Dis nou weer my Beurt!
Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf. Ons is geanker in die werklikheid, maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer. “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt. Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.
Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).
Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352
Seegogga werk baie hard, en net toe sy dink sy is klaar, hoor sy die krete. Die Rebusfonteiners gil en roep. Toortsie vat sommer ‘n sluk van Seegogga se wyn. Die volgende oomblik spoel die golwe oor die Goue Vroue en almal moet sink of swem. Una is ontsteld oor ontrouheid, Woordnoot val flou , Toortsie kan nie swem nie, en daar is konsternasie op die stasie.
Seegogga se superpowers skop in. SY SWEM!
Gou gou het sy al die goue vroue wat sy kon kry, op haar breë harde dop gelaai en swem sy na veiligheid.
Sy het mos nie verniet vir almal buffies gegee nie, dink sy. Sy het selfs vir hulle gedemonstreer hoe om dit te gebruik..
Maar sy besef nou dat sy nooit vir hulle vertel het dat ‘n mens dit kan gebruik om trane af te vee, seerplekke te verbind en as natlappie op die voorhoof te gebruik teen ontsteltenis nie. En ja, jy kan dit selfs as muilband gebruik om te keer dat verkeerde woorde uit daardie mooi mondjies kom!
Seegogga swem sterk tot op die wal. My aarde, maar hier is hulle mos op die kant van die Rebusfontein dam . Dit was glad nie so diep en gevaarlik soos hulle gedink het nie.
Sy klim uit op die wal en laat die brose goue vroue versigtig afklim. Sy hoop almal is hier.
“Kyk mense, ons is weer hier en veilig. Kyk, daar staan julle huisies in die sonnetjie. En kyk, daar staan tannie Frannie en wag vir ons!”
Seegogga tot ons redding!!!
Slaap jy nie in die nag nie? Ek sien nou jy het 4ure gelede gepost, toe was dit half twee! Is dit ons hulproepe wat jou nagmerries laat kry het?😉
Jy weet mos dat as die Goue Vroue roep, ons dadelik kom help. G’n wonder dat Seegogga nie kon slaap nie! Seegogga is ons held!
My prentjie het halfpad afgevee toe ek so te sê klaar was. Toe probeer ek op n ander manier. En net toe ek amper klaar is, toe skuif die krappie onder uit en al die figuurtjies hang in die lug. En toe sukkel ek ure om hulle net min of meer regoor mekaar te kry… maar red moes ek red!
Jy gaan dit nie glo nie, ek was so opgewonde om oor due reddingbre lees dat ek due krappie gemis het. 🙈
En jou orentjie is sooo mooi
Die buffies, ek kyk sommer weer met ander oë na hulle.
Die buffies! En Seegogga bo! Dankie, dankie, dankie! Ai dit was nou ‘n opwindende tussenwerpsel! Nou sal ek weer vir ‘n rukkie kan stilsit en mooi luister wat almal wil vertel. 😁
Ja jongie, ek staan steeds hier, met die praatstok innie hand en ‘n bek vol tande…
Dolsnk jy net wsb in jou huidie n broifjie ok het. Die goue vroue in honger!
😆
Kom ons probeer weer: solank jy net asb in jou huisie ‘n broodjie ook het. Die Goue Vroue is honger!
Toemaar ek het jou die eerste keer al verstaan.
Die eerste keervwas die rooiwyn en amper-verdrinktes nog ter sprake! 🙈
Heerlike opwinding!
So ‘n vinnige tussenwerpsel. Nou sal ons ons weer gedra … dalk …
😘
Onse Seegogga!! Dankie vir die raad met die buffies…..kyk, ek dink dis die mees onderskatte voorwerp van ons tyd. Nou bly een in die huis en een im my handsak. Ek het vanoggend my make up aangesit emt al die hare veilig onder die buffie……
Bly jy geniet.Ek dra myne sommer byna elke dag om my nek as ek uitgaan. Dan is hy daar as ek hom nodig het vir watookal.
Hier is ons besig met n storie in n storie lieflik
Een honderd persent Rebusfontein. 😁🥂
Netso. Ek het vandag al so gelag vir die goue vroue!
I l o v e this
Julle wen my, ek is nog aan die herstel, het heel die pad byster geraak.