Lui telefoontjie, lui!

Mmm! Die vreugde van kommunikasie! Wat sou ons tog wees sonder daardie lieflike kontak met ons medemens? En die heerlike geselsies van ‘n geliefde?

Hierdie skrywe kom uit die outyd, lank voor selfone, in die tyd toe ek ‘n deeltelefoon in Johannesburg gehad het.  Daar was mos nie genoeg telefoonlyne in ou Johies nie. Dus kon mens aansoek doen om ‘n deeltelefoon. Elke persoon het dan sy eie telefoonnommer gehad, maar terwyl die een op die telefoon praat, was dit beset vir die ander, en kon hy nie bel nie. As die lyn dan wel beskikbaar is, moes jy ‘n knoppie druk om dit jou telefoonlyn te maak, en kon jy bel- dis nou te se as die ander persoon nie voor jou besluit het om ook te bel nie. Ja, sowaar, in die groot moderne stad, Johannesburg, so 30 jaar gelede.

DIT GAAN SO GOED MET MY

Die telefoon (my telefoon) lui

en ek hoop, wens, bid dat dit jy mag wees

met jou growwerige stem wat vir my so mooi is

en jou oe daar aan die anderkant-

Ag, dat dit jy mag wees!

Maar dis Louis wat vra of daar pos is vir hom.

Dis Elfreda wat weer vergeet het om vleis uit haar vrieskas te haal. Sal ek?

Dis Cathy wat kla dat sy nie kan maer word nie en haar nek is so seer.

En dan lui hy weer-

dis jy!

Hoe gaan dit met my?

So ‘n paar jaar later, nadat ek ‘n jaar weg was, konnekteer die poskantoor toe mos my lyn verkeerdom. Al die telefoonoproepe vir die 2 jong manne wat onder my ingetrek het, lui bo in my woonstel en al my oproepe gaan deur na hulle telefoon toe.  Elke keer as die foon lui, moes ek hard op die vloer  spring, sodat hulle kon weet dat hulle moes optel. Hulle moes op hulle beurt weer die besemstok byderhand hou, sodat hulle teen  hul plafon kon  stamp as die foon by hulle lui, want dit was mos dan eintlik MY oproep wat op MY foon moes lui. En soos dit met telefone in Johannesburg gegaan het, het dit ‘n hele paar weke geduur voordat die poskantoor aandag aan die probleem kon gee.

Maar ek is baie dank aan Telkom verskuldig. So het ek toe mos my man ontmoet, ne! Hy was een van die latte wat in die woonstel onder my gewoon het en die dak met die besemstok moes bykom….

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange) and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Lui telefoontjie, lui!

  1. Ek onthou hoe ons tot Mei-maand moes wag om ‘n telefoon in ons studentehuisie te kry. Intussen moes ons maar kampus toe stap om by die tiekieboks te gaan bel (en dan wag en wag en wag as iemand koer-koer oor die foon).

  2. seegogga sê:

    Ja, die goeie ou dae! En daardie tiekiebokse het mos nooit reg gewerk ni- kort-kort jou geld gesluk!

  3. Olga sê:

    Ander kere weer het jy sommer ‘n uur lank gepraat met die eerste 20c wat jy ingegooi het. Deellyne kon soms nogal ‘n nagmerrie wees. Dit was soms pret om af te luister. Dan kraai die hoenderhaan en almal weet wie het afgeluister.

  4. seegogga sê:

    My ouers het altyd sulke wonderlike stories uit hulle jongdae vertel en dan het ek altyd gedink: ek gaan mos niks interessants he om eendag vir my kinders en kleinkinders te vertel nie! Maar kyk nou net! As ons nou gesels oor die ou dae sonder selfone en sonder sakrekenaartjies en sonder rekenaars, skud hulle hulle koppe in ongeloof! Op varsity mag ons meisies nog nie eers langbroeke gedra het nie, moes saans 8nm in die koshuis wees! En daardie telefoondiens by die tiekiehokkies!

  5. Terug pieng: trieng trieng… « Toortsie se Blog

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s