Lockdown moedersdag

20200220_163352

Ten spyte daarvan dat die lewe soms hard is, is daar altyd rede om te glimlag!

2020 is beslis ‘n jaar van eerstes. Wie sou in sy wildste drome ‘n grendeltyd vir 2020 kon uitdink? Het enigeen van julle al voorheen ooit so ‘n lockdown beleef?

Aanvanklik het ons dit positief met allerlei vrolike idees aangepak. Kamp in die agterplaas, straatbraaie met die bure, vrolike grappies ens. Ek lees van ‘n ooievaarstee in die grendeltyd, waar die toekomstige mamma se vriende vir haar ‘n hoop pakkies by haar voorhekkie gelaat het.

Maar hoe langer die grendeltyd aanhou, hoe meer depressief raak die facebook boodskappe, die nuus en die algemene gevoel oor die ekonomie, die regering se onvanpaste beperkings en veral die negatiewe reaksies op die verbod op sigarette. Ons kan dat dit ons onderkry. Of ons kan doelbewus konsentreer op die positiewe en vrolik wees. Daar is steeds soveel om voor dankbbaar te wees. Kom ons konsentreer daarop.Kom ons lag ten spyte van swaarkry!

Ja, daar is regtig in hierdie lockdowntyd rede om fees te vier. Sondag is MOEDERSDAG! Dit kan ‘n dag wees soos geen ander nie!

Dit is ‘n dag om jou Mammie te laat geliefd voel , en in hierdie spesiale tyd is dit ‘n kans om haar te verras op ‘n oorspronklike manier waaraan jy dalk nog nooit voorheen gedink het nie. Dit hoef geen geld te kos nie, want wat ‘n mamma wil hê is ‘n bietjie tyd en waardering. Maak hierdie moedersdag ekstra vrolik en spesial vir jou ma!

Kinders en Pappa tuis het baie ekstra tyd om mooi kaartjies te maak, spesiale ontbyt uit te dink en dalk die tafel of skinkbord mooi te dek. Wat van ‘n skattejag as julle dalk tog vir haar ‘n verrassing erens het? Dit kan selfs net ‘n blommetjie uit julle eie tuin wees – of ‘n paar koekies wat jy self gebak het.

Kinders wat reeds uit die huis is kan natuurlik ‘n whatsup video call maak, kort- kort ‘n vrolike herinnering met ‘n whatsup boodskappie versend wat vertel hoekom jy die dag vier. Om presente of blomme af te lewer is dalk moeilik, want dit is mos Sondag en coeriers is waarskynlik toe. Maar wat daarvan om ‘n wegneem ete vir haar te bestel as ‘n verrrassing? Wat van ‘n e-moedersdagkaartjie? Nog ‘n moontlikheid is ‘n kaartjie vir ‘n e- konsert of ‘n inskrywing vir ‘n goedkoop aanlynkurses.

Het jy nie meer ‘n moeder nie? Dalk kan jy ‘n telefoonoproep maak na ‘n paar ouerige persone wat alleen woon? Jy maak dalk net hulle dag!

Ek daag almal uit om hierdie moedersdag so vrolik en betekenisvol as moontlik te maak. Versprei die vreugde!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Kossies vir 'n seegogga en ander resepte, Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Lockdown moedersdag

  1. Mooi moedersdag vir jou!

  2. Toortsie sê:

    Dankie vir jou positiewe wenke!

  3. Toortsie sê:

    En ek bly mal oor jou pragtige skildery.

  4. Terug pieng: Positiewe grendeltydmoedersdag – toortsie.com

  5. Jy is reg, daar is nog baie rede om te celebrate en ander te laat special voel…

  6. Terug pieng: ‘n Geskenkpakkie – toortsie.com

  7. Terug pieng: Covid-vakansie – toortsie.com

  8. Terug pieng: Die arme rooi – toortsie.com

Laat 'n boodskap na seegogga Kanselleer antwoord

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s