Toortsie se liedjiespeletjie: Speel saam, dis gratis!

Toortsie het ‘n lekker speletjie uitgedink: iets plesierig en heel musikaal. Ons kan vir haar enigiets vra, en sy antwoord met ‘n gepaste liedjie.

Nou gaan ek, in opdrag van haar, dieselfde doen. Julle kan my enigiets vra, en ek gaan probeer om met ‘n liedjie te antwoord_ en meer nog, ek gaan probeer om die videotjie van Youtube by te sit, as daar so-iets oor daardie liedjie bestaan!!  Dan kan julle wat wil, sommer luister ook. Yebo, ja, yes! Maar wees tog asb genadig met julle vrae asb!

Ek nooi dus elkeen wat hier lees uit om iets te vra. Tik net jou vraag in hier by die comment venstertjie, en kyk of ek dalk vir jou met ‘n liedjie kan antwoord. As jy wil weet wat my antwoord is, moet jy net daar onder op “stel my in kennis van nuwe kommentaar” ook klik, dan sal jy ‘n e-mail kry wanneer ek  antwoord.

Dis pret! Speel saam!

Ek tag ook sommer vir Herriemerrie wat deesdae so skaars is, om saam te speel, asook Alleman.

Nou toe; Ek is reg vir julle Laat waai!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

14 Responses to Toortsie se liedjiespeletjie: Speel saam, dis gratis!

  1. Toortsie sê:

    Dankie vir die saamspeel.
    Wat is vir jou die heel lekkerste ding op aarde om te doen?

  2. Kameel sê:

    Wanneer voel jy op jou gelukkigste?

  3. Kameel sê:

    Net vir ingeval jy nie weet nie ek het jou getag om van ‘n troukatastrofe te vertel 🙂

  4. Olga sê:

    Moes eers met die oog kom steel. As ek lank genoeg op die internet ingelog kan bly. Wat dink jy dink jou kinders vandag van hulle grootword jare?

  5. seegogga sê:

    The time of their lives! https://www.youtube.com/watch?v=WpmILPAcRQo
    Want: “mama he’s making eyes at me” https://www.youtube.com/watch?v=SSnNbZnCIY4 en to hulle tieners was:Anything you can do I can do better https://www.youtube.com/watch?v=WO23WBji_Z0&feature=kp en toe hulle grootword: ” mzamma ek wil ‘n man he!’ https://www.youtube.com/watch?v=al0Mrolpx4E, Maar ook darem; I will follow him” https://www.youtube.com/watch?v=VPpd-6X3tEo

  6. Kan ek nog vrae gooi?

    1) Watter liedjie sal jy die wêreld leer om te sing?
    2) Hoe bak ‘n mens pannekoek?
    3) Wat is jou gunsteling tydverdryf?
    4) Hoe gaan onderwys in Suid-Afrika gered word?
    5) Wat sal jy jou troetel dolfyn noem?

  7. Terug pieng: And I gave it up for music? | Herriemerrie

  8. seegogga sê:

    moet net nie die fliek van another brick…. kyk nie. musiek so cool fliek siek

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s