As eerbewys aan Adam Small, reblog ek hierdie post.
Vannaand moes ek ‘n tweede gedig op Facebook plaas in ‘n gedigplaas-uitdaging. Ek plaas dit sommer ook hier.
My keuse is’n gedig van Adam Small. Hy het destyds by Maskew Miller gewerk en toe hy tydens besoek op Kimberley was, het ek hom gevra om my Afrikaanse matriek en 9’s te kom toespreek oor sy gedigte en veral ook sy boek Oos Wes Tuis Bes Destrik Ses. waaroor ek mal was en was nuut op die rakke was. Di was April 1975. by die Elizaberth Conradieskool vir fisiese gestremde leerlinge. Dit is nou net mooi 40 jaar gelede!
Ek was so opgewonde dat so ‘n beroemde dramaturg en digter bereid was om ons te kom toespreek. Ek het ‘n mooi tafel gedek met allerlei lekker eetgoedjies en die hele personeel ook genooi om te kom luister en na die tyd saam tee te drink en gesellig te verkeer.
Adam Small…
View original post 256 more words
Terug pieng: Toortsie se Toeka Tokkel oor winter | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie