GOUE VROUE EN DIE ROOI KONINGIN Hoofstuk 8

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar.
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur. Om myne te verstaan, moet jy dalkies het eers die ander hoofstukke by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/18c42a9034594a66af50994043145ea6 gaan lees. Jy sal nie spyt wees nie …

Seegogga hoor die vrolike gelag van die Goue vroue. Sy sien die pragtige rooi koningin saam lag. O, sy is pragtig as sy so lag!

Seegogga kyk verby die stywe kroon en die korset en die hoë troon en sien ‘n pragtige jong meisie met ‘n wye swaaiende rooi rok  en sterre in haar oë en ‘n warm koringland en warm son. Die wuiwende koringare wieg saggies heen en weer.

Sy begin teken – geel koringare, ‘n dansende jong meisie wat duidelik verlief is, groen bome, blou berge, en tussen die bome ‘n ruiter op ‘n wit perd wat aangery kom. Verderaan teken sy dieselfe ruiter van naderby. Hy buk af om die jong meisie met sy arms op te tel op sy pragtige wit perd.  Hulle omhels mekaar. Hy hou haar styf vas, maar voor dat hulle kan wegry, skeur die aarde voor hulle oop…..

Seegogga teken en teken en teken. Sy teken hoe die kwaai groen mannetjie se oupa jaloers die ruiter agtervolg. Hy was natuurlik nog jonk en self verlief op die pragtige koningin, wat toe nog nie ‘n koningin was nie, maar ‘n eenvoudige jong verliefde meisie, in die arms van haar ridder.

Sy teken hoe die ridder gevang word deur die nare rooimiere en vasgebind word en uitgewerp word uit die tonnel. Sy teken hoe die pragtige meisie alleen en verward opgesluit word in ‘n eensame sel en hoe die miere net vir haar suikerkorreltjies bring vir ete. Sy teken die nare mannetjie wreedaardig glimlag – nou het hy die meisie vir homself. Hy maak haar die koningin, maar sy wil nie die koningin wees nie. Sy hou nie van die groen mannetjie nie. Sy verlang na haar ridder en wonder hoekom hy haar nie kom red nie.

Geleidelik begin sy van hom vergeet. Die suikerkorreltjies benewel haar brein. Sy vergeet van sy sterk arms, die warmte van sy lyf, die goue strale  van die son, die goue koringare. Sy sien net haat en nyd. Sy word maer en gespanne en kwaai. Sy sien heeltyd hoe almal wat hulle eie idees het( nes popcorn wat nie wil spring soos hulle aangesê word nie,) se koppe afgekap word.

Seegogga se goue knypertjies teken sommer vanself en haar prente laat die ridder verstom staan. Hy het nie geweet dat sy arme prinses so swaar gekry het nie! Positief, met haar goue intuïsie, sien die veskillende emosies op die kwaai ridder se gesig. Sy weet dat hy deur diepe pyn getref is – die pyn van verraad, van wanhoop, van onbeantwoorde liefde.

Sy stap nader: “Alles wat ‘n mens sien, is nie altyd die waarheid nie. Alles wat verdwyn, is nie altyd onherroeplik weg nie. Kyk diep” fluister sy saggies vir die ridder “Soek na die suiwer goud.”

Die ridder word ligter en groter. Sy oë word helderder en sagter. Hy sien  die koningin met haar helder laggie, die effense weemoedige trekkie, en die eienaardige goue vroue wat haar omring.

Hy voel hulle liefde en warmte en weet instinktief : Hulle is van egte goud, nie klatergoud nie. Hulle sal sy geliefde beskerm en bemoedig. Hulle hou haar nie gevange nie.

Hy sien ook uit die hoek van sy oog ‘n rooimier en ‘n eienaardige pikkewynmannetjie , wat krimp en krimp en krimp. Die mannetjie probeer ongemerk wegsluip.

Net voor hulle heeltemal verdwyn, gryp hy hulle en hou hulle styf in sy hand vas. “O! Jy wou my koningin steel!” Sê hy vir die mannetjie.

“Nee, dit was my oupa!” sê die mannetjie verskrik. “Ek doen maar net wat ek al die jare aangesê is om te doen!”

“Wel jy was verkeerd. Weet jy nie dat die liefde hom nie laat hiet en gebied nie? Kyk net al die jare se ongeluk wat my arme prinses moes verduur? Kyk hoe maer is sy, hoe gespanne! In die buitenste duisternis met jou!”

Die goue intuïsie van Positief laat haar weer nader tree -” Hy het maar net gedoen wat hy aangesê is – sonder dat hy sy eie dinke gedink het, sonder dat hy aan die nagevolge gedink het – wees hom genadig, asseblief”.

Die ridder se oë versag. Hy los die klein pikkewynmannetje en verberg sy gesig in sy hande.

“My geliefde”, snik hy. “Ek moet bieg dat ek jou al die jare valslik veroordeel het. Ek het self nie van die wonderlandstorie gehou nie, want ek het gedog dat die koningin van harte harteloos was. Vergewe my, hoe kan ek regmaak?”

Frannie, Seegogga se goue middernagvriendin,  knyp haar broodjie met die goue munte styf onder haar arm vas, en stap nader. Sy tik die ridder saggies op die skouer. Met ‘n vriendelike glimlaggie, sê sy saggies: “Hierdie storie is nou baie ver van die wonderland storie af, maar ek sal jou help. Kom!”

Frannie, help die ridder regop  en gee hom een van haar goue muntstukke. Toe vertel sy vir ons die storie verder.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein. Bookmark the permalink.

23 Responses to GOUE VROUE EN DIE ROOI KONINGIN Hoofstuk 8

  1. Ai, watter heerlike wals! Onbeskaamd romanties…nes ek daarvan hou ❤ Sal nou eers ernstig moet gaan navorsing doen, liewe Seegogga, maar baie dankie vir die benoeming, ek sal my bes probeer…

  2. Letty-Ann sê:

    Seegogga,wat ‘n wonderlike wending!Jy het nou die deur wawyd oop gemaak vir baie nuwe gedagtes.Mooi geskilder!

  3. Una sê:

    Pragtig geteken en geskryf, Seegogga. Ek is nou skoon in vervoering oor ons storie.

  4. Toortsie sê:

    Seggogga! Dis sooooo mooi! 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻❤️

  5. Seegoggga, geweet jy gaan dit so perfek verder skryf. Ek is lekker opgewonde oor ons nie-Alice storie. Self het ek Alice nooit gelees nie. Wel ‘n fliek begin kyk, maar het my nie ingetrek nie en gelos …. Hierdie storie trek my

  6. Positief sê:

    Pragtige liefdesverhaal. Jy gaan daai prentjies op die tonnel-muur moet oorskilder sodat ons dit almal kan sien

  7. Positief sê:

    Ek het jou storie gaan link, ek het gesien dit was nie daar nie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s