Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm deel van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag word om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …
Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …
https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.
Seegogga glipgly die berg af. Dit was heerlik om onder die waterval te staan. Sy is mos mal oor water.
Sy kyk na Alsie se emmerskoplysie. Dis nogal baie dieselfde as haar eie.
Musiek met lirieke komponeer: Seegogga het dit al gedoen! En nou le die liedjie in die laai en wag om ontdek te word, want mooi sing is nie seegogga se sterkpunt nie. Mmm…Miskien moet Aalsie eendag die liedjie sing….
Kinderboek skryf! Ja Seegogga het al! Maar sy wil weer! Miskien kan hulle saam ‘n boek maak? ‘n Boek met wonderlike stories! En as hulle genoeg stories kry, maak elkeen sy eie boek!
Naaldwerk is nie seegogga se forte nie, maar sy sal die prentjies teken.
en dan: Italie besoek!
“Aalsie,Dames , ons het weer daardie silwer blitz nodig. Ek hoop julle goud skitter. Ons gaan teater toe!”
Seegogga kan haar opgewondenheid skaars beteul.
“Ons gaan Italie toe op die goedkoop manier, ne! jippie! ” gil sy – “Milano! La Scala !”
Die Silwer Blitz stop eers vlugtig in Firenze. “Ek moes net eers gou ou Michelangelo se beelde vir julle kom wys. Kyk nou maar vir ou Dawid. Lyk hy nie vir julle soos Lorenzo nie?” Die towerinne oe en aa. “Ek hou egter die meeste van die beelde wat so vasgevang is in die rowwe klip.” Maar daar is nie baie tyd nie. Milano wag.
“La Scala! Die beroemdste operahuis in die wereld! Dit was een van my emmerskop goed!” vertel Seegogga. ”Luister nou goed. Ek het vir ons staanplek kaartjies gekoop.. Dis goedkoop en word nie vooraf bespreek nie. Maar ek waarsku julle : Veg vir julle regte of….”
Die Goue vroue hoor nie die res nie, want die hek het oopgemaak en soos ‘n trop wilde beeste storm al die mense die trappe op tot bo. Die goue vroue is nie links nie en storm saam. Hulle sien sommer as hulle nie vinnig roer nie, gaan hulle nie plek kry nie.
Heel bo is daar sterk dwarspype waaraan mens kan vashou. Hulle kry lekker plek, maar dis nie lank nie of iemand stoot Aalsie so hard weg dat sy byna weer by die trap afval. Seegogga is nie links nie en le haar goue knypers in. Sy staan wydsbeen, en knyp links en regs almal wat haar en Aalsie se plek wil afvat. Die Italianers druk, maar die goue vroue het nou agtergekom dat hulle hulle stukkie pyp met ‘n ystergreep moet vashou. Elmboe het handige afskrikmiddels geword. En ‘n goue vrou laat haar nie afskrik nie!
Die Opera begin – La Boheme van Puccini. Die Goue Vroue word meegevoer deur die pragtige musiek die uitstekende choreografie. Maar wat se geluide hoor hulle?
Terwyl die uitstekende sangers sing, is daar mense wat hande klap, nog voor die areas klaar is! Daar is hier en daar iemand wat “boe!” skree. Daar is hier en daar iemand wat “bravo” skree. Daar is ‘n gedurige ge-shhh en ‘n gesis soos die een die ander probeer stilmaak. Die gehoor is alles behalwe stil, soos dit in ‘n Opera betaam! En tussendeur word die goue vroue die heeltyd weggedruk en moet hulle die heeltyd terugdruk om hulle staanplekkie ( en uitsig!) te behou. ‘n Mens kan nie help om te lag nie. Dis pret! Maar die einde van die opera, waar die arme Mimi sterf, het almal in trane. Dis soo hartseer en soo goed gedoen!
Na die vertoning is die towerinne effens uitgeput, terug na die silwer blitz.
”WOW Seegogga, Italie is nie vir sissies nie, ne!” Se Aalsie moeg, maar gelukkig. En wat is daarop jou lysie wat nie op myne is nie?”
“Wel, ek wou nog altyd Kilimanjaro klim, maar het nou besef dat ek liewer moet afkom aarde toe. Ek wil nog eendag van Waenhuiskrans tot op Struisbaai loop -seelangs en een nag in die duine slaap. Toortsie moet nog vir my vertel.
En ek wil daar wees as die olifante deur daardie restourant hier iewers in Afrika loop. Ja! En Gorongosa!
Ek wil nog leer kitaar speel en agapantus op my muur se pilaartjies verf !

En eendag wil ek nog ‘n boek skryf!”
“Ja? Waaroor? ” vra Christa.
Seegogga strek haar behaaglik uit. Sy dink daaraan dat sy al baie goed op haar emmerskoplysie gedoen het, en dat sekere goed, soos Kilimanjaro, nie meer belangrik is nie., want daar het ‘n paar ander goed bygekom.
“Oor ons!” se sy tevrede.
Nouja, Frannie, hoe lyk dit? Gaan jy ons ‘n bietjie meer vertel?
Uitdaging aanvaar…maar dit gaan ‘n rukkie vat, gee my so 24 uur, seblief?
ja, natuurlik, my middernagvriendin!
