Ma se seksboek. Brief 3: Superman en die trappies

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Behalwe dat ‘n man ‘n baie sterk seksdrang het, sterker as wat ons dalk vermoed, het hulle ook ‘n groot drang na prestasie. Hulle wil graag wen en hulle wil graag die einddoel bereik en hulle wil graag klaarkry- op alle gebiede. Daarom tree hulle soms oorhaastig op en besluit sommer vinnig oor ‘n ding en kom dalk later agter dat hulle verkeerd was.

So was Rupert, een van die deelnemers aan Survivor, so ernstig om hulle huis op die eiland gou klaar te bou, dat hy na niemand wou luister nie. Toe bou hy dit onder die grondoppervlak in plaas van hoer – met katastrofiese gevolge toe dit begin reen. Ons vroue sit weer ure en twyfel oor ‘n saak. Ons pluis elke ding in die fynste besonderhede uit en oordink alles haarfyn en nadat ons klaar ‘n besluit geneem het, twyfel ons dikwels nog steeds. Mans DOEN soms eers, dan dink hulle  en ons DINK ons eers lam voor ons doen!

Ek het eenkeer ‘n praatjie gehoor waar die (manlike)spreker gese het: Mans, luister tog na julle vrouens! Hulle het ‘n sesde sintuig en is waarskynlik reg!

Op seksuele gebied is die einddoel ejakulasie (saadstorting). In gewone taal se ons “kom”. Ek kry nog nie prentjies hier reg nie, dus moet julle gou iets teken. Teken gou ‘n klompie sig-sag trappies wat van links onder na regs bo loop. skryf onder die onderste trappie :VROU. Al langs daardie trappies trek jy nou ‘n reguit lyn wat ook van links onder na regs bo loop. Aan die bo-punt van die lyntjie teken jy ‘n pylpunt. Onder, by die begin van die reguit strepie van die pyl, skryf  jy :MAN. Heel onder die prentjie van die pyltjie het jy dus MAN en heel onder die prentjievan die trappies het jy VROU. Aan die bo-punt van albei prentjies skryf  jy die volgende woorde: seksuele vereniging. Julle sal sien dat die strepie van die man na die bo-punt baie korter is as die van die vrou, omdat hare ‘n klomp heen en weer strepies is soos jy die trappies geteken het.

Die man het ‘n drang om klaar te kry met die seksdaad en te ‘kom’,( hy wil dus soos superman sommer opvlieg) en vergeet partykeer van die baie trappies wat ‘n mens kan klim op pad daarheen.

In “Men are from Mars and women are from Venus” se John Gray dat mans aan die begin van ‘n verhouding stadig gaan omdat hy onseker voel hoe die dame gaan reageer op sy attensies. Soos die verhouding groei, wil hy egter vinniger by die einddoel kom, en hy weet nie dat dit juis die stadigheid is wat die vrou so onweerstaanbaar vind nie.

Die verhouding tussen ‘n ou en ‘n meisie moet egter wees soos ‘n babatjie wat eers sit, dan kruip en later loop en hardloop. Die kruipstadium is baie belangrik en as ‘n babatjie begin loop voordat hy behoorlik leer kruip het, het hy dikwels later probleme met koordinasie, of leerprobleme. Hy MOET  kruip en sommige kry selfs fisioterapie om hulle te leer kruip.

Die verhouding tussen ‘n ou en ‘n meisie of ‘n man en ‘n vrou het baie, baie trappies. Elkeen moet opgeklim word en ‘n rukkie by stilgestaan word om dit te geniet, anders gaan die wonder daarvan ongesiens verby en kan jy dit ook nooit weer terugkry nie. Jy kan te vinnig klim en dan is dit nie lekker nie of jy is spyt dat jy ‘n trappie gemis het. ‘n Paar voorbeelde van sulke trappies is:

Kyk vir mekaar en sien mekaar raak. Die Engelse se :”They are giving each other the eye”.

Ligte aanraking, bv skouers skuur. Ouens is lief daarvoor om  hulle vingers in die meisie se ribbekas e steek, konsuis om te kielie, of aan haar te stamp,bv by swembad, of so-iets.

Hande vashou.

Omhels.

Soen.

‘French kiss” – ondersoek met die tong. Daar is baie vorme van soen en hier kan lank stilgestaan word. ‘n Mens kan ure lank staan, sit of le en soen!

Soen op ore, nek en hals

Hande op die sitvlak.

Vasdruk van pubiese areas teen mekaar.

Bene in mekaar gestrengel.

Streel oor borste, tussen bene, eers met arms, bene dan met hande.

Ontklee.

Saam bad.

Streel van die hele liggaam met hande, die mond , tong en uiteindelik seks.

Hierdie trappies is vir ‘n vrou of meisie baie belangrik. Dit word ook ‘voorspel’ genoem. Die man geniet dit ook en dis vir hom lekker om te sien hoe sy vrou/meisie seksueel opgewonde raak.  ( VERVOLG……)image

Ma, ek’s verlief, oftewel Ma se seksboek, is nou in die handel beskikbaar. Koste slegs R 35 +posgeld van R15 =R50.

Om u kopie te bestel, sms u naam en kontakbesonderhede na 0845874228.

Om nog te lees, klik hier

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

9 Responses to Ma se seksboek. Brief 3: Superman en die trappies

  1. toortsie sê:

    Ja! en as jy weet jy nie gou sal kan trou nie, bv dat jy nog te jonk is, julle moet nog albei studeer… dit gaan ‘n laaaannnnnnggggggg verhouding wees, MOET DIE TRAPPIES BAAAAAAAAAIIIIIIIIIIIEEEEEEEEEE stadig geklim word! Die bybel waarsku dat ons nie die tamatie te vinnig moet rypdruk nie. En daar is beslis goed wat moet WAG!!

  2. olga sê:

    geweet dit gaan die wag werd weer. Sover stem ek nog saam. Verstaan nou die ‘doen’ deel beter. Wonder steeds hoekom hul so lui is om n besluit te bespreek VOORDAT hulle dit doen.

  3. Dis regtig goed geskryf!

  4. Olga sê:

    Feit soos n perd. Net vroue praat en wroeg oor n ding.

  5. Terug pieng: Ma se seksboek. Brief 2: Wat is aantreklik? | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s