Reseppie vir die lus

As dit koud is, is mens mos lus!

Lus vir soetgoed, warmmaakgoed, sommer net lus – in general!

En in die afgelope tyd, toe ek so diep begin dink het oor die huwelik, die smarte van die lewe en al die baie goeters wat oor ‘n mens se pad kom, en ja ook die toestand van die land aldus al julle bloginskrywings en die koerante, toe raak ek sommer nog meer lus. As julle ook soettande is, sal weet waarvan ek praat. As die lewe jou druk, druk terug – met ietsie lekker soets om jou krag te gee.

Die moeilikheid is dat die lus mens dikwels saans pak, so ‘n entjie na aandete, en dan is daar niks lekkers in die huis nie. Dis wat ek dan soms  doen:

Gooi ‘n blokkie botter in ‘n pot( afhangende hoeveel jy wil maak, ek wil gewoonlik net ‘n bietjie maak, so so 1 eetlepel is seker genoeg. Maar hoe meer botter, hoe lekkerder.

Gooi nou so nagedagte suiker in, ongeveer net soveel as die botter, of dalk meer. As jy kondensmelk het, lekker, maar as jy nie het nie, vat so ‘n bietjie melk- nie te veel nie, taamlik  minder as die suiker en botter.

Nou sit jy jou pot waarin jy alles gegooi het, op die warmste plaat wat jy het, en ROER! Dis belangrik dat die suiker smelt voor die goed kook, en jy roer die heeltyd, net soos met fudge. As jy presies wil wees, sit ‘n beker koue water langsaan neer, en toets nou en dan deur ‘n druppel daarin te gooi en te kyk vir die ‘sagte bal stadium’. As jy nie is nie, roer net eenvoudig vir so 10 minute of langer, tot die goed lyk soos klaargekookte fudge of so. As jy vanilla het, gooi jy nou so ‘n bietjie, seker minder as ‘n telepel afhangende van jou hoeveelhied, by. Haal af, gooi in gesmeerde piering of bakkie, en laat afkoel.

Nou die ding is, dis nie regtig ‘n resep nie, dus weet jy nie regtig hoe dit gaan kom nie.  Afhangende van jou bestandele en hoe lank jy gekook het, het jy soet taai sous, of dalk sagte taai creamy toffee, of dalk fudge. As die goed heeltemal te pap is, kan jy dit weer in die pot gooi en verder kook, of jy kan bietjie suiker smelt en bygooi of watookal. Maar met soetgoed vir so ‘n aand bodder jy nie te veel nie. Of jy dit met lepels eet, of jy taai balletjies in jou hand rol en of jy dit in blokkies sny, dis lekker en dis soet! O, en jou kinders sal mal wees daaroor!

En nog ‘n ding: omdat dit nie eintlik ‘n resep is nie, kan jy mos maak wat jy wil: as jy grondboontjiebotter het, skep ‘n groot lepel vol by, hier naby die einde, in plaas van vanilla . Of as jy rosyntjies het, kan jy dit hier naby die einde bygooi – of neute, of  dalk ‘n lepel koffie soos die lus jou nou pak.

Ou matie, en dan eet jy dit!

Wat maak julle as die lus julle beetkry?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Kossies vir 'n seegogga en ander resepte, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

9 Responses to Reseppie vir die lus

  1. Toortsie sê:

    SEEGGOGGAAAA!!!! NOU HET EK LUS!

  2. Kameel sê:

    En ek is so lief vir soetgoed!!!!

  3. seegogga sê:

    Nouja, Kameeltjie, vertel ons dan wat jy maak as jy ook die lus kry!

  4. Terug pieng: Tameletjie is lekker | Seegogga se Bloggie

  5. Terug pieng: Tameletjie is lekker | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s