(Die prentjie by hierdie storie is gesensor deur die publikasieraad)
Eendag lank gelede was my kindertjies klein – en hierdie mamma, ‘n baie besige huisvrou (en deeltydse vryskut koerantverslaggewer) was iemand wat nie heeltemal oral kon uitkom nie. Die kinders was heel gelukkig en redelik goed versorg, die huis redelik in orde, die wasgoed meestal skoon en gewas, maar ai, vir daardie netjies opvou en wegbere was daar net nooit tyd nie.
So hoop die wasgoed dan op op die spaarkamer se bed, tot die klerekaste leeg is, en dan word daar vervaard opgevou en weggepak – tot volgende keer.
Een goeie oggend besluit hierdie mamma om vinnig te stort en skoon aan te trek– die kinders en die bure se kinders speel heerlik buite agter in die tuin.
Klaar gestort, ontdek ek dat daar nie ‘n enkele pantie of bra in die laai oor is nie. Hulle lê almal in die spaarkamer aan die ander einde van die lang gang. Om daar te kom, moet ‘n mens verby die deur na die sitkamer met sy groot vensters loop , asook verby die kort dwars gangetjie wat na die voordeur lei. Ek besluit om sommer in evasgewaad te gaan, want die kinders is buitentoe, die voordeur is toe en ek sal so vinnig verby die deur na die sitkamer met sy groot vensters gaan dat niemand my sal kan sien nie.
Vol vertroue streak* ek dus die gang af tot in die spaarkamer. Ek tree nog nie eers behoorlik die kamer binne nie, toe is daar ‘n klop aan die voordeur. My hart gaan staan, maar ek weet dat mens nie deur die sitkamervenster kan loer as jy by die voordeur staan nie, dus raak ek gerus en trek die bra aan. Met die panty in my hand staan ek angstig en luister, Was dit ‘n klop? Waarom klop hulle nie weer nie? Was dit nie die wind wat die deur geruk het nie?
Dit is doodstil, niemand klop weer nie en ek besluit dat dit die wind was. Dus stap ek doodgerus met die panty in my hand terug na die kamer, waar my klere mos is wat ek wil aantrek. Met die verbygaan kyk ek in die dwarsgang links na die voordeur wat so geruk het:
Net daar tref ‘n bliksemstraal my: Die deur is wawyd oop! En daar staan 2 jong mans met groot oë! Die kinders het sowaar by die voordeur ipv die agterdeur uitgegaan en dit oopgelos!
Ten spyte van onmiddellike hartverlamming, senu-ineenstorting en paniekaanval, reageer ek op die trommespel in my ore: (Ek was nog nooit weer so vinnig in my kamer en aangetrek nie.)
Toe skep ek diep asem en stap weer vorentoe (face your challenges). Die deur is steeds oop, maar die manne is weg! Het ek my verbeel? Ek loer die pad af, en daar sien ek hulle stap. Hulle was dus hier. Toe weet ek hulle het meer gekry as waarvoor hulle gebargain het.
Met rooi wange gaan kyk ek waar die kinders is. Die onskuldige bloedjies speel stroopsoet in die pophuis agter in die erf.
So 20 minute later is daar weer ‘n klop aan die deur. Sal ek of sal ek nie?
Ek gaan maak maar die deur oop. Dieselfde twee manne staan daar. Hulle kyk my onseker aan. Is ek ‘n koerantverslaggewer? Hulle is van die polisie se speurafdeling en doen navraag oor ‘n koerantberig wat ek geskryf het oor die destydse adviesrade.
Hulle hou hulle onskuldig en maak of hulle my nie in my volle waarheid gesien het nie. Toe hou ek my net so onskuldig en maak of ek nie weet wat hulle gesien het nie. Ewe prim en propper staan ek daar met my rooi wange en antwoord getrou hulle vrae oor die adviesrade.
Toe kyk hulle my ondersoekend (agterdogtig?) aan: En wat kan ek hulle vertel van die satansaanbidders wat nou so hier op ons dorp bymekaarkom en séances hou?
Epiloog:
1.My man glo dat dit nie betaamlik is om hierdie storie te vertel nie.
