Ouma se bababoek: Brief 20. Kindgrootmaak met humor

Liewe Kinders

Sjoe ek het lanklaas geskryf. Die tyd ontbreek net.

Ek wil baie graag nog skryf oor die waarde van feeverhale, maar moet nog eers bietjie oplees.

Intussen wil ek ook skryf oor positiewe gesindheid en humor.

Liewe kinders, dit is nie aldag maklik om ouers te wees nie. Kinders kan vreeslike goed aanvang. Soos ‘n vriendin van my wat eendag in die kombuis gekom het, net betyds om te sien hoe die laaste van die dosyn eiers op die vloer stukkend gegooi word. Rondom die gemors het haar tweejarige  tweeling seuntjies met onskuldige oë gesit. Hulle soek die kuikentjie, Mamma , maar hier is dan niks!

Dan is daar my ouma wat troukoeke gebak en versier het. Sy het die koek se pragtige versiersuikerblommetjies waaraan sy ure spandeer het, in ‘n bord naby die voordeur gesit, sodat die koel luggie die blommetjies bietjie droër kan maak. Die bruid sou die middag die koek kom haal. Toe kom my ma se twee klein sussies daarop af en eet al die blommetjies op……My ouma het eers in die kamer gaan lê en huil. Toe het sy opgestaan, vir elkeen hulle straf gegee soos dit hoort, en toe maar haastig weer begin blommetjies maak….

Dit help om te onthou dat kindertjies maar net kindertjies is. Hulle verstaan die wereld nie soos ons nie. Wat ons so maklik as stout afmaak, is hulle manier om die wereld te leer ken en verstaan. Dit help om ‘n bietjie te lag oor al die katastrofes. Behou jou sin vir humor. Die wereld gaan nie sommer vergaan nie!

Hierdie koor het besluit om vir ouers ietsie te gee om oor te glimlag en bietjie ‘the joys of motherhood ‘ te besing.

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels, ouma se bababoek ( ouerleiding). Bookmark the permalink.

13 Responses to Ouma se bababoek: Brief 20. Kindgrootmaak met humor

  1. Spokie sny spoor sê:

    Ag oulik! Ja kinders is anderste … goggatjies, seegogga.

  2. Toortsie sê:

    Seegogga, ek het ook die eierding oorgekom. Ek was oormoeg, oorarm… Het my kinders amper oorstraf toe ek op ‘n Saterdagmiddag moeg van buite af in die huis kom en die eiers lê stukkend. Die novilon het so opgekrul (ons was te arm vir nuwe vloerbedekking) en die eiers het so tussen die novilon deur geloop. \
    Ek was byna van my kop af…
    Toemaar, ander kere lag mens weer. 🙂

    • seegogga sê:

      Toorts, dit was JOU tweelingetjies waaroor ek geskryf het! Ek kon nie presies onthou waarom hulle ditgedoen het nie, toe het ek my eie storie gespin, maar ek weet huule HET DIT GEDOEN! sonder om te dink dat hulle stout is.

  3. Kameel sê:

    Sonder bietjie humor gaan ‘n mens voorwaar nie normaal anderkant uitkom nie.
    Alhoewel dit nou nie met kindgrootmaak te doen het nie, laat dit my dink aan ‘n juffrou wat nie ‘n te kort aan sëgoed gehad het nie. Wanneer my dogter heel verontwaardig kom vertel wat die juffrou nou weer kwytgeraak het toe sy met die klas geraas het, kon ek my nie inhou nie, en het aan die lag gegaan. Het altyd vir my dogter gesë sy moet dier humor agter dit raaksien. Wens partykeer ek het die juffrou se woordeskat gehad.

  4. seegogga sê:

    ha ha, darie 2 vingertjies het besluit om 2 kolletjies te maak sodat jy hulle moet onthou! HOOP DIE ANDDER VINGER KOM GOU REG.

  5. seegogga sê:

    Oepsie my 10 waarmee ek tik is ook nie so lekker nie!

  6. Liefie kinners, ai mens kannie anders on so nou en dan ‘n traan te stort nie en dan kom gee hulle jou so nat soen en jy smelt weer…

  7. Gogga sê:

    Ek moet sê vandat ek my siening bietjie verander het om te sien vanuit Edward se amper 3 jarige oogpunt is daar heelwat minder tantrums. Maar oo hel hulle kan darem jou kalm bly vermoe toets. Soos stukkies brood in sy broeksak die ander dag. Ek vra hom toe voor ek raas hoekom is sy sakke vol brood waarop hy antwoord, dis vir die eendjies omdat dit nou koud is en die gras nie meer groen is nie. Die logika van ‘n kind is so mooi.

  8. Terug pieng: Ouma se bababoek: Brief 19: babastoeltjies, loopringe en jumping gyms | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s