Wow, hy’s klaar!

Die vriendelike Anita gee vir my die proefkopie: MY BOEKIE!

Wow, dis wonderlik om dit vas te hou- dit lyk actually soos ‘n regte boek! Klein, maar darem. Ek blaai hom deur: al die bladsy is mooi opgeline, niks skeef of verkeerd afgesny nie, in die regte volgorde. En mooooi! ( vir my altans).

Dit was nie ‘n maklike pad nie. My arme Tommie-nefie wat die bladuitleg gedoen het, was naderhand redelik gatvol, dink ek, maar hy het nooit ongeduldig geklink nie, en elke keer verander tot ek gedink het dis reg. Eers is my selfgetekende hartjies nie mooi genoeg nie, dan is dit te donker, dan te naby mekaar. Maak asb reg. Die skrif is eers te lig, dan te donker, dan net reg. Hier moet ‘n paragraaf break kom- daar nie. Hierdie woorde moet nou weer ‘bold’,  daardie brief wil nie lekker op sy bladsy nie, hierdie musieknoot moet weg, hierdie 3 moet verander in ‘drie’ ens ens…….Tien uit tien vir geduld, Tommie!

Toe drukkers toe, gewapen met my CD, hulle quote asook ‘n vorige quote van iemand anders. Hoekom die groot prysverskil? O aarde, foutjie! Dit word reggestel (dis mos Kersfees) en my prys sak lekker. Die vriendelike meisietjie laat mens sommer lekker voel.

Ek sou eers koerier, maar besluit toe om sommer die mooi pad Kaap toe te vat- so kry ek gouer die proef, en kan ek gouer die groen lig gee.  En hier sit ek nou met die boekie in die hande.  Uiteindelik. Die ander boekies kry ek Maandag. Sjoe, hulle is vinnig!

Ek weet nie of ek dit mag doen hier in die Kuberruim nie, maar ek moet Mega Digital in Kaapstad ‘n pluimpie gee. Hulle is VRIENDELIK, hulle is GOEDKOOP, hulle is VINNIG, hulle is PROFESSIONEEL. As jy eendag ook self ‘n boek wil maak, of iets op grootmaat wil druk, kan ek hulle sterk aanbeveel. Dankie Mega Digital!

Ek het ook nou al my kostes bereken. As iemand dit by my aankoop, is dit R38 per boek. In die winkels sal dit R45 of meer wees.

Nou begin die groot bemarking, maar ek is heel vol moed. Het darem al ‘n paar bestellings. Hopelik dink ander ook dis ‘n goeie kersgeskenk, ne! My e-mail is seegogga@gmail.com as julle dalk wil bestel. Ek pos sommer gou-gou.

 Die groot DANKIE: Ek dankbaar vir al julle bloggers wat so mooi kommentaar en kritiek gelewer het, en my aangespoor het om die groot stap te neem. Julle was almal positief en ondersteunend-julle is beslis ‘n besondere groepie mense!  Dankie aan julle almal.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

7 Responses to Wow, hy’s klaar!

  1. Son sê:

    Ek dink nie daar is iets lekkerders as om mense se eie handewerk vas te hou nie 🙂

  2. Olga sê:

    geluk krappie. Voel goed om te dink dis jou eie breinkind ne.

  3. Girl van die Suburbs sê:

    Wooo-Hooo! :mrgreen:

    Gaan loer in jou gmail inboksie!

  4. Smurfi sê:

    Baie geluk seegogga!!! Jy kan opreg trots wees, dit is jou eie hande werk en dit is nou klaar. Die omslag lyk baie goed dit wys mos daai verliefdheid so met die blommetjies en die musiek innie ore, “Ma ek’s verlief! ” goed voorgestel!

  5. seegogga sê:

    Dankie Smurfie! Dink tog daaraan as moontlike kersgeskenk vir een of ander tiener! Geseende Kersfees!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s