2 Ek soek nog na my ego.
3.* Definisie van ‘n streaker: ‘n Streaker is iemand wat sonder klere aangehardloop kom. Jy sien hom hardloop en jy sien hom hardloop en as hy verby is, sien jy hom hol.
😂😂🤣🤣😉
Die storie moes jy dalk bêre vir ‘n uitdaging: My grootste verleentheid, of was daar dalk al so iets?
Ja, seker dan sal ek maar die link ding gebruik.
Ai Seegogga, so val die helde! 😁
Nou weet hoekom ek se ek is van kraters aanmekaargesit.
Dat so iets my nog nie oorgekom het nie, is net genade.
Ja jy kan dankbaar wees!
En die polisiemanne slaag daarin om ‘n “straight face” voor te hou! ‘n Kaalnaeler sien jy van vooraf aangehardloopkom, ‘n kaalholler sien jy van agteraf!
Ek dink hulle was stom geskok. Ek het lank gedink oor daardie diskrete wegstap en terygkom so 20min later. Wat sou jy gedoen het?
Kostelik, en sowaar ‘n groot verleentheid vir jou!
Waar is die berge wat op my moes val en die heuwels wat my moes bedek?
Mmm. Ek weet nie, Seegogga. Ek sou nie so braaf soos jy gewees het en hulle weer ‘geface’ het nie. Ek sou in die hoekie bly sit het en gewag het dat die dag verbygaan. Jy is my hero. Kyk, ek lag heerlik in my binneste vir jou penarie.🤗
Wat kan ‘n mens anders doen as lag? Niks kan daardie verleentheid ongedaan maak nie!
O genade, kan dink jou ego het gesneuwel in die proses. High five vir die feit dat jy die voordeur kon oopmaak.
Dit was erg.
Ek het nou so lekker gelag en dit geniet, jy het baie goed kop gehou🌻
Daar was net mooi niks wat ek kon doen om die saak ongedaan te maak nie!
😂
Omdat jy my nie kan vind nie gee ek jou die link na my Safari Skrywe vir die week.
https://kameel179438031.wordpress.com/2018/06/19/magriet-versus-magrieta-die-vreemdeling/
Dit klink vir my na iets wat die manne se dag.goed opgekikker het 😀😀😀😀 Wens ek kan hoor wat hulle te sê gehad het daarna. En jy het jou kop mooi hoog gehou 😊
Ek glo hulle lekker gegrinnik toe hulle dit vir hulle maats vetrtel! Ek kry sommer van vooraf skaam
Totdat die probleem by my uitsorteer is laat weet ek jou maar as ek nuwe blog geplaas het. Lekker slaap 😊https://kameel179438031.wordpress.com/2018/06/21/n-sokkerspeler-en-die-star-seaside-home/
O liewe lyk nie eers of dit werk nie…. sal weer probeer 😕
https://kameel179438031.wordpress.com/2018/06/21/n-sokkerspeler-en-die-star-seaside-home/
Terug pieng: Skryf-safari: Blogger in die moeilikheid – toortsie.com
ek rol van die lag. 🤣🤣🤣 dankie, Seegogga. I’ve never told anyone my “Naked Truth” story – now I’m inspired! Actually —
For me – it’s happened twice. Party mense leer mos nie! xx
well Lynn I would love to read it! Out with it!!!
Terug pieng: Wat ‘n deurmekaar week! – toortsie.com
Hahahahaha. Dis erg. So iets sal my ook maklik oorkom. My wasgoed is alewig op die bed in die spaarkamer.
So bly iemand verstaan!
Ek het dit nou wéér geniet. 😂 In blogland is baie dinge betaamlik wat op ander plekke ontoelaatbaar is.
Ja gelukkig! Maat hierdie storie is woord vir woord waar! Wat het d dorp van my gedink??? Dalk dat ek n satanis is?
Net wat hulle wil! So what! 😎
O my word, ek sou doodgegaan het.
‘n Mens dink jy gaan net daar dood neerslaan, maar dan doen jy nie!( onkruid vergaan nie). En dan, of jy nou wil of nie, moet jy aangaan!
Daai is natuurlik waar, die show moet aangaan.