Dit word herfs en die paasnaweek lê voor. Dikwels verander die weer dramaties met paasnaweek, omdat dit altyd dan volmaan en dus springgety is. Hieroor wil ek graag met voornemende vakansiegangers gesels.
Die see is fassinerend en wonderlik. En die ideale vakansie is ‘n vakansie by die see. So glo baie mense, en daarom loop ons stranddorpies elke Desember vakansie en Paanaweek oor.
Maar wat maak dit dan so wonderlik? Ja, Somer, son, sand en see, sekerlik! Maar daar is soveel meer: Samesyn, ontspanning, speel, rus, pret, familiebande, herlaai – noem maar op. Daar is so baie.
Baie mense het net een ding in hulle kop: Om te swem en te “tan”. Ongelukkig speel die weer nie altyd saam nie. Dikwels waai die wind. Soms is dit koud, veral saans, En ja, dit kan selfs reën ook!
Veral binnelanders is dan erg onthuts. Hulle hele vakansie is bederf! Hulle gaan onvergenoegd huis toe en sê soms: “Daardie plek sien ons nooit weer nie!”
So het ek een naweek mense gehad wat die Vrydagmiddag ingeboek het. Die Saterdagoggend 6vm skakel sy: Die wind waai. Hulle gaan nou maar oppak en ry ,want ‘n mens kan nie so duur betaal en dan die hele naweek in die huis sit met 2 seunskinders nie.
” Moenie in die huis sit nie!” was my antwoord. “Gaan stap buite en voel hoe die wind jou stoot! Of gaan lê op die wind! Gaan klim die vuurtoring! Gaan drink sjampanje op die Suidpunt van Afrika! Gaan kyk na die wrak! Gaan kyk na die reuse branders as die wind woes waai. Gaan kyk na die bootjies by die hawe en laat die kinders op die strand rondhardloop. Kinders is baie minder gepla oor die wind as grootmense. Gaan vang klipvissies! Gaan kyk hoe lyk die skeepswrakmuseum op Bredasdorp! En sommer ons kersfabriek ook. Dwaal rond in ons skulpwinkeltjies. Gaan kyk na die grot by Waenhuiskrans. Gaan proe wyn op ons wynroete!”.
Ek dink ek het dalk bietjie te sterk oorgekom. Die arme vrou het nie antwoord gehad nie. Maar weet julle, hulle het toe die hele naweek gebly – en laat weet dat hulle dit geniet het ook!
Daar is soveel meer wat jy ook binneshuis kan doen – goed waarvoor jy nooit tyd kry nie. Bou ‘n legkaart, speel kaart, geniet dit om net jou kinders te gesels en te speel. En ja, ‘n mens kan ook swem in die reën! Jy gaan nie natter reën as wat jy is nie en die water voel dikwels warmer op sulke dae.
Die see is wonderlik en die wit sand heerlik om op te lê en sonbrand en dis heerlik om op die strand te stap, maar ‘n seevakansie is baie meer as net dit.
Ons hier by die see het al geleer om vrede te maak met die wind en die 4 seisoene wat ons soms op een dag het. Die kitesurfers wens weer die wind wil waai, en die ouens wat snorkel en duik steur hulle glad nie aan temperatuur of wind nie.
En ons waardeer elke dag die voorreg om hier te kan woon .



.


Wil jy n bietjie see toe kom? Klik hier en kies vir jou ‘n plekkie:

Dis see is tops!
LikeLiked by 1 person
Ja, sowaar. Ek glo nie ek sal ooit vir hom moeg word nie – hy is elke dag anders!
LikeLiked by 1 person
Voorwaar het jy altyd son skyn dae nodig nie. Die see is vir my n heling dink, diep dink plek. N mediteer plek en n plek om die Here naby jou te voel. Dan kom vrede in jou bin mens
LikeLiked by 2 people
ja, regtig. Die see is salf vir die gemoed.
LikeLike
Dis so waar! Hoeveel keer moet mens dit herhaal? Dalk hang ‘n besoek aan die see af van die besoeker se gesindheid. Dis amper soos kerk toe gaan. Mens kom nie om deur die see bedien te word nie! Kom net om te bewonder, En jou positiwiteit sal jou die wonder laat ontdek!
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam, Andre. ‘n Positiewe gesindheid is so belangrik vir jou eie geluk. Daarmee oorwin jy die lewe se opdraandjies met ‘n glimlag.
LikeLike
Ons kom nie om deur die bedien te word nie – goed gestel!
LikeLike
Ek het in What’s in a name – it may depend on your frame (of mind)!
– http://wp.me/p3bnM2-Hj
mooi fotos oor die grot geplaas
Ja vakanie gaan nie net oor vooropgestelde idees nie
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto’s van die grot, Abrie en mooi beskrywing van die geskiedenis.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike
Net so! En as mens tuiskom vra almal eerste “En het julle darem lekker weer gehad?”
LikeLiked by 1 person
Ja Lewies, dis waar.
LikeLiked by 1 person
Seegogga, jy het my nou ook ge-inspireer. Dink die Kaapse see roep my…o, ek vergeet ek was nounet by ń see. Die dam gaan maar moet opmaak.🌹 Jy het baie goeie raad vir die vakansiegangers gegee.
LikeLiked by 1 person
Jy sal maar op ‘n staduim moet afkom Kaap toe en hier by die Suidpunt moet kom kuier!
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so. Dan stap ons baie en sit net rustig vir die golwe en kyk. Met ń lekker warm baadjie aan. Ai, hier gaan ek alweer!
LikeLiked by 1 person
jy hdt die regte idee!~
LikeLiked by 1 person
Ek wens…. as ek kon het ek môre getrek. Intussen doen ons ‘n paar lang naweke per jaar. En ons dae is propvol daar, ongeag wind of weer 😀
LikeLiked by 1 person
Ja, julle weet duidelik hoe om die lewe te geniet!
LikeLike
Baie goed gestel seegogga. Ek “like”
LikeLiked by 1 person
Ja… om by die see te bly is ‘n vooreg… en ek belowe, ek stem met alles wat jy skryf saam!
Kinders gee vere om vir ‘n ou bietjie wind!
Hier by ons het ons net een reel… trek reg aan en gaan uit! Ek was al in die sneew op die strand! Daar is altyd ‘n foto of twintig om te neem… en die bestes is altyd in ‘n storm… of net daarna!
😉
LikeLike
Dis regtig waar: die see is op su mooiste met stormweer! Dankie dat jy my goeters lees!
LikeLiked by 1 person
Ek laaik om julle goeters te lees… net jammer ek het nie altyd tyd nie!! 😉
Net so btw… ek brand al maande om te vra… ek het ‘n niggie daar iewers… ek dink hulle het ‘n melkery… haar naam is Elise… donkerkop… sy trek nou iewers in die jong sestigs… haar man is Kobus…
LikeLike
Ek sal bietjie rondvra. Ek ken wrk vir Madele en Kobus wat boer met jersey beeste
LikeLiked by 1 person
Moenie te hard probeer nie… ek het maar net gewonder! Dankie!! 😉
LikeLiked by 1 person