4 jaar

verjaardagkoek 001Gisteraand kry ek die WordPress Boodskap: Seegogga is 4 jaar oud!

Sowaar? Kan dit al so lank wees?

In hierdie 4 jaar het ek begin met al die verskillende tale wat ons praat, en toe Ma se seksboek briewe begin. Dit is later in boekvorm uitgegee.

Daar is seestories oor ons area en die storie van die Gelukkige Haai is raakgelees deur Adinda Vermaak wat ‘n leesboek vir gr 7 leerlinge saamgestel het. Sy was so goed om die haaistorie daarin  te plaas (jippie!)

Een van my vinnige prentjies op die bloggie is deur die LIG tydskrif gecopy en gepaste en geplaas( gegaps?)  sonder om my daarvoor erkenning te gee. (Jippie?)

Ek het Maankind ontdek en ‘n storietjie in haar boek ” My kort vir jou Sop” gekry.(Jippie!)

Ek het ontdek dat ons eie omgewing wonderlike goed het om oor te skryf en het selfs ‘n blog begin vir my strandplekkies. En nou en dan kry ek ‘n bespreking agv die bloggie!( Jippie!)

Na aanleiding van ‘n wenk van Toortsie, het ek begin skryf aan Ouma se bababoek briewe. Dit word die heel meeste van al my skrywes gelees. Ek hoop om in die toekoms nog inskrywings daar te maak. Daar is nog ‘n paar goed wat gese moet word. Ek  hoop net dat my eie kinders ook nog daar sal lees.

Seegogga het wonderlike blogvriende gemaak en ek geniet elke dag almal se skrywes . Al lewer ek nie baie kommentaar nie( dis ‘n nagmerrie om op ‘n selfoon foutlose kommentaar te lewer), moet jy asb weet: Jy word gelees: deur Seegogga! Julle verstom my ook met julle algemense kennis, kennis van die taal, julle wysheid en julle skryftalent. Die internet op die sel maak dit soveel lekkerder om te lees -laataand in die bed, langs die see, gou -gou in ‘n restourant, oral waar jy vir iets moet wag……

Die bloggie het my gehelp om my gedagtes te orden in ‘n tyd toe die lewe rondom my baie deurmekaar was.  Bloggietyd is bederftyd – en ons almal het bietjie bederf nodig.

Liewe Blogvriende, dankie dat julle dit alles vir my moontlik gemaak het. Eet nou maar ‘n stukkie koek vir my part ook, hoor.

Mmmm , ek sien nou vandag dat my spesiale blogmaatjie – die een waar dit alles begin het en wat my geleer blog het,  OOK 4 jr oud geword het. Baie geluk Toorts, Kameel en Bokbaaivygie!

 

 

 

 

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

18 Responses to 4 jaar

  1. Kameel's avatar Kameel sê:

    Baie geluk seegogga. Wat my altyd warm om die hart maak wanneer ek aan jou blog dink, is die skrywe oor daardie seun in jou klas. Dit was so ‘n sensitiewe “storie,” en pragtig vertel.

    Like

  2. Veels geluk! Jy was voorwaar bedrywig.Ek het die twyfelagtige eer dat een van my stories op ‘n werf vir skunnige stories beland het!

    Like

  3. Veels geluk, liewe (nuwe) maatjie!

    Like

  4. Pixie's avatar Pixie sê:

    Sjoe. Baie geluk! En veral met al jou prestasies. Ek gaan nou ook lekker saamlees. xxx

    Liked by 1 person

  5. seegogga's avatar seegogga sê:

    Hallo Pixie, welkom hier by my bloggie! Ek het gaan loer daar by jou, maar sien dat jy baie lanklaas geskryf het. Jy skryf goed en kan gerus aanhou!

    Like

  6. VerrassendNuut's avatar Spokie sny spoor sê:

    Aangename kennis seegogga. Mag ek ook maar van jou stories lees? My blog is nou maar ‘n week oud en nog vol foute onder konstruksie. Ek hou egter van jou aanslag / gesindheid?

    Like

  7. Manewales's avatar Manewales sê:

    Baie geluk. Klink of dit ‘n vrugbare 4 jaar was!

    Like

Lewer kommentaar