Liewe Leanie, Annika en Lienkie
Ja, ouens is dus dikwels meer sexy, meer fisies en meer liberaal. Hulle soek soms meisies net vir ‘n lekker vrytjie en kry gewoonlik ook een. ‘n Spreekwoord onder hulle is: “In elke bos rose is daar ‘n steek”. Menende: As daar ‘n groep meisies is, sal een van hulle wel ‘n los meisie wees (wat gesteek kan word). Soek en jy sal vind. Sommige van hulle speel dus soms rond en vlieg van blom tot blom soos enige betaamlike by en hulle vat wat hulle kan waar hulle kan.
Gelukkig is alle ouens darem nie ewe los van sedes nie. Maar vir hulle is hulle eie maagdelikheid nie so belangrik soos vir ‘n meisie nie. Hulle hou egter meestal daarvan dat die meisie met wie hulle wil trou, ‘n maagd moet wees. Hulle is nie mal oor “second-hands” nie.
As sekere “wilde” ouens egter die regte meisie ontmoet, sal hulle wel hulleself “commit”. So ‘n ou sal dan alles vir haar doen en selfs homself benadeel om vir haar die beste te kan gee.( die ridder).
Soms voel ouens baie diep oor hulle meisies. Hulle het lief, verlang en hulle harte word gebreek, nes ons s’n. Moet nooit hulle gevoelens onderskat nie en moenie met hulle speel nie. Hulle is mense net soos jy, met diep gevoelens en kry maklik seer.
Wees versigtig hoe jy trap.
Lekker slaap en baie liefde.
Ma
Die regte meisie laat die wildste man bedaar.
Ek weet nie daarvan nie… ek het nog nooit ‘n wilde man gedate nie… Heng… ek was so lank laas in ‘n verhouding… Ek dink as ek weer moet begin date gaan ek sukkel… Dis vir my bitter swaar om die dating ding van vooraf te doen. Mekaar leer ken, flirt, date en nagte omrol en wonder… hou hy van my… hou hy nie van my nie… ** ugghh **
Gee jouself genoeg tyd, Girl. ek is so bly dit gaan nou goed met jou. As jy eendag dalk in ‘n gelukkige verhouding is, sal jy terugdink aan die begin van die verhouding, en dink hoe lekker juis hierdie onsekerheid is waarvan jy praat.
ja, Olga. Dis seker waar. My man se ook so.
ek is en was maar altyd ‘n ou koekie…
Iemand het eendag verwys na ‘n klomp jong meisies as “degies” want hulle het nog nie besluit of hulle koekies of tertjies gaan wees nie, dit was vir my regtig snaaks, maar dit is maar altyd beter om ‘n ou koekie te wees, baie minder moeilikheid in jou lewe, lekker dag!
Degie! Goeie beskrywing. Tog snaaks, die ouens geniet die tertjies, maar soek ‘n koekie vir liefde. As mens dus wil he die ou moet bly, is ‘n koekie ‘n beter opsie.
hi Celia, lank laas van jou gehoor. Kan ek die degie storie in my boekie sit? dis kostelik!