Die Towerinne en Coronamouna: HOOFSTUK 1

Hier is die eerste hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9

Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te

NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is:

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

coronamona hoostuk 1 001

“Kom ons gaan Rhebusfontein toe!” Seegogga praat met bravade . Sy het nou genoeg gehad van Covid watookal. Al meer berigte doen ook die rondte dat die siekte dalk mensgemaak is. Sy wonder wie dit kan wees wat so gemeen is.

Toorts is dadelik entoesiasties. Sy het mos ‘n permit – en alreeds ‘n polisie-rekord. Wat kan sy dan nou nog oorkom? Buitendien deel sy Seegogga se bekommernis oor haar Rhebusfonteinhuisie en ook die vooruitsig van avontuur.

Toorsie wil sommer die volgende oggend 5vm wegspring, maar Seegogga het gewoond geraak om eers so 10vm op te staan tydens die grendeltyd.. Agt uur die volgende oggend val hulle in die pad. Toortsie ken al die plaaspaaie en agterpaaie en hulle ry sonder voorval tot so duskant Jacobsbaai, toe daar skielik ‘n mannetjie met ‘n uniform uitspring en hulle tot halt roep.

Seegogga sak dadelik terug in die sitplek en begin hyg. ” Ek is op pad hospitaal toe! Ons het reeds gebel” sê Toortsie en hulle sien hoe die dapper verkeerskonstabeltjie verbleek. Toorts wil vir hom van haar heerlike kaaskoek gee, maar die mannetjie skud sy kop wuif hulle haastig weg met ‘n vermaning dat hulle veilig moet ry.

Die res van die pad vlieg verby. Rhebusfontein lyk pragtig soos altyd in die laatmiddagson. Hulle pak gou af en vaar die kombuis in. Daar staan sowaar nog ‘n botteltjie Franjeliko langs die wasbak.

“Dis snaaks” mymer Toortsie. ‘Ek is byna seker ek het alles in die spens weggepak. En die bottel was nog nie oopgemaak nie. Maar hierdie een is halfpad – en kyk hier le die shotglasie in die wasbak. Kan die waar wees? Was hier ‘n inbreker in haar Rhebushuisie? Ons deursoek die huis maar kan niks verder verkeerd sien nie..

“Jy seker maar net vergeet Toorts. Ons was ook so lanklaas hier”, maar Seegogga se hare rys. Die tweetjies laat hulle egter nie afsit nie. Met ‘n glasie Franjeliko en Toortsie se heerlike banting southappies en kaaskoek gaan sit hulle op Seegogga se blou stoepie in die laaste lig, en neem gou ‘n selfie wat hulle op die Dameskringwhatsup groep sit. ” Kom! Rhebus is leeg sonder julle!”tik hulle onderaan.

” Jy weet, vandat jy dit daardie eerste keer genoem het, dink ek altyd aan dameskring as dameskroeg!” lag Seegogga.

Die volgende oggend stap die twee in die pragtige straatjie af tot aan die rand van die bos. ‘n Entjie verder skyn ‘n sonkolletjie deur die bome . Onder groei die mooiste varings en blomme. ” Kyk hoe mooi! ” fluister Toortsie. Die twee stap nuuskierig nader. Die opening tussen die bosse lyk soos ‘n paradys. Eenkant is ‘n blou poeletjie tussen mosbegroeide rotse en weggesteek tussen die bome sien hulle die buitelyne van ‘n mooi houthuisie.

” Wie sou daar woon? Kom ons gaan klop”, sê Seegogga. ” Ek is doodseker dis baie gawe mense want kyk hoe mooi het hulle alles gemaak!”

“Help! skree Toorts en begin terughardloop. “SSSSPINNEKOP!”

‘n Groot swart spinnekop het reg voor haar voete uit die boom geval. Seegogga wikkel haar beentjies om by te bly. Gelukkig is Toortsie ook nie so vinnig nie , maar die twee doen hule bes om so vinnig moontlik weer uit die bos te kom.

Skielik stop Toortsie. “Kyk daar!” sê sy saggies. Agter die een Rhebushuisie sien hulle ‘n donker skaduwee van iemand wat gebukkend vooroor sluip

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories, rhebusfontein and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

49 Responses to Die Towerinne en Coronamouna: HOOFSTUK 1

  1. Hier is jy alweer in die middernagtelike ure bedrywig! MAL oor jou skets van jou mooi huisie, weet net nie wat Toortsie van daai spinnekop gaan dink nie 😀

  2. En die verhaal skop af in pure Towerinstyl met witleuentjies om die owerhede om die bos te lei, drankmisbruik gedurende lockdown, nuuskierigheid wat definitief net kan lei tot onheil, ongediertes wat pla (hoe groot was die ou spinnekoppie?) en “n onheilspellende teenwoordigheid in Rebus fontein. Puik afskop Seegogga! Ek kan nie wag om te sien hoe die Towerinne gaan reageer op hierdie nuus nie.

  3. Aaa, ‘n heerlike begin aan ons storie! Ek gaan so ‘n rukkie wag voor ek registreer, want ek wil eers die ander kans gee om te skryf, sodat dit my denke stimuleer… tans sonder my muse. Sy het Corona.

  4. Una sê:

    Toortsie het jou sekerlik weggehandloop, Seegogga, met diè dat sy in berge boer en sodoende polosierekords opdoen?

  5. Una sê:

    WoordNoot hou Doom iewers in haar huisie aan, sy is altyd paraat.

  6. Kameel sê:

    Nou wonder ek of ek nie maar daardie whatsapp bdskp sal ignoreer nie. Perdebytjie se goggas in haar tuin gee my klaar die horries. Lekker afgeskop Seegogga.

  7. Daai was sweerlik ‘n plastiek spinnekop om ons twee agies aan hulle vrees neusies rond te lei….hehe. Lekker Seegogga. Wonder of die sluiper en frangelicodief Coronamouna is…📚✏🤗😉

  8. Toortsie sê:

    Hier is nou die bewys: Ver van jou goed, naby jou skade. Dat iemand nou sowaar in my jaste krap agter my DRANK aan!
    Naar hoor hier, ons het kekker gelag toe daardie verkeersman ewe my koors wou meet. Hy staan twee meter van my af en hou sie masjientjie in die lyg. ‘Twenty four’ sê hy. Lyk my ek het koue koors en Seegogga was reeds erg siek! 😂🥂

  9. woordnoot sê:

    Ek sal ook deelneem…gee net n Klein kansie

  10. Ooo genade as toorts se koors 24 is het sy haarself koud geskrik….hiers n ding

  11. Ag wonderlik! Pragtig geskryf, ek sien dit sommer. Lyk so mooi soos hier by ons. Kan nie wag vir die volgende een nie. Toortsie, daai sounnekop gaan my ook laat hardloop

  12. Dankie! Ek wil tog vra, is die skadufiguur waarvan Toortsie praat nie dalk Antjie Somers nie?

  13. Sjoe, het op die punt van my stoel gesit en duime vas gehou dat daar nie probleme kom eerste met die mannetjie langs die pad en toe die spinnekop en nou nog n skaduwee wat rondsluip nie. Lekker afskop seegogga.

  14. sonell sê:

    Jammer julle… Daai spinnekop kom moontlik van my huis af… Ek was te lanklaas op Rebus. Ek is op pad!

  15. Terug pieng: Die Towerinne en Caronamouna Hoofstuk 6 – toortsie.com

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s