die misterie van die vervalle biblioteek

Hierdie inskrywing vorm deel van ‘n bloguitdaging wat ‘n groep dames, bekend as die towerinne van Rebusfontein, uitdaag om ‘n storie saam vertel.

Jy moet eintlik die vorige 10 hoofstukke (dit is nie so lank nie) lees om myne te verstaan. Kliek HIER kliek om die verhaal van die begin af te lees.

Die tonnel is klam en benoud.

“Julle, ek kan nie meer nie – ons moet nou omdraai!” Positief ril en haar stem bewe..

“Ek stem!” koor Hester en Kameel agterna.

“Nooit!” sê Seegogga en Toortsie gelyk.

Seegogga loop sommer vinniger vorentoe. “Daar moet erens nog ‘n uitgang wees!”

“Hou net moed ouens,  Daar is lig aan die einde van elke tonnel.  Ek is seker ons sal hier uitkom” Toortsie se stemmetjie klink maar dun.

Sy het skaars klaar gepraat, of Virgo maak haar stil. “Sjuut julle! Luister daar!” Ons staan almal doodstil. Dan hoor ons dit: Die veraf gefluit van ‘n voëltjie.

“Dit beteken mos hier moet erens lig wees! Voëls fluit nie in die donker nie!” sê Perdebytjie .”Kom julle!”

Almal strompel so vinnig as wat hulle kan, vorentoe. Scrapy laat haar  selfoonliggie dwaal oor die klipwande van die grot en is so ernstig besig om te soek na ‘n opening, dat sy struikel. Vuurvliegie en Woordnoot gryp haar vas voor sy val, maar die selfoon spat uit haar hand uit en lê liggie na bo in die stof.

“Kyk daar!” Christa wys  na die liggie se straal bo teen die dak. Daar links!” Almal staar na die donker gat. Dit lyk sowaar of daar kliptrappies daarheen lei. Die gat lyk egter vir almal te klein en te nou vir ‘n mens om deur te gaan.

Seegogga is die kleinste, en besluit om te gaan onderoek instel. Dit IS trappies! Die gat is sowaar nog ‘n tonnel  – nou, maar tog begaanbaar. Sy skuifel versigtig vorentoe .. en toe.. “Eureka!” roep sy af ondertoe. “Kom julle!”

Voor haar lê ‘n pragtige groot saal, skemerig, maar   verlig deur helder sonlig wat  deur die ruie plante by die opening na binne stroom. Aan die eenkant is daar ‘n blink poel  water, met gladde plat klippe. Die wande van die rotse is mosbegroeid en pragtig. In die een hoek is daar iets wat lyk soos ‘n tafeltjie – ja! Dit moet wees – ‘n Rowwe plank op twee boomstompe en op hom staan ‘n kersblaker met ‘n uitgebrande kers. Alles is baie vol stof. Hier was duidelik baie lanklaas iemand.

“Iemand het eenmaal hier  gewoon of dalk geskuil”, ek voel dit.”sê Una beslis. “Kyk – hier op hierdie klip lê   kwassies  en ‘n paar buisies waterverf. ”

“En hier lê twee skilderytjies!”  Woordnoot vat die twee stowwerige papiere en bekyk dit krities. “Mmmm  nie watwonders nie – lyk of dit baie vinnig gedoen is. Maar dis lyk mos na Sophia!

rhebusfontein 002.jpg

“En dit is mos Charlotte, dan nie? Wel, wel, wel….!”rhebusfontein 001.jpg

Die towerinne  kloek effens geskok om die twee skilderytjies.

“En hier in die donkerste hoek is ‘n ou donskombers! Sjoe, bo stukkend van ouderdom, maar dit is mooi netjies opgevou.” Dis Hester was saaklik verder soek.

Wie sou hier gebly het? Was dit dalk Leonard en Sofia se liefdesnessie? Of dalk Charlotte en Joseph s’n? Dis hulle seuntjie Thomas se prentjies wat teen die mure van die tonnel hang.

Die towerinne soek oral rond, en kry op ‘n kliprakkie ‘n vroue stola van ragfyn deurskynende swart kant en om die rante met die hand omgesoom met die fynste, mooiste  stekies.

“Dit lyk so….. mmmm……verleidelik . Die Camilla in my sou hierdie kantlappie goed kon gebruik!” Kameel streel bewonderend maar versigtig oor die sagte kant.”Ek wonder nou…was Joseph ooit Charlotte se enigste liefde? Wie sê sy was nie dalk tog ‘n prostituut nie? Of dalk net ‘n los meisie nie? Sy het geen probleme gehad om ‘n verhouding met ‘n getroude man te hê nie. En daardie skildery!”

“Sy lyk tog….gaaf” sê Una versigtig.

“Die feit dat Mev Marks die ouma  van Thomas is, laat my ook wonder”. Vuurvliegie se joernalis neus ruik nou behoorlik lont. ” Wie sê mev Marks het ooit haar van verander? Wie sê Charlotte is nie ook ‘n produk van ‘n  vebode liefde nie? Dink nou net:  Mnr Hardy-hulle  was eens baie vermoënd. Hulle het mev Marks as jong getroude meisie as kok in die kombuis. Mnr Hardy en sy raak verlief en sy raak swanger.  Hy verloor sy vrou en al haar geld, Mev Marks  kry ander werk en sorg dat Hardy  ook daar werk kry sodat hy naby haar kan wees. Aanvanklik gaan dit goed, maar….” Vuurvliegie se oë blink van opgewondenheid.” Ons sal nog in daardie dagboek moet gaan lees”

Toe almal  klaar alles bewonder het, tree hulle versigtig na buite. Aah! Sonlig! Heerlik!