So bly jy het daardie lekker knypers gehad om die Italianers weg te hou. Dit was vet pret.
Dis was, ne! Gelukkig kon ons ons plek behou
Daai olifante! Sjoe! Wat ‘n gestoei en dit in die operahuis!
Dit was regtig so toe ek in 1977 na La Boheme daar gaan kyk het . Die choreograaf was Franco Zeffirelli( flieks: Romeo en Juliette, Jesus Christ, Tea with Mussolini ea) en die hoofsangers was Jose Carreras en Ileana Cotrubas. Maar mens besef nie dat dit vir die Italianers soos volksmusiek is en dat die sanger mense het wat betaal word om vir hulle te cheer en andersom nie. En ook nie dat hulle soos kinders kansvatters is nie. Ek was verstom. Dis veronderstel om doodstil en doodernstig te wees! Die opera, regie, dekor ens was pragtig.
Kan jy nou meer! Sjoe, jy was gelukkig! Dit moes ‘n wonderlike ervaring wees.
Toortsie, kan ek jou asseblief nomineer om volgende te skryf? (Hoekom is jy wakker?)
Ja. Jy kan. Op die oomblik is ek en snags nie maats nie. Dink ek slaap te veel. Vanaand wil niks saamwerk nie. Raak nie aan die slaap nie. Dan as dit amper gebeur, roep moeder natuur. Dan eers ‘n bietjie hoes. Dan begin ons van voor af. Mag net om sye lê en dit wil nie werk nie. So nou het ek boedel ingegooi en sit in die sitkamer en lees. 😊 Gaan dalk sommer nog ‘n klomp breidrade ook wegwerk. Gelukkig is ek mos in huisarres en kan môre my slaappatroon nóg meer deurmekaarfoeter met die wete dat niemand enigsins naby my voordeur sal kom loer wat ek maak nie. Sien, daar’s voordele ook aan Covid. 😂
Dankie, ek maak dan so – het egter nog ‘n dag nodig om te skryf. Ag foeitog, dis vreeslik om so in die nanag wakker te wees, maar jy doen die regte ding om eerder te lees as om rond te rol. Pas jou tog mooi op!
Dankie. Wees maar sag op my met jou lysie 😳😝
Sal so maak
Frannie, jy mag maar jou lysie opsit soos jy graag wil, hoor! 🙂
Netso!
Positiewe Toorts. Baie sterkte
. Hierdie Corinamouna is erger as Broodina.
Dit was.
Jose Carreras in lewende lywe!
Ek het eers uitgevind dis hy toe die 3 tenore so bekend raak en ek op n goeie dag weer die name op my programmetjie gelees het. Die programmetjie het ek jare gelede al geraam en dit hang in my badkamer.
Sjoe, dit is pragtig vertel, wat ‘n belewenis. Jou knypers red darem altyd. Die olifante? Lyk verskiklik pragtig, ek wil op geen manier naby wees nie. En tog dink ek dat ek enige iets sal doen om dit wel te beleef!
Ja ek wil daar agter due toonbank staan en bewe!
Ek ook, dit is nie asof die toonbank die olifant kan keer nie. Ek sal beslis eerder op die dak wil wees. Maar, Seegogga, daai baba wat leer trappies klim is baie oulik.
Ja dierbaar. Nee, agter d toonbank! Bo is kroekens
Daai is waar, maar daardie slurpe van hulle kan my maklik daar uithaal en op hulle rug sit om weggedra te word.
Ha ha!
Klink soos ‘n storie vir die Goue Vroue …
Seegogga,dankie vir die voorbeeld en die inspirasie! Maar veral dankie vir die Italiaanse teaterbelewenis( en dat jy jou oor my ontferm het). Jy weet mos, ek is mál oor drama. Ons sal enige tyd weer saam met jou La Scala toe gaan!
Dalk raak jy beroemd met jou sangsolo en kry jy kans op die verhoog, daar in La Scala!
Seegogga! Ek het al agtergekom jy het ‘n goeie verbeelding😆
https://youtu.be/NdTII_unZSA kyk hier Christa en almal wat mal is oor olifante, sois ek.
Jammer. Hier is die regte link.
Jy vat ons Italië toe, ag hoe heerlik! Nou is ek absoluut in my element, Seegogga.
Ja ej mies Aaksie se droom help waar word. Es was al 2x daar maar wik si graag my man een dag neem
Terug pieng: Wat my help met covid – prakties – toortsie.com
Dis ook nogal n plek wat ek graag sal wil beleef….
Ek het met trwib van Florence na Milaan tiw fwgaan uitslyitlik daarvoor. Tie ek daar kom het hulle nie n show nie! Toe kyk en mooi die datums, gaanbterug Florence toe, en gaan toe 2 dae later weer, en het dit toe so beleef.
Amazing…
Bly jy kon uitmaak! Ek sal foute regmaak sodra ek kans kry
Terug pieng: Emmerskoplysie 7 – toortsie.com
Die opera klink lekker gesellig hoor. Die olifante is te oulik
Terug pieng: Na die maan – toortsie.com
Terug pieng: Rebus, hier kom ek! – toortsie.com
Terug pieng: Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein – Dr. Christa van Staden
Terug pieng: Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein – Dr. Christa van Staden