nou en dan ‘n stukkie been wys, nogal baie sexier as wat ons sou vermoed.
‘n Ou sal dink dat ‘n meisie wat baie uitlokkend aangetrek is, baie sexy lyk. Kyk bv. na die uitlokkende drag van meisies is motoradvertensies, sekere almanakke en manstydskrifte. Dit is egter nie te se dat hy daarvan hou dat sy meisie of vrou so moet lyk nie. Inteendeel, hulle hou meestal nie daarvan dat sy haarself so ten toonstel dat die ander ouens haar so kan sien nie, Is dit dalk omdat hy weet wat hulle dink? Die gemiddelde ou verkies ‘n meisie wat oulik aangetrek is, maar nie te wild nie.
Lekker slaap en liefde.
Ma
Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.
Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.Om deel 3 te lees, klik hier
Mooi geskryf!
Ek leer baie by die briefies.
Hoeveel hoofstukke het dit?
Hallo Leon, jy as man moet maar se as jy nie saamstem nie!
Hallo Gogga,daar is so 20-21 briefies, party lank , party kort.
Ek is nog aan die dink – gaan ek dit vir my dogter epos? Of gaan ek dit “print” en in boekvorm vir haar gee? Want sy en haar maats MOET dit gelees kry. Ek dink ek moet dit print as al die briefies geplaas is. Jy moet dit tog net nie van die internet afhaal nie – ek ken mal mense wat sulke goed oornag doen!!! xxx
As jy weet van iemand wat kan help met uitleg ens sonder om ‘n fortuin te vra, dan print ons dit! Ek wil dit al lankal doen. Maar oo gaats! Dalk stem jy nie saam met wat ek later gaan se nie!
kleredrag word anders deur elke man vertolk, wat vir die een n groot turn on is, is vir n ander dalk aggresief.
ja, dit is so. Maar te waaghalsig is om verskillende redes net nie cool nie.
Terug pieng: Ma, ek is verlief!(oftewel:Ma se seksboek) Brief 1: die oerdrang | Seegogga se Bloggie