Voor hulle lê ‘n pragtige ruigbegroeide klofie, met daaragter ‘n berg.

“Hoekom lyk dit dan so bekend?” Toortsie knip haar oë teen die skerp sonlig. “Kyk daar is ‘n waterval! En daar ook!”

“Dit is mos dieselfde as die skildery!” Trommeltjies is baie opgewonde.”Ek sê julle daardie watervalle het iets met die saak te doen.”

Hester trek skielik haar asem skerp in.. “En hier is deel van die tragedie, ” sê  sy saggies.. Onder ‘n oorhangende klip  lê daar wit beendere . Dit is twee witgebleikte geraamtes. Almal gil en ril. ” Ek is bang!” Positief kerm saggies.

Vlenters klere hang nog hier en daar om die geraamtes. Op ‘n klip langsaan  blink ‘n goue sakhorlosie wat uit die stukkende baadjiesak geval het.

20191020_173406

 

Tannie Frannie buk versigtig vorentoe en tel die holosie op. ” mmm 18 karaat. “En hier is geen wysters nie.” Sy knip die horlosie oop. Binne is ‘n naam gegrafeer: Leonard Anglewood. Op die teenkant is ‘n verbleikte foto: “Maar, maar dis nie van Sophia nie, dis mos…dis mos Charlotte hierdie!” Tannie Frannie vryf versigtig die stof af.  “Hier staan nog iets gegrafeer:  ‘Ware liefde is tydloos’.’

“Ag, hoe hartseer!” snik Kameel. Una probeer haar troos , maar haar oë is ook vol trane.

Sal jy ons asseblief verder vertel Hester?

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie, feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

71 Responses to die misterie van die vervalle biblioteek

  1. Toortsie sê:

    Leonard? Charlotte? Uhm …

  2. Toortsie sê:

    Seegogga! Jy kán skryf! Wat ‘n mooi episode.

  3. Sjoe! Sjoe! Seegogga, nou het jy jouself oortref. Charlotte en Leonard. Twee geraamtes. Joseph en Leonard? Ek sal my vulpen in die skryffontein moet gaan dip. Dis goed gedoen, uitstekend, Seegogga. Het jy die sketse van Charlotte en Sophia gedoen?

  4. Kameel sê:

    Wow Seegogga dis pragtig geskryf… en daardie tekeninge. Ag toggie ek hoop nie dis Leonard wat dood is nie… ek voel sommer nou rêgtig hartseer. Liewe daardie Charlotte is omtrent ‘n karakter. Mev Marks en Mnr Hardy maak sin. Maar nou verdiep die misterie rondom Leonard. Hester beter vinnig lig werp!!!

  5. Toortsie sê:

    Jy gaan geld maak met daardie skolilderye. 😁

  6. Wow Goggie jou skilderye en storie is beide puik gedoen. Regtig puik!!

  7. Die skilderye van Sophia en Charlotte het hulle persoonlikhede vasgevang – watter wonderlike talent het jy tog, Seegogga! Vroeg op ‘n Maandagoggend wat waarskynlik ‘n snikhete, besige riller van ‘n dag gaan word, het ek nou so lekker in ons storiewêreld rondgedwaal dat ek sommer moed het vir die dag ❤

  8. Sjoe! Dit is perfek saamgevat en verder vertel. Opgewonde. Wie se geraamte sou by syne wees?

  9. Una sê:

    Heerlik! Kyk hoe vinnig vorder ons storie nou. Seegogga, jy het my omtrent meegevoer, en soos Frannie sê, ń Maandag oggend opgelig.

  10. Toortsie sê:

    Lorenzo en Camilla! 👀

  11. Toortsie sê:

    Waar is die deskundiges? Is dit twee manne se geraamtes of is dit ‘n man en ‘n vrou?

    • seegogga sê:

      Onseker Toortsie. Onthou ook dat die bespiegelinge oor Mev Marks net bespoegeling is. wAARSKYNLIK WAS SY ‘N JONG WEDUWEE. hAAR MAN HET IN DIE OORLOG GESTERF. oNS SAL DIE GESLAGREGISTERS EN DOODSERTIFIKATE MOET FAGAAN ONDERSOEK. Moontlik is daar nog ietts daarvan in die biblioteek.

  12. Positief sê:

    Uitstekend geskryf Seegogga, ek sou wraggies nie beter kon nie. En jy is talentvol boonop met die waterverf.
    Ek wonder hoe hierdie storietjie van ons gaan uitdraai?

  13. Seegogga, skilder met verf en woorde. Hierdie is uitstekend, en beslis ons groot avontuur! Bravo. Sterkte en inwohende muses stuur ek vir Hester aan.😉

  14. Sjoe Seegogga, jy het dit nou pragtig vertel. Jou skilderye is asemrowend mooi!

  15. woordnoot sê:

    O my word, ons ontdek elke keer nuwe goed….dalk moet ons almal maar met die waterval afgly en deur swem? Ons kan ‘n human chain vorm om seker te maak almal land veilig???

  16. Seegogga jy is ń baie talentvolle towerin, pragtige skilderye en ń bo baas vertelling. Ek raak nou vrek benoud, ek gaan weg hol.

  17. Terug pieng: Nog geheime onthul – toortsie.com

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord