In my liewe land, die nuwe Suid Afrika, met sy vryheid, demokrasie en beloftes van ‘n beter toekoms vir almal, het daar die afgelope tyd ondenkbare dinge gebeur. Die opstande van die plaaswerkers en die gepaardgaande wetteloosheid, die verkragtings wat toeneem en die kollig op Anene van Bredasdorp se wreedaardige moord, die moord van Reeva in Oskar Pretorius se huis, ons eie President wat oop en bloot ‘Kill the Farmer kill the Boer” sing, die ontoereikendheid en korrupsie van die regering, die polisie ,skole en ons hele samelewing, Die algemene gevoel van diepressie van die mense in hierdie land, wit sowel as bruin en swart.
Wat gaan aan? Soms wil ‘n mens jou kop toevou: hear no evil, see no evil speak no evil. Maar dit raak al hoe moeiliker.
Somtyds is dit moeilik om die goue randjie om die onweerswolk te sien.
Ek kan maar net bid – om hulp en genade : vir almal in hierdie land.
Ek wou gesê het dat ek van harte hoop die donderwolke op die horison – veral teen Juniemaand en daarna – nie gaan realiseer nie.
Al; dra ek my veelkleurigste optimistiese mus op my kop, is ek skepties. Sommer baie skepties
verseker kan ons almal maar bid, eerder as om te kritiseer, nie een van ons weet wanneer ons dalk ‘per ongeluk’ in so n onbenydenswaardige situasie beland nie…..
ja,ne, maar wat maak ons met die land?