Wel eerstens weet ek nie hoe om kolletjies hierbo op die e te sit hierbo nie, maar ek glo julle sal vergewe.
Daar is so baie waaroor ek graag wil skryf, maar die energie, die moed en die deursettingsvermoe ontbreek. Miskien lê die fout in my hart, wat ek veral in die laaste tyd regtig diep ondersoek het. Miskien le die fout in die gevoel dat alles tevergeefs is en ‘n gejaag na wind.
Hierdie naweek het dit gereën, reën reën! Ai, die boere het darem al die meeste van hulle oeste geoes, hoop ek en vandag in die kerk was hulle dankbaar vir die groot oes, ten spyte van die harde reën.
Reën het ‘n mooi kant ook né, dit was skoon, dit gee lewe, en dit maak mens nostalgies so op ‘n Sondaggaand!
Maar kom ek hou op praat, en gee julle 2 spesiale liedjies vir hierdie reënnaweek. En mag dit vir almal wat hier raaklees, ‘n goeie week wees.
O, en dan my aller gunsteling: Geniet!
Sien jy my handjie in die lug? EK stel belang in wat jy skryf! en BAIE ander bloggers….bogger die res!
Ek was nou net op pad om al die neagtiewe goed uit te vee. Ek gaan dit nog steeds gou edit!
Seegogga, die feit dat jy iets geblog het beteken daar is al iets om te skryf. Skryf alles uit. Mens mag. Dis jou blog en jy mag hier sê wat jy wil, al ios dit negatief. Dit moet uit sodat jy weer kan borrel. Sterkte.
Dankie Slakkelak.
Ek dink die meeste boere het vasgereen agter die rivier. Weet nie hoeveel van hulle gister in die kerk was nie.
Hoekom is dit so dat mens meer geneig is om melancholies te wees as enige ander dag van die week?
miskien omdat die rusdag amper verby is, daar niks is om te doen nie, en die nuwe week met al sy dinge dievolgende dag begin???? Ek weet nie, maar ek het nog altyd die Sondagaand blues
Nee, o, geeftig Krappie. Van wanneer af is jou blog so onvriendelik? Mensig! Elke keer vra dit my om in te log en elke keer vertel dit my my wagwoord is verkeerd. Dis 99/100 kere so erg dat ek die aftog blaas.
nee ek wetie Olga! miskien het jy vir wordpress ka=waad gemaak??? ek het hom nes altyd( dink ek)
Terug pieng: musiek uitdaging | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie