Om te blog-of nie

Om te blog of nie- that is the question. Het ek iets te se? Ek lees Toortsie se inspirerende blogs en ek wonder wat ek hier doen. Jaaaa! Ek wil mos skryf! Maar wat? Waarom het ons so ‘n behoefte om vir die wereld te skryf? Is ek ‘n uiterste ekstrovert? Of is dit die woordkuns? Wat is die verskil tussen ‘n dagboek en blog? Skilder ‘n mens vir jouself of vir ander? Of albei? Het ander bloggers ook die wroeginge?  Het julle? Vertel asb!

Ek herinner my aan die outjie wat aan die pop idols kompetisie gaan deelneem het. Hy sing toe- so alles op een noot  en sonder enige ritme of enige gesigsuitdrukking- “you are always on my mind you are always on my mind” en se “actually I’m more into acting.” Well, miskien is ek actually more into painting?

Wees dus asb geduldig met my nederige pogings. Ek sluit af met ‘n gediggie, jare gelede geskryf, toe ek na ‘n wonderlike jaar op Stellenbosch, weer in Johannesburg moes gaan skoolhou.

Stellenbosch

Na die warrel deur gejaagde verkeersligte

en remme wat Johannesburg skree 

sit ek in die stowwerige skoolsaal 

in die personeelvergadering. 

En terwyl hulle reel oor bruinpapier en penne 

en die komende skoolkonsert, 

ruik ek die meisies in Victoriastraat 

hoor ek die klap van akkers in die stil Laan  

proe ek die soet laatoes op die Lanzerac stoep

voel ek die blou van die berglug in Jonkershoek…

Ek velang na jou!

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange). Bookmark the permalink.

8 Responses to Om te blog-of nie

  1. Baie welkom

    Dit is nogal opvallend hoeveel bloggers wroeg aan die begin waaroor om te blog. My raad is altyd, duik in en maak dit joune. As jy nie gaan skryf waaroor jy hou nie, gaan dit vir jou ‘n werk raak waardeur jy moet wroeg.

  2. Dion sê:

    Baie welkom hier! Dis altyd goed om nuwe geselskap raak te loop, al geniet mens die “regulars”. Moenie bekommerd wees nie – ek het beslis nie aan die begin geweet waaroor om te skryf nie, en somtyds nog steeds nie. Moet jou net nie laat afsit deur ander se menings op jou gedagtegange nie; ons is mos almal geregtig daarop om verskillend te wees! Voorspoed. 🙂

  3. Olga sê:

    welkom in blogland seegogga. Ek hoop jy gaan gou jou voete vind.

  4. seegogga sê:

    Dankie vir julle almal se bemoedigende woorde. Ek sal aanhou probeer. So algaande gaan ek seker regkom. Maar ek weet nie wat van die krappie geword het wat ek opglaai het nie en ek wil ook graag ‘n foto sit by die wereldtaal.

    • Krappie vir ‘n gravatar?

      Dit vat soms ‘n dag of twee. Maak net seker dat dit wel gelaai is.

      Kliek net op add picture (die icon langs video) en jy kan van daaraf jou prentjie laai. As jy sukkel, gooi my ‘n posduif (amaal3@gmail.com) en ek kyk of ek kan help.

  5. seegogga sê:

    Dankie vir jou hulp Zena! As ek nog nie reggekom het nie, gooi ek daardie posduifie na die langnaweek! Hoop julle almal het ‘n heerlike naweek met koppe vol idees.

  6. toortsie sê:

    dankie vir die kompliment!!!

  7. Gogga sê:

    Welkom welkom, hier in Blogland is praat koning, jy se wat jy wil en hoe jy wil, die wat van jou hou verstaan jou en die wat nie gaan weg, maar op die einde van die dag is dit jou gedagtes en ervaringe en sienswyse. Geniet dit

